<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Druk die suier van silinder C, 2 cm in. Noteer jou waarneming van die afstandlewering by spuit A.

3. Wat dink jy sal gebeur wanneer die hidrouliese stelsel met ’n pneumatiese stelsel vervang word?

4. Vervang die water met olie en noteer die verskil/ooreenkoms in die werking van die sisteem.

5. Verduidelik watter voordele die gebruik van olie bo water inhou.

6. Samevatting van die resultate van ondersoek:

AKTIWITEIT 5:

Om die verband tussen leweringsafstand, leweringskrag en deursnee van die silinder vir hidrouliese en pneumatiese stelsels, bestaande uit drie silinders, te ondersoek

[LU 1.3, 2.3]

Jy benodig die volgende items vir hierdie ondersoek:

  • 1 x 20 mℓ-spuit genommer C
  • 2 x 10 mℓ-spuite genommer A en B
  • 3 x verbindingspypies wat ewe dik en lank is
  • 1 x T-verbinding
  • Vul spuit C met 10 mℓ water en vul spuite A en B elk met 5 mℓ water.
  • Verbind die spuite soos in die skets aangetoon.

1. Druk die suier van spuit C, 2 cm in en dui die afstandlewering van spuite A en B aan.

2. Skryf jou gevolgtrekking neer.

  • Samevatting van die bevindinge van Aktiwiteit 1 tot 5

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek;
1.2 ontleed bestaande produkte wat toepaslik vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid is, gebaseer op:
veiligheid;
geskiktheid vir doel;
koste;
vervaardigingsmetode;
1.3 praktiese toetsprosedures ontwikkel en uitvoer om die gepastheid of geskiktheid vir die doel van toepaslike eienskappe van materiaal, elektriese of meganiese stelsels, strukture, prosesse of eindprodukte te bepaal of te vergelyk;
LU 2
Tegnologiese Kennis en BegripDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
stelsels en beheer:2.3 deur praktiese analise, kennis en begrip van interaktiewe meganiese sisteme en subsisteme demonstreer en sulke sisteme en subsisteme met diagrammatiese sisteemdiagramme voorstel:
ratstelsels;
bandaangedrewe of katrolstelsels met meer as een stadium;
pneumatiese of hidroliese stelsels wat beperkers gebruik;
eenrigtingkleppe;
stelsels waar meganiese, elektriese, pneumatiese of hidroliese stelsels gekombineer word.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • ‘n Hidrouliese stelsel bestaan uit twee silinders wat verbind is aan mekaar. Elke silinder bevat ‘n suier met ‘n bepaalde deursnee en ‘n hoeveelheid vloeistof.
  • Wanneer die suier ingedruk of uitgetrek word, veroorsaak dit ‘n drukverandering wat deur die vloeistof voortgeplant word. Hierdie druk veroorsaak dan ‘n meganiese krag- of bewegingsvoordeel.

AKTIWITEIT 2

1. afstandlewering van suier B is 2 cm

2. dieselfde

3. nee, die krag is met gelyke voordeel oorgedra (voordeel=1)

4. Die druk in silinder A word oorgedra na silinder B.

AKTIWITEIT 3

1. Die druk word van die silinder A na B voortgeplant.

2. Die vloeistof plant die druk beter voort as die lug en lewer ‘n groter weerstand.

AKTIWITEIT 4

1. 1 cm

2. 4 cm

3. k sal moeiliker voortgeplant word en die afstandlewering sal nie presies 1 en 4 cm onderskeidelik wees nie, want lug is saampersbaar

4.&5. Sien samevatting

6. SAMEVATTING

  • Die afstandlewering by ‘n suier met ‘n klein deursnee is groot.
  • Die afstandlewering by die suier met die groter deursnee is klein.
  • Die druk in die suier sal beter voortgeplant word.
  • Dit is digter en sal daarom die krag beter voortplant as water.

AKTIWITEIT 5

1. 2 cm by A en B onderskeidelik

2. Die uitset by twee 10 ml spuite gevul met 5 ml water elk is dieselfde as die uitset by een 20 ml spuit gevul met 10 ml water. Die groter 20 ml suier kan twee 10ml suiers beheer, indien dit dubbel (2 x 10 ml) die hoeveelheid water bevat.

SAMEVATTING: AKTIWITEIT 1 – 5

  • ‘n Klein krag op ‘n klein suier veroorsaak ‘n groot krag op ‘n groot suier.
  • ‘n Klein suier sal oor ‘n groot afstand beweeg en ‘n groot suier oor ‘n klein afstand.
  • Die groter suier kan ‘n paar kleiner suiers beheer, indien die volume inhoud van die groot suier gelyk is aan die somtotaal van die volumes van die klein suiers en die hoeveelheid water in die groot suier gelyk is aan die hoeveelheid water in die klein suiers gesamentlik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask