<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en lewenswyse

Module 4

Verspreiding van sade

Aktiwiteit:

Om die wyse waarop saad versprei word te ondersoek en aan te teken

[lu 1.1, 1.2, 1.3, 2.2]

Hoe kry plante dit reg dat hulle nie almal op dieselfde plek groei en dus onnodiglik met mekaar moet kompeteer nie?

Vir interessantheid:

Wat is die verskil tussen ‘n saad en ‘n vrug? Gebruik ‘n voorbeeld (Wenk: Die een omsluit die ander een, met ander woorde, jy vind die een binne in die ander een).

Opdrag:

Doen jou eie navorsing oor saadverspreiding. Dit sal behels dat jy sade en vrugte versamel, hulle in groepe verdeel volgens die manier waarop hulle versprei word, en kortliks beskryf hoe hulle versprei word. Jou opvoeder gaan jou sommer ‘n hele paar weke tyd gee sodat jy ‘n groot klomp sade kan versamel.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoeke beplan;

1.2   ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindinge kommunikeer;

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2   inligting kategoriseer;

2.3       inligting interpreteer.

 

Memorandum

Antwoord op heel eerste vraag:      Die sade word versprei.

Tweede vraag:                                   ‘n Saad kom binne in ‘n vrug voor.

Voorbeeld:  ‘n perske; die vrug dra ‘n saad binne in die pit, of ‘n ertjie/boontjiepeul is die vrug met die sade binne-in.

 

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask