<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 4.4 LU 5.3

Aktiwiteit 7

Om ’n verbeeldingsteks te skryf

  • Skryf ’n brief waarin jy ’n afspraak met die betrokke amptenaar maak om hom/haar te spreek oor die bemarking.
LU 4.1

Aktiwiteit 8

Om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier te gebruik en om ’n verskeidenheid multimodale tekste te gebruik

1. Rolspeel die onderhoud met die amptenaar.

2. Stel ’n plakkaat saam waarin jy jou produk adverteer.

DIE BRIEF KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD EN DIE PLAKKAAT KAN DIE KLASKAMER VERSIER.

LU 2.1 LU 4.2

Assessering

LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra;
2.3 basiese praatvaardighede toon;
2.4 om basiese interaksievaardighede te toon;
2.5 om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra;
2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees;
3.4 begrip toon van informatiewe tekste;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip toon van ’n teks;
3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n verbeeldingsteks skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 taal gebruik om te ondersoek.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Teks C

  1. Eie insigte – aanhalings moet hul interpretasie staaf.
  2. As die skemer hom omvou.
  3. Hy vind dit aangenaam en koesterend.
  4. Enige aanvaarbare antwoord, bv. Speels, rustig, ens.
  5. Rym, herhalende patrone, ritme, sangerigheid
  6. Kyk f)
  7. Die boodskap is dat dit so sal voortduur; slepende gang.
  8. Braaf, toegewyd, vreesloos, ongestoord
  9. “in my skik”

2. Teks D

  1. die denneboom
  2. Ek ... word ... opgesaag
  3. Personifikasie
  4. Dit gee aan die boom menslike eienskappe soos gevoelens van vernedering, sodat die leser met die boom kan identifiseer en bv. simpatie hê.
  5. Die boom moes staande bly teen die aanslag van die wind.
  6. Die boom is deel van die natuur (dus, deel van die totale skepping).
  7. Water (in die grond, maar ook dou, wolke, mis, ens.)
  8. Dit is ‘n taai gom wat uit die bas loop.
  9. Ja, dit is. Harpuis verskyn by ‘n wond aan die boom – dit vorm ‘n beskermende laag. Die implikasie is dat die boom uiteindelik uitgelewer is aan die mens wat hom vernietig vir sy eie gewin. Hy kan staande bly teen die elemente en homself met harpuis beskerm, maar uiteindelik moet hy swig teen die mens.
  10. Die boom word opgesaag sodat die hout gebruik kan word vir tamatiekissies.
  11. Dit is vernederend. Eie verduideliking.
  12. Hy lewer kommentaar op die mens se vernietiging van die natuur ter wille van homself (finansiële gewin?).

AKTIWITEIT 2

1. Hoofgedagtes: Eie woorde

  • Toe Honiball was knap met die maak van miniatuurvoorwerpe.
  • Toe hy in Bellville gewoon het, het hy ‘n windpomp genaamd Poegaai gemaak wat nog steeds daar staan
  • Mnr. Krumm, wat later daar gaan woon het, wil erkenning gee aan Honiball.
  • Fred Mouton, het Honiball ook goed geken en onthou wat hy alles gemaak het.
  • Toe Honiball Valsbaai toe getrek het, het hy sy stokperdjie bly bedryf. Dit is vandag Africana.
  • Honiball het ook tuis rolprente vervaardig. Hy was ‘n interessante mens met ‘n fyn humorsin.

AKTIWITEIT 3

1. Eie sinne

2. a) en b) – eie keuse uit stuk en eie sinne (instruksies) in feitelike taal – nie poëties.

AKTIWITEIT 4

Eie aanbieding. Duidelike aanwysings is belangrik.

AKTIWITEIT 5

Eie gediggie: rym, beeldspraak ens. Noodsaaklik om aan te dui dat leerder weet wat die verskil tussen ‘n gedig en gewone prosa is.

AKTIWITEIT 6

Navorsingsprojek

AKTIWITEIT 7

Vorm van brief – amptelik – bondig en duidelik. Geen oorbodige inligting nie. Toon: saaklik.

AKTIWITEIT 8

Eie rolspel en plakkaat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask