<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 2:

Om te besin oor noodmaatreëls in vulkaniese gevaargebiede

[lu 2.3]

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar vulkaniese uitbarstings voorkom ? Dink goed hieroor na en gee dan jou opinie.

2. Verbeel jou jy bly in ‘n area waar daar vulkaniese uitbarsting voorkom. Stel ‘n lys met noodmaatreëls op wat in werking gestel moet word voor, tydens en na ‘n uitbarsting.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting. Hou klasbesprekings daaroor en noem die gevolge wat dit gehad het.

4. Watter hulp is deur die eerstewêreldlande aan hierdie mense gebied? Kon meer gedoen word?

Interessante feit

Die ontsaglike krag wat in ons aarde se ingewande voorkom, laat ‘n mens eintlik bang word en laat jou aan die dood en verwoesting wat dit saai, dink.

Kom ons sluit egter positief af. Dalk kan ons nog eendag dié kragte inspan vir ‘n geriefliker lewe op aarde. Ons kan dalk maniere vind om hierdie krag te tem en elektrisiteit daarmee op te wek. Dink aan die impak wat so ‘n nuwe energiebron op ons bestaan kan hê!

‘n Webblad soos die volgende bevat nogal interessante inligting oor vulkane:

(External Link)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

1. a) Die mens

  • Lawa verteer en /of laat huise en stede verkrummel.
  • Mense word deur die lawa verswelg.
  • Ander word deur die verstikkende swaelgasse en asreën verswelg en versmoor.
  • Mense verdrink as gevolg van tsoenami’s wat oor laagliggende gebiede ingespoel word.

b) Die natuur

  • Die natuurlike omgewing word geheel en al verwoes of verander deur ‘n vulkaan.
  • Rotse en as wat die lug ingeslinger word, veroorsaak lugbesoedeling.
  • Lawa vloei oor vrugbare valleie en verteer alle plantegroei.
  • Vuurwarm modderstrome verswelg stede en mense.
  • Tsoenami’s ontstaan in die see en kan laagliggende gebiede en eilande oorstroom.
  • Nuwe eilande ontstaan as gevolg van vulkaanuitbarstings onder die see.
  • Die natuurlike omgewing word omskep in iets nuuts. Stollingsgesteentes ontstaan, wat oor miljoene jare baie vrugbare grond vorm vir voedselproduksie.
  • Edelgesteentes word in stollingsgesteentes gevorm, soos diamante. Dit kan groot finansiële implikasies vir ‘n land inhou.
  • Warmwaterbronne is volop naby vulkane en lok toeriste. Die warm water word ook vir verhitting van geboue aangewend.

2. Leerders bring foto’s, prentjies en uitknipsels van vulkane na die klaskamer. Hou ‘n klasbespreking en vul aantekeninge aan.

Aktiwiteit 2:

1. Mense neem ‘n bewuste besluit om naby ‘n vulkaan te bly.

Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en finansiële welvaart tel baie keer meer as die potensiële gevaar van ‘n nabygeleë vulkaan.

2. a) Voor ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Vulkane word deur seismograwe gemonitor en waarskuwings word uitgereik.
  • Areas moet ontruim word, indien voortekens voorkom.
  • Mense woonagtig in sulke areas moet altyd sorg dat hul noodvoorrade byderhand het.

b) Tydens ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Mense moet so vinnig as moontlik uit die area wegkom.
  • Luister gedurig na nuusberigte sodat die verloop van die uitbarsting gevolg kan word.
  • Dra gasmaskers as beskerming teen swaelgasse.

c) Na ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Opruiming van die area moet geskied en hulpverskaffing moet verleen word deur eerstewêreldlande.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting en hou ‘n klasbespreking.

4. Eerstewêreldlande verleen finansiële hulp na so ‘n ramp.

Hulle stuur ook so spoedig moontlik noodspanne om te help met opruiming, mediese dienste en voedselvoorsiening.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask