<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Regte en verantwoordelikhede

Module 12

Godsdienstige feesdae en rituele in suid-afrika

Die viering van spesiale dae speel ‘n belangrike rol in ons godsdiens-beoefening. Dink maar hoe belangrik die viering van jou verjaarsdag elke jaar vir jou en jou ouers is. Hier volg ‘n lys van belangrike feesdae vir vier van die godsdienste wat algemeen in Suid-Afrika voorkom.

CHRISTELIKE FEESDAE

NAAM GEBEURTENIS
1. Kersfees Jesus Christus se geboortedag
2. Goeie Vrydag Jesus Christus word gekruisig
3. Paasfees Jesus staan op uit die dood
4. Pinkster Die koms van die Heilige Gees

MOSLEM FEESDAE

NAAM GEBEURTENIS
1. Mawlid al Nabi Mohammed se geboortedag
2. Layl’ at al-Qadr Koran aan Mohammed onthul
3. Id al-Fitr Viering van einde van Ramadan
4. Id al-Adha Einde van pelgrimstog na Mekka

HINDOE FEESDAE

NAAM GEBEURTENIS
1. Diwali Nuwejaarsfees van ligte
2. Holi Lentefees
3. Janmasjtami Geboortedag van Krisjna
4. Sjiva Ratri Belangrikste fees van Sjiwa

JOODSE FEESDAE

NAAM GEBEURTENIS
1. Chankoe Tempelwydingfees
2. Pasga Bevryding van slawerny in Egipte
3. Joom Kippoer Groot versoendag

Aktiwiteit:

Om 'n godsdienstige feesdag uit te beeld

[lu 2.5]

Kies ‘n godsdienstige feesdag  wat vir jou belangrik is of wat julle in julle gesin vier. Verduidelik of demonstreer aan die res van die leerders wat julle op daardie dag doen. Maak gerus gebruik van ‘n klein toneeltjie om die gebruike te illustreer. Indien jy nie self so ‘n feesdag hou nie, kan jy gaan oplees oor een van die feesdae wat hierbo genoem word.

Assessering

LU 2

S OSIALE O NTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;

2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;

2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;

2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;

2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask