<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Streshantering

Module 12

Persoonlike stres

Aktiwiteit 1:

[LU 3.2]

  • Dis tyd om my " eie-ek stres" onder die vergrootglas te plaas. Hoe kan ’n mens ooit vry wees van eie-ek stres? Dis tog hoe jy dinge ervaar wat stres veroorsaak, is dit nie? Daar is ’n hele paar faktore wat eie-ek stres onder beheer kan hou.

Ken jouself. As jy weet wat jou sterk punte is en wat jou swak punte is en jouself aanvaar soos jy is, dan weet jy ook wat jy kan hanteer en wat jy nie kan hanteer nie of waaraan jy dringend moet werk. As jy erg skaam is (’n introvert), is dit nie wys om vir die debatspan aan te tree nie - behalwe as jy die skaamheid wil oorwin en die afrigter bewus daarvan is. As jy baie bang is vir toetse, help dit nie jy draai stokkies op toetsdae nie. Dan word jou vrese net meer. Berei eerder deeglik voor en vertel die leerkrag van jou vrees. Werk aan jou swak punte - maar onthou, die swak punte maak nie van jou ’n minderwaardige mens nie. As jy flou word as jy bloed sien, los liefs die eerstehulpklub en doen iets anders. Jy is aanvaarbaar soos jy is. Verandering en aanpassing is egter nodig om die lewe te kan hanteer. Dink soos ’n wenner en ’n kosbare, unieke mens en tree so op. As andere jou misbruik, leer om vriendelik, maar beslis NEE te sê. Dit verg ’n bietjie oefening en moed. As daai lui lak volgende keer weer jou boek wil leen en jou werk wil afskryf, sê: "Jammer, jong, ek kan nie." Jy hoef nie te verduidelik (en te lieg) nie. Dis jòù boek. Jou werk is jòù verantwoordelikheid. Sy werk is sý verantwoordelikheid. Nou hoef jy jou nie te bekommer dat jou boek voete sal kry, of dat die onnie julle sal betrap nie. Minder stres, dus. As die lui lak vir jou kwaad is – wel . . . dis ook sy probleem. So ’n persoon is duidelik nie ’n vriend nie.

1. Hoekom moet iemand bewus wees van sy/haar swak en sterk punte?

2. Laat jy soms toe dat ander mense jou misbruik? Hoekom?

3. Sit koppe bymekaar met ’n maat en skryf ’n paar planne neer om iemand te help om "nee" te kan sê vir lui lakke en ander kakkerlakke. (Geweld is nie ’n opsie nie!)

Lees verder

Vind ’n ware vriend. Kyk ’n bietjie rond en kry iemand vir wie jy respek het. Iemand wat nie altyd in kompetisie is met jou nie en ten alle koste beter as jy moet wees nie. Dit moet iemand wees wat jou aanvaar net soos jy is en wat eerlik is met jou, sonder om jou af te kraak. So ’n ware vriend of vriendin sal lojaal wees teenoor jou en nie agter jou rug praat nie. Wanneer twee goeie vriende hewig verskil oor iets, beteken dit nie dat die vriendskap nou verby is nie. Nee, dit beteken net dat daar ’n probleem is wat opgelos moet word. ’n Ware vriendskap is kosbaarder as jou trots of woede. Mense mag mos verskil oor goed - dis natuurlik. Om openlik te kan gesels met so ’n ware vriend of vriendin, laat ’n mens minder eensaam voel en help om jou spanningsvlakke te verlaag. As jy daardie ware vriend is, onthou - om te luister, is beter as om jou opinie aan jou maat op te dwing. Gee slegs jou mening as daarvoor gevra word. As dit iets is wat julle nie self kan oplos nie, vra ’n verstandige, betroubare ouer persoon om advies. Ware vriende sien om na mekaar se welsyn en sal hulp soek, indien die een in die moeilikheid is. Help jy jou beste maat as jy stilbly oor iets wat sy of haar lewe kan kos?

4. Waarom is ’n ware vriend of vriendin ’n "stresverligter"?

5. Klasbespreking:

  • Wat sal ’n ware vriend/vriendin doen as:
  • die maat dwelms gebruik?
  • iemand van die maat skinder?
  • hy/sy oor iets kwaad is vir die maat?

Lees verder.

’n Groot stresfaktor is gesinsprobleme. ’n Bonuspunt dus indien jy ’n gelukkige gesinslewe het. Ek gaan nie vir julle preek en sê: "Waardeer julle ma, pa, boeties en sussies" nie - wanneer jy in jou tienerjare is, wil jy nie voor gepreek word nie, en vind jy jou ouers en ander familielede dikwels ’n verleentheid en ’n irritasie. Ons praat hier van ’n gewone, normale, alledaagse gesin wat stry en verskil, maar weet dat hulle mekaar liefhet en bymekaar staan. Wanneer iets met hierdie gewone gesin gebeur, bv. iemand word baie siek, of die ouers skei, skiet almal se stresvlakke die hoogte in. Alledaagse uitvalle en knorrery skep ook stres, maar dis van verbygaande aard. Dis soos die weer. Die weer word swaar, die donderweer kom, daar is reën (trane) en dan skyn die son weer. Wanneer daar groot fout is met die gesin, kort die gesinslede soms hulp van buite. As iets verkeerd is in jou gesin, gesels met ’n betroubare volwassene om perspektief en hulp te kry.

Ek het al gevind dat tieners wat baie swaarkry wanneer ouers skei, probeer om die plek vol te staan van die ouer wat die huis verlaat. Partymaal maak die ouers ook die fout om boodskappe vir mekaar via die kinders te stuur. Dis nie goed om die kinders in die middel van die grootmense se probleme te plaas nie. Indien dit met jou gebeur, kan jy vriendelik en simpatiek sê: "Ek dink dis beter as julle self met mekaar praat." Onthou, grootmense maak ook foute. Verstaan en vergewe maar as hulle dalk kop verloor in so ’n situasie - maar hulle moet self hul probleme oplos; jy kan dit nie vir hulle doen nie. Nie deur te huil of te skel nie, nie deur weg te loop of met selfmoord te dreig nie . . . jou taak is om jou eie hartseer oor die situasie te verwerk en nie om die huwelik te red nie.

6. Maak ’n skets van jouself en jou familie. Gebruik gerus kleur. Dit hoef nie ’n lewens­getroue skets te wees nie. Jy kan dele van foto's gebruik om jou skets te voltooi. Geniet die aktiwiteit en wees kreatief.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
3.1 faktore wat selfbeeldontwikkeling en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings;
3.5 ’n persoonlike plan vir die voorkoming en hantering van stres ontwerp en implementeer.

Questions & Answers

A golfer on a fairway is 70 m away from the green, which sits below the level of the fairway by 20 m. If the golfer hits the ball at an angle of 40° with an initial speed of 20 m/s, how close to the green does she come?
Aislinn Reply
cm
tijani
what is titration
John Reply
what is physics
Siyaka Reply
A mouse of mass 200 g falls 100 m down a vertical mine shaft and lands at the bottom with a speed of 8.0 m/s. During its fall, how much work is done on the mouse by air resistance
Jude Reply
Can you compute that for me. Ty
Jude
what is the dimension formula of energy?
David Reply
what is viscosity?
David
what is inorganic
emma Reply
what is chemistry
Youesf Reply
what is inorganic
emma
Chemistry is a branch of science that deals with the study of matter,it composition,it structure and the changes it undergoes
Adjei
please, I'm a physics student and I need help in physics
Adjanou
chemistry could also be understood like the sexual attraction/repulsion of the male and female elements. the reaction varies depending on the energy differences of each given gender. + masculine -female.
Pedro
A ball is thrown straight up.it passes a 2.0m high window 7.50 m off the ground on it path up and takes 1.30 s to go past the window.what was the ball initial velocity
Krampah Reply
2. A sled plus passenger with total mass 50 kg is pulled 20 m across the snow (0.20) at constant velocity by a force directed 25° above the horizontal. Calculate (a) the work of the applied force, (b) the work of friction, and (c) the total work.
Sahid Reply
you have been hired as an espert witness in a court case involving an automobile accident. the accident involved car A of mass 1500kg which crashed into stationary car B of mass 1100kg. the driver of car A applied his brakes 15 m before he skidded and crashed into car B. after the collision, car A s
Samuel Reply
can someone explain to me, an ignorant high school student, why the trend of the graph doesn't follow the fact that the higher frequency a sound wave is, the more power it is, hence, making me think the phons output would follow this general trend?
Joseph Reply
Nevermind i just realied that the graph is the phons output for a person with normal hearing and not just the phons output of the sound waves power, I should read the entire thing next time
Joseph
Follow up question, does anyone know where I can find a graph that accuretly depicts the actual relative "power" output of sound over its frequency instead of just humans hearing
Joseph
"Generation of electrical energy from sound energy | IEEE Conference Publication | IEEE Xplore" ***ieeexplore.ieee.org/document/7150687?reload=true
Ryan
what's motion
Maurice Reply
what are the types of wave
Maurice
answer
Magreth
progressive wave
Magreth
hello friend how are you
Muhammad Reply
fine, how about you?
Mohammed
hi
Mujahid
A string is 3.00 m long with a mass of 5.00 g. The string is held taut with a tension of 500.00 N applied to the string. A pulse is sent down the string. How long does it take the pulse to travel the 3.00 m of the string?
yasuo Reply
Who can show me the full solution in this problem?
Reofrir Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask