<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas:
  • Inklusiwiteit: Wie mag aan sport deelneem? Net spanspelers? Moet almal ‘n kans gegun word? Maak jou eie grafiek om vas te stel watter leerders aan sport deelneem.
  • Sosiale Geregtighede: Vriende moet tyd saam deurbring bv. Hulle speel saam. Bespreek in klein groepies wat jou houding en gedrag moet wees as jy saam met jou maats speel.
  • ‘n Gesonde Omgewing: Waarom is sport belangrik? Bespreek veiligheid by die skool as sport beoefen word.
  • Getalbegrip word uitgebrei tot 50.
  • Tel in 2’e, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e
  • Aktiwiteite met die kalender/almanak help die leerders om die maande in die regte volgorde te rangskik en ranggetalle te hersien.
  • Grafiek – ‘n weergrafiek kan voltooi word.
  • Samestellings van 10 word bekend gestel, en baie aktiwiteite word gegee om dit te versterk.
  • Meetaktiwiteite, insluitend vergelykings van hoogte, lengte en breedte, met die relevante woordeskat.
  • Inhoud – liter.
  • Geld - die identifisering van muntstukke en vorms is ingesluit.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: tyd, ewe en onewe getalle [lu 1.2, lu 1.9, lu 2.2, lu 4.1, lu 5.1, lu 5.2]

  • Horlosies sê vir ons hoe ______ dit is (m.a.w. die ____).

Al die lang wysers van horlosies 1, 2, 3 en 4 is op ____.

Horlosie 1: Die lang wyser is op ____. (die minute-wyser)

Die kort wyser is op ______. (die uur-wyser)

Dit is _____-uur.

Horlosie 2. Dit is _____-uur. Die klok sal lui.

Horlosie 3. Dit is _____-uur. Ons drink tee.

Horlosie 4. Dit is _____-uur. Ons gaan huis toe.

  • Om 2-uur oefen ons atletiek.

Teken die wysers van die horlosie.

  • Om 5-uur sal Pappa ons kom haal.

Teken die wysers van die horlosie.

  • Teken die lang wysers en die kort wysers vir
LU 4.1
  • Voltooi die getalleblok.
1 9
14
30
32
47
  • Begin by 2. Tel in 2’s en kleur die blokke rooi.
  • Skryf die getalle wat jy rooi gekleur het.

2, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

___, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

___, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

___, ___, ___, ___,

Hierdie getalle word ewe getalle genoem.

  • Begin by 1. Tel in 2’s en kleur hierdie blokke blou.
  • Skryf die getalle wat jy blou gekleur het.

1, ___, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

___, ___, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

___, ___, ___, ___, ___, ___, ___,

Hierdie getalle word onewe getalle genoem.

LU 1.2 LU 2.2
LU 1.2
  • My vriende het resies gehou om te kyk wie eerste kon klaarkry. Elkeen het ‘n getal tussen 9 en 15 gekies. Werk hulle somme uit en kyk wat hulle antwoorde was.
LU 1.9
  • Mamma het vir my vriende kospakkies ingepak. Baba Billy het probeer help. Merk alles wat nie in ‘n kospak hoort nie, met ‘n x. Gee ‘n rede hoekom jy hulle gemerk het.

LU 5.1 LU 5.2
  • Help Sally om haar speelgoed te sorteer. Teken hulle.
Boeke Legkaarte Poppe Speletjies
  • Laat Sally jou nou help om hierdie syfers te sorteer.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200.

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure en minute lees;

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder alledaagse voorwerpe (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer of skoolomgewing versamel volgens gegewe kriteria of kategorieë;

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ‘n bepaalde rede gekies is sorteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask