<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 10

Luisterlees

1. Luisterlees

Jul opvoeder gaan nou vir julle tien vrae lees, en daarna ‘n kort leesstuk. Luister mooi na die vrae sodat julle weet waarna om te luister terwyl die leesstuk voorgelees word. Julle opvoeder sal die leesstuk herhaal. Beantwoord dan die vrae wat aan die einde herhaal sal word. Skryf slegs W (waar) of O (onwaar).

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

10

Totale punt uit:

LU 1.2.1

2. MONDELING

Jy gaan nou verslaggewer speel, of jy het ‘n VVV gesien! Verdeel in groepe van twee. Een van julle is die verslaggewer wat ‘n onderhoud voer met ‘n persoon wat ‘n VVV gesien het. Maak dit ‘n opwindende onderhoud.

Die verslaggewer vra baie vrae oor die VVV, en die persoon met wie hy die onderhoud voer, moet volledige antwoorde gee. Die tipe vra wat gevra word, moet ook die volgende insluit:

  • Waar het jy dit gesien?
  • Wanneer? (Datum)
  • Hoe laat? Dag of nag?
  • Beskryf presies wat gebeur het.
  • Hoe het jy gevoel?
  • Wat het jy gedink is dit?
  • Wat het jy gedoen?

ens.

Rolspeel hierdie onderhoud. Julle kan julle vrae en antwoorde hieronder skryf as julle wil.

LU 2.2.2

3. Skryf ‘n beriggie

Maak ‘n skets van die VVV wat in jou en jou maat se onderhoud beskryf is.

Skryf nou ‘n berig wat by die foto gepubliseer kan word. Die berig word gebaseer op jou en jou maat se onderhoud. Die berig moet kortliks sê wie die VVV gesien het, waar dit gesien is en wanneer dit gesien is. Dit moet die VVV beskryf, asook presies wat gebeur het. Vertel ook wat die persoon wat dit gesien het, gedink het en hoe hy of sy gevoel het.

Ruil jou beriggie om met jou maat s’n, sodat julle mekaar se beriggies kan assesseer.

Gebruik die gesiggies soos aangedui. Teken ‘n toepaslike gesiggie by elke kategorie.

LU 4.1.3

4. SPEL

VVV is ‘n afkorting vir die woorde “vreemde vlieënde voorwerp”. Hier volg nou voorbeelde van afkortings wat julle moet ken. Skryf die afkortings neer en ook waarvoor hulle staan.

Hier volg nog ‘n paar wat julle moet leer en ken:

bv. byvoorbeeld
L. W. let wel
ens. ensovoorts
v.C. voor Christus
n.C. na Christus
mej. mejuffrou

Dan ook die metrieke stelsel se afkortings wat julle ook in Wiskunde gebruik:

mm millimeter
cm sentimeter
m meter
km kilometer
g gram
kg kilogram
ml milliliter
liter

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die lee rder die volgende doen:
1.2 verstaan mondelinge tekste (soos oorvertellings, sportkommentaar):
1.2.1 beantwoord vrae wat toenemend moeilik word;
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 vertaal:
2.1.1 vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal;
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.

Memorandum

1.

(1) Waar

(2) Onwaar

(3) Waar

(4) Waar

(5) Onwaar

(6) Onwaar

(7) Waar

(8) Onwaar

(9) Onwaar

(10) Waar

4.

(1) graad

(2) hoek van; straat; telefoonnommer

(3) belasting op toegevoegde waarde

(4) sent

(5) dokter; mevrou; Republiek van Suid-Afrika

(6) Maandag; Dinsdag; Donderdag; Vrydag; Woensdag; Saterdag; Sondag

(7) naskrif; meneer

(8) Suid-Afrikaanse Lugdiens

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask