<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AKTIWITEIT 2

OM BEWUS TE WEES VAN DIE VERSKILLENDE SIENINGS VAN DIE LEWE IN ROME

[LU 1.3]

Dit is interessant om te weet dat ryk en arm Romeine se leefwyse baie verskil het. Julle sal dit veral oplet by hul (a) tipe werk, (b) eetgewoontes en (c) wonings.

Die rykmense het skatryk geword, onder meer uit handeldryf, (bv. in slawe of voedsel vir die leër) en mynbou. Hul vrouens het slawe gebruik, selfs om hul hare te doen, te grimeer en aan te trek.

Daarenteen is manlike en vroulike slawe is by slawemarkte gekoop en verkoop. Soms is 'n hele verowerde stad se inwoners as slawe verkoop. Hulle is dan op 'n veiling nakend vertoon met kennisgewings om die nek. Jong seuns en geleerde slawe was die gewildste. (Hoekom?) Enigiemand met genoeg geld kon slawe koop. Soms is slawe mishandel en selfs doodgemaak as hul probeer wegloop het. Slawe is gebruik om die volgende take te verrig:

Vroue is gebruik as haarkappers, kleremakers, kokke en bediendes.

Mans moes silwerware, potte, panne en wapens in klein werkswinkels vervaardig.

Party slawe moes harde werk in myne verrig. Die omstandighede ondergronds was haglik, met talle veiligheidsrisiko's.

Op die landgoedere moes slawe spit, ploeg en ander noodsaaklike take verrig.

Publieke slawe moes help paaie bou, belastings invorder, akwadukte herstel en ook as klerke optree.

a) Voltooi onderstaande strokiesprent om aan te dui dat slawe of ryk mense 'n besonder belangrike rol in die Ryk vervul het. (Jy kan ook jou eie prent saamstel!)

Die Romeine se stapelvoedsel was koringbrood met kaas en bier of pap met kruie, groente en olywe aangevul met ander geurmiddels. Verder was hulle ook lief vir vrugte, heuning, eiers, dadels en wyn. As hulle dit so verkies het, kon hulle hul eie kos by die openbare bakkery laat gaarmaak. Vir besondere geleenthede is spesiale gaste uitgenooi na 'n dinee waar sewe verskillende soorte vleis, asook vis, vrugte en uitsoekwyne deur slawe bedien is. By sulke geleenthede kon hulle vir ure aaneen eet en gesels terwyl slawe die vlieë met pouveerwaaiers moes weghou. Bestudeer meegaande spyskaart vir ‘n Romeinse dinee!

b) Stel nou jou eie SPYSKAART vir 'n gewone of ryk gesin vir ‘n dag op. Jy kan self besluit vir watter etes.

c) Ryk mense kon weelderige villas in die dorpe of op 'n landgoed besit. Bestudeer eers in pare meegaande rekonstruksie van 'n herehuis in Pompeii – 'n Romeinse stad wat in 79 n.C. na 'n vulkaniese uitbarsting onder lawa begrawe is. Verbind die nommers met die korrekte beskrywing.

Trap wat na slaapkamer lei (Slaapkamers was meestal klein met min meubels.)
Slaapkamers
Bo-vertrek
Binneplaas met blombeddings/struike (Argeoloë het tydens opgrawings selfs sade van die oorspronklike plante hier gevind.)
Ontvangs- of studeerkamer
Winkel
Vernaamste woonvertrek met 'n slaapkamer langsaan
Eetvertrek met 3/4 rusbanke waarop eters gesteun/gelê het
Ingangsportaal (mosaïek op vloer uitgewerk)
Kombuis (oonde met houtskool gestook)

Die armer mense in Rome het in houthuisies, huurkamers (teen 27 v.C. was daar omtrent 45 000) of in vertrekke bokant winkels – soms tot vyf verdiepings hoog – gebly. Party plekke het inmekaargeval omdat bouers swak materiaal gebruik het. Die boonste verdiepings het nie water gehad nie. (Hoekom?) Meubels het meestal bestaan uit een of twee lamlendige beddens en 'n sitbank en stoele. Huurders moes openbare toilette gebruik. In die winter is daar met houtskool vuur gemaak. Vrouens het hul eie klere geweef nadat hulle garedraad daarvoor op 'n spinwiel gespin het. Die meeste huise het slegs 'n venstertuin gehad.

d) Gestel jy is 'n slaaf wat in beheer is van die herehuis of die inwoner van ‘n huurkamer. Vertel hoe jou dag/aand sal verloop indien 'n belangrike besoeker kom oorbly.

Assessering

LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek

1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel

1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik

Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling

  • Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing).

Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik

Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik

Memorandum

AKTIWITEIT 2

(c) 1, 7, 10, 3, 6, 8, 2, 4, 9, 5

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask