<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 11

Gesonde eetgewoontes

GESONDE EETGEWOONTES EN GENOEG OEFENING = GESONDE KINDERS ÉN VOLWASSENES

  1. Kyk ‘n bietjie na hierdie tabel. Wees baie eerlik terwyl jy dit beantwoord. Maak ‘n regmerkie () by die aktiwiteite waaraan jy deelneem en die kossoorte wat jy eet of dit wat jy drink. Maak ‘n kruisie (x) by alles wat jy nié doen, eet of drink nie.
AKTIWITEITE WAT EK EET EN DRINK
  1. stap
  2. fietsry
  3. draf
  4. atletiek
  5. swem
  6. perdry
  7. sokker
  8. rugby
  9. krieket
  10. hokkie
  11. rollemskaats
  12. ysskaats
  13. skaatsplankry
  14. branderplankry
  15. tennis
  16. ander
  1. brood en graanprodukte
  2. vrugte
  3. groente
  4. suiwelprodukte (dairy products)
  5. vleis
  6. vis
  7. botter /margarien
  8. suikerskyfies of soortgelyke versnapering, bv. kaaskrulle, ens.
  9. sjokolade en lekkers
  10. koek en koekies
  11. water
  12. vrugtesap
  13. melk
  14. gaskoeldrank
  15. koffie en/of tee
Totaal van aktiwiteite waaraan ek deelneem: Totaal van wat ek eet en drink:
LU 5.2.2

Die doel van hierdie tabel was sommer om jou geheue te verfris en om jou weer te laat besef wat jy alles doen, eet en drink.

‘n leesstuk

Lees slegs die titel van die artikel hieronder. Waaroor dink jy gaan hierdie artikel? Sê gou vir jou maat. Lees nou die artikel hardop vir jou maat en luister terwyl hy/sy dit vir jou voorlees.

Kinders is Deesdae Lomp en Lui.

  1. Kinders bring nou liewer hulle vrye tyd voor die televisie en rekenaar deur as wat hulle rondhardloop en speel. Op skool neem al hoe minder kinders aan sport deel.
  2. Kenners sê dat ons jeug lui, onfiks en oorgewig is. Dit het tot gevolg dat hulle kanse goed is om as volwassenes pap spiere en vetrolle te hê. Hulle kan ook teikens wees vir hart- en longsiektes, kanker en tering.
  3. Kinders ly ook deesdae toenemend aan bloedarmoede, hardlywigheid en hoë cholesterol. Dit kan alles voorkom word deur gesond te eet.
  4. ‘n Gesonde dieet is baie goedkoper. Vergelyk ‘n bietjie die prys van vrugte en groente met die prys van skyfies, sjokoladestafies en lekkers. ‘n Verdere besparing is dié van mediese onkoste. Gesonde eetgewoontes het goeie gesondheid tot gevolg en voorkom dat mens maklik siek word en dokter toe moet gaan.
  5. In die verlede het die meeste kinders skool toe gestap of fietsgery. Deesdae is dit egter te gevaarlik en daarom moet kinders vervoer word met motors of busse.
LU 3.1.1
Nuwe woorde:
oorgewig - obese sjokoladestafies - chocolate bars
teikens - targets besparing - saving
bloedarmoede - anaemia mediese koste - medical costs
hardlywigheid - constipation

Algemene kennis: Wat is hoë cholesterol?

Lees die vrae hieronder en soeklees die artikel vir die antwoorde.

  1. Skryf twee dinge uit paragraaf 1 neer wat kinders verkies om te doen, eerder as om rond te hardloop en te speel.
  1. Waaraan neem skoolkinders volgens paragraaf 1 al hoe minder deel?
  1. Lees paragraaf 2 en voltooi die volgende sin elke keer met twee woorde:

Ons jeug is lui,______________ en en hulle kan

as volwassenes ly aan siektes soos ________________ en

__________________.

  1. Vul die ontbrekende woorde in wat volgens paragraaf 3 uitgelaat is:

Gesonde eetgewoontes sal voorkom dat kinders aan _____________,

_________________ en sal ly.

  1. Kies die regte woord volgens paragraaf 4 en skryf dit neer:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask