<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Die ekonomiese siklus

Module 1

Die historiese ontwikkeling van geld

DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN GELD

  • BY VOLTOOIING VAN HIERDIE AFDELING SAL JY DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN GELD EN DIE ROL WAT DIT IN GEMEENSKAPPE EN HUL EKONOMIEË SPEEL, KAN BESKRYF.

Die ekonomiese lewe van volkere toon duidelike fases van ontwikkeling, waarvan die SELFVOORSIENENDE STADIUM altyd die EERSTE ontwikkelingsfase verteenwoordig. Tydens die selfvoorsienend stadium is ‘n BESTAANSEKONOMIE, waar elke gesin / persoon slegs genoeg produseer om in sy eie behoeftes te voorsien, die kenmerkende eienskap. Die gesin / indiwidu het PRIMITIEWE LANDBOU beoefen waar slegs vir eie behoeftes geproduseer is. Gedurende die selfvoorsienend stadium van ekonomiese ontwikkeling was nóg ruilhandel, nóg ‘n ruilmiddel noodsaaklik, want daar is GEEN OORSKOT geproduseer nie. Die ekonomie / gesin het dus GEEN BEHOEFTE AAN ‘n ruilmiddel of GELD, soos ons dit ken, gehad nie.

Aktiwiteit 1

LU 1.1

BESTAANSEKONOMIE

Jul groep is die enigste oorlewende passasiers van ‘n vliegtuig wat iewers op ‘n verlate eiland neergestort het. Nadat julle jul bewussyn herwin het, vind julle uit dat die wrak van die vliegtuig in ‘n ontploffing na die ramp totaal verwoes is. Julle groepie is ongedeerd en moet nou staatmaak op jul eie vindingrykheid om aan die lewe te bly. Dit is ‘n klein eilandjie en die reënval is redelik hoog.

  • HOE SAL JULLE TE WERK GAAN OM IN JUL EIE BEHOEFTES TER WILLE VAN OORLEWING TE VOORSIEN? (Wenk: Begin deur te bepaal wat jul onmiddellike behoeftes sal wees). (Voorsien ‘n kort geskrewe voorlegging.)

Probeer nou om te identifiseer watter eienskappe aan so ‘n situasie van selfvoorsiening in ekonomiese verband gekoppel is.

Tydens die daaropvolgende fase van ekonomiese ontwikkeling, wat gekenmerk word deur SPESIALISASIE, SURPLUSSE EN RUIL, het gemeenskappe / gesinne sodanig geproduseer dat hulle hul oorskotproduksie kon verruil vir ander produkte waaraan hulle ‘n behoefte gehad het.

VOORBEELD:

  • Omdat Jan bedrewe was in die produksie van kledingstukke (wat uit die velle van diere gemaak is), kon hy hom daarop toespits (d.w.s. in die produksie daarvan SPESIALISEER) en sy oorskot (of SURPLUS) kledingstukke dan RUIL vir Piet se SURPLUS van meel en verwante koringprodukte. Op hierdie wyse het die eerste MARK ontstaan waar KOPERS en VERKOPERS mekaar “ontmoet” en hul SURPLUSSE uitgeruil het.

Aktiwiteit 2

LU 1.1

SPESIALISASIE

SELF:

Gebruik ‘n aantal velle harde papier of karton en ontwerp en bou ‘n huis volgens jou eie beplanning.

Aktiwiteit 3

LU 1.1

SPESIALISASIE EN ARBEIDSVERDELING

GROEP:

Gebruik ‘n aantal velle harde papier of karton en ontwerp en bou ‘n huis volgens jul eie beplanning. In hierdie geval moet die beplanning en bou van die verskillende komponente van die huis onder die lede van die groep verdeel word, byvoorbeeld een is verantwoordelik vir die dak, ‘n ander vir die mure, ‘n ander vir die raamwerk, ens. (Nota: Uiteindelik moet die verskillende dele saamgevoeg word om die geheel te vorm.)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask