<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 1.3]

a) Lees die volgende artikel aandagtig deur en hou daarna ‘n klas-vasvra daaroor.

Die Nederlanders het later die diere wat hulle uit Europa saamgebring het, gekruis met vee wat hulle by die Khoina geruil het. Die rooi Afrikanerbees is ‘n goeie voorbeeld van ‘n beesras wat in daardie tyd geteel is.

In 1789 het die koning van Spanje twee merino-ramme en vier ooie aan die Nederlandse regering geskenk. Die ramme het baie goed dan die Kaap geaard en het wol en vleis van uitstekende gehalte gelewer. Tans bestaan sowat 80 % van Suid-Afrika se kuddes uit hierdie ras. Vandag is daar omtrent 28 miljoen skape in Suid-Afrika!

Teen die agtiende eeu het sommige veeboere die Kaap verlaat en die binneland ingetrek. Hulle het vee aangehou vir vleis eerder as vir wol. Hulle voedsel het veral bestaan uit die vleis van hulle taai vetstertskape, beesvleis van die langhoringbeeste en wildsvleis van die groot troppe wild. Melk is afgeroom vir botter en vrugte is gedroog of ingelê. Soms het hulle graan gesaai, maar kon dit nie altyd oes nie omdat hulle verder moes trek, óf dit is beskadig deur reën of droogtes. Hulle het brood gebak in miershope of klei-oonde. Koffie, tee en suiker was weelde-artikels en is meestal by rondreisende smouse “gekoop”. [LU 1.3]

AKTIWITEIT 4

OM TUSSEN FEITE EN MENINGS TE ONDERSKEI OOR VOEDSELVOORSIENING VANDAG

[LU 2.3]

Vandag bly die meeste mense in dorpe of stede naby voedsel. Probeer in groepsverband vasstel waar julle basiese voedsel vandaan kom.

a) Gebruik die volgende tabel. Voltooi dan die opname deur die mense in julle gesin daaroor uit te vra.

BASIESE VOEDSELSOORTE AFSTAND OM KOS TE BEKOM
(Verander indien nodig) 0,5 km 2 km+ 5 km+
Brood/pap
Vleis / Vis
Botter
Vars vrugte/groente
Blikkieskos
Gemiddelde afstand:

b) Jy het nou spesifieke inligting uit mondelinge bronne verkry. Stel nou vas of die volgende stellings feite of menings is.

Die meeste voedselsoorte is maklik bekombaar.

Die meeste inkopies word naby woonplekke gedoen.

Die meeste van bogenoemde voedselsoorte word by spesifieke/verskillende plekke aangekoop.

Dié situasie verskil heeltemal met dié van die mense in die vorige eeu(e).

Assessering

LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek

1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel

1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik

Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling

  • Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing).

Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik

Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – DIE LEERDER IS IN STAAT OM GESKIEDKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP TE TOON.

2.1 Verstaan kronologie en tyd. Saamstel van ‘n historiese tydlyn met v.C, n.C, antiek, modern (p. 2, 22)

2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge). Kan in mondelinge en geskrewe vorm bewyse verskaf van oorsake/gevolge van gebeurtenisse, en patrone raaksien.

2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille). Toon ooreenkomste/verskille aan tussen vandag en ‘n spesifieke tydperk se situasies en plekke deur van geskrewe getuienisse gebruik te maak.

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

Aktiwiteit 1

  • Wild is met pyle en boë gejag. Voëls en kleiner diere is in wippe, valkuile, valstrikke en vangnette gevang. Jagters het gebuk beweeg sodat hulle nes diere gelyk het wat in die gras beweeg. Hulle het heeltyd onderkant die wind gebly sodat die prooi hulle nie kon ruik en skrik nie. Die dooie dier is huis toe geneem. Die vleis is met ‘n skerp klip afgesny en op die vuur gebraai.
  • Die Khoina het hul vee as hul waardevolste besitting beskou. Daarom is hul beeste selde geslag. Hul hoofvoedsel was melk wat hulle laat dik word het deur die blare van die ebbeboom te kou en dit dan in warm melk te sit. Hulle het ook melk in groot kalbasse laat suur word en dit dan gedrink.
  • Vee (skape), mielies (koring, sorghum), beeste
  • (gebreide) velle, mans
  • jag, vroue
  • gewasse (bone, pampoene, bone, koring, mielies, sorghum), implemente
  • waatlemoen (of pampoene), mielies (of sorghum)
  • pampoene, skuur
  • kalbasse/houtlepels, kleipotte

Aktiwiteit 2

a) TV-skottel, selfoon, rekenaar pas nie

b) Koringplaas : ploeg, saai, skoffel, oes, dors en uitwan van koring

Wingerdplaas: saai, skoffel, wingerdsnoei, pluk van druiwe

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask