<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Nou sien ons dat 2 x = - 1 . Dit beteken dat as ons weerskante deel met 2, dan kry ons:

x = - 1 2

Vervang x = - 1 2 , in die oorspronklike vergelyking. Dan kry ons:

L K = 2 x + 2 = 2 ( - 1 2 ) + 2 = - 1 + 2 = 1 e n R K = 1

Dit is die basiese beginsels vir die oplossing van lineêre vergelykings.

Oplos van vergelykings

Wanneer jy die oplossing van 'n vergelyking gevind het, vervang die oplossing in die oorspronklike vergelyking om jou antwoord te bevestig.

Metode: oplos van lineêre vergelykings

Die algemene stappe in die oplos van lineêre vergelykings is:

  1. Verwyder alle hakies in die vergelyking.
  2. "Dra" al die terme wat die veranderlike bevat "oor" na die linkerkant van die vergelyking, en alle konstante terme (die getalle) na die regterkant van die gelykaanteken. Hou in gedagte dat die teken van die terme sal verander van ( + ) na ( - ) of omgekeerd, soos hulle 'oor' die gelykaanteken 'beweeg'.
  3. Groepeer alle soortgelyke terme saam en vereenvoudig so ver as moontlik.
  4. Faktoriseer, indien nodig.
  5. Vind die oplossing en skryf die antwoord(e) neer.
  6. Stel die oplossing in die oorspronklike vergelyking in om die antwoord te bevestig.

Khan akademie video oor vergelykings - 1

Los op vir x : 4 - x = 4

  1. Ons word gegee 4 - x = 4 en word gevra om vir x op te los.

  2. Aangesien daar geen hakies is nie, kan ons begin met die herrangskikking en dan die groepering van soorgelyke terme.

  3. 4 - x = 4 - x = 4 - 4 ( herrangskik ) - x = 0 ( groepeer soortgelyke terme ) x = 0
  4. Stel die oplossing in die oorspronklike vergelyking in:

    4 - 0 = 4 4 = 4

    Aangesien beide kante gelyk is, is die antwoord korrek.

  5. Die oplossing van 4 - x = 4 is x = 0 .

Los op vir x : 4 ( 2 x - 9 ) - 4 x = 4 - 6 x

  1. Ons word gegee 4 ( 2 x - 9 ) - 4 x = 4 - 6 x en word gevra om op te los vir x .

  2. Ons begin met die uitbreiding van hakies, dan herrangskikking, daarna groepering van soortgelyke terme en uiteindelik vereenvoudiging.

  3. 4 ( 2 x - 9 ) - 4 x = 4 - 6 x 8 x - 36 - 4 x = 4 - 6 x ( brei die hakies uit ) 8 x - 4 x + 6 x = 4 + 36 ( herrangskik ) ( 8 x - 4 x + 6 x ) = ( 4 + 36 ) ( groepeer soortgelyke terme saam ) 10 x = 40 ( vereenvoudig gegroepeerde terme ) 10 10 x = 40 10 ( deel weerskante deur 10 ) x = 4
  4. Stel die oplossing in die oorspronklike vergelyking in:

    4 ( 2 ( 4 ) - 9 ) - 4 ( 4 ) = 4 - 6 ( 4 ) 4 ( 8 - 9 ) - 16 = 4 - 24 4 ( - 1 ) - 16 = - 20 - 4 - 16 = - 20 - 20 = - 20

    Aangesien beide kante gelyk is aan - 20 , is die antwoord korrek.

  5. Die oplossing van 4 ( 2 x - 9 ) - 4 x = 4 - 6 x is x = 4 .

Los op vir x : 2 - x 3 x + 1 = 2

  1. Ons word gegee 2 - x 3 x + 1 = 2 en word gevra om op te los vir x .

  2. Aangesien daar 'n noemer van ( 3 x + 1 ) is, kan ons begin deur weerskante van die vergelyking te vermenigvuldig met ( 3 x + 1 ). Omdat deling met 0 ontoelaatbaar is, is daar 'n beperking op die waarde van x ( x - 1 3 ).

  3. 2 - x 3 x + 1 = 2 ( 2 - x ) = 2 ( 3 x + 1 ) 2 - x = 6 x + 2 ( brei hakies uit ) - x - 6 x = 2 - 2 ( herrangskik ) - 7 x = 0 ( vereenvoudig gegroepeerde terme ) x = 0 ÷ ( - 7 ) x = 0 ( zero gedeel deur enige ander getal is 0 )
  4. Stel die oplossing in die oorspronklike vergelyking in:

    2 - ( 0 ) 3 ( 0 ) + 1 = 2 2 1 = 2

    Aangesien weerskante gelyk is aan 2, is die antwoord korrek.

  5. Die oplossing van 2 - x 3 x + 1 = 2 is x = 0 .

Los op vir x : 4 3 x - 6 = 7 x + 2

  1. Ons word gegee 4 3 x - 6 = 7 x + 2 en word gevra om op te los vir x .

  2. Ons begin deur elk van die terme in die vergelyking te vermenigvuldig met 3, daarna soortelyke terme saam te groepeer en vervolgens te vereenvoudig.

  3. 4 3 x - 6 = 7 x + 2 4 x - 18 = 21 x + 6 ( elke term word vermenigvuldig met 3 ) 4 x - 21 x = 6 + 18 ( herrangskik ) - 17 x = 24 ( vereenvoudig gegroepeerde terme ) - 17 - 17 x = 24 - 17 ( deel weerskante deur - 17 ) x = - 24 17
  4. Stel die oplossing in die oorspronklike vergelyking in:

    4 3 × - 24 17 - 6 = 7 × - 24 17 + 2 4 × ( - 8 ) ( 17 ) - 6 = 7 × ( - 24 ) 17 + 2 ( - 32 ) 17 - 6 = - 168 17 + 2 - 32 - 102 17 = ( - 168 ) + 34 17 - 134 17 = - 134 17

    Beide kante is gelyk aan - 134 17 , dus die oplossing is reg.

  5. Die oplossing van 4 3 x - 6 = 7 x + 2 is,    x = - 24 17 .

Oplos van lineêre vergelykings

  1. Los op vir y : 2 y - 3 = 7
  2. Los op vir y : - 3 y = 0
  3. Los op vir y : 4 y = 16
  4. Los op vir y : 12 y + 0 = 144
  5. Los op vir y : 7 + 5 y = 62
  6. Los op vir x : 55 = 5 x + 3 4
  7. Los op vir x : 5 x = 3 x + 45
  8. Los op vir x : 23 x - 12 = 6 + 2 x
  9. Los op vi x : 12 - 6 x + 34 x = 2 x - 24 - 64
  10. Los op vir x : 6 x + 3 x = 4 - 5 ( 2 x - 3 )
  11. Los op vir p : 18 - 2 p = p + 9
  12. Los op vir p : 4 p = 16 24
  13. Los op vir p : 4 1 = p 2
  14. Los op vir p : - ( - 16 - p ) = 13 p - 1
  15. Los op vir p : 6 p - 2 + 2 p = - 2 + 4 p + 8
  16. Los op vir f : 3 f - 10 = 10
  17. Los op vir f : 3 f + 16 = 4 f - 10
  18. Los op vir f : 10 f + 5 + 0 = - 2 f + - 3 f + 80
  19. Los op vir f : 8 ( f - 4 ) = 5 ( f - 4 )
  20. Los op vir f : 6 = 6 ( f + 7 ) + 5 f

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask