<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Regte en verantwoordelikhede

Module 11

Rol van mans en vroue in kulturele situasies

Die rol van mans en vroue in verskillende kulturele situasies

Mans, vroue, seuns en dogters, oumas en oupas speel verskillende rolle in al die verskeie kulturele geleenthede in ons Suid-Afrikaanse gemeenskap. Dink maar aan ‘n troue, doopgeleentheid of begrafnis wat jy onlangs bygewoon het.

Aktiwiteit:

Om deur middel van rolspel 'n kulturele gebeurtenis uit te beeld

[lu 2.4]

Leerders verdeel in groepe van ten minste agt persone per groep. Die onderwyser skryf die volgende kulturele geleenthede op ‘n stukkie papier en elke groepleier trek een onderwerp: (L.W. ander feesdae of geleenthede kan gekies word om by die kulturele diversiteit van die klas te pas).

‘n Moslem-troue

‘n Christelike doopgeleentheid

Die Hindu-voorbereidings vir ‘n troue

Die Joodse Bar Mitzvah

Die tradisioneel Suid-Afrikaanse huwelikseremonie (Xhosa, Zulu of ander etniese groepe)

Die Moslems se naamgewingseremonie

Die eerste nagmaal (first communion) in die Rooms-Katolieke kerk

Die tradisionele Suid-Afrikaanse geboorteritueel

Die viering van ‘n Hindoe-feesgeleentheid (bv. die Marriaman- (Pap-) fees.

Wenk:

‘n Baie bruikbare bron van inligting oor kulturele gebruike in Suid-Afrika is die boek: Clued up on the Culture deur B. Elion en M. Strieman (One Life Media: 2001).

Assessering

LU 2

S OSIALE O NTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;

2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;

2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;

2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;

2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask