<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Pasteur, die harde werker, het een keer gesê: “Hierdie drie dinge: wil, werk en sukses dek ons hele lewe. Wil maak die deur na skitterende en gelukkige loopbane oop, werk stap oor die drumpel, en aan die einde van die reis kom sukses om ons pogings te bekroon.”

d) Joseph Lister: Vader van die moderne snykunde

Operasies was gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu nog baie gevaarlik. Die meeste pasiënte wat 'n operasie ondergaan het, het gewoonlik gesterf. Infeksie het in die wonde ingetree en die pasiënte het aan bloedvergiftiging gesterf.

Lees hieroor in die volgende aktiwiteit!

Lister wou 'n oplossing vind. Nadat hy bewus geword het van Pasteur se ontdekking van kieme het hy besef dat die lug vol kieme (bakterieë) is wat die snywonde binnedring. Kieme het dus infeksie in die wonde veroorsaak.

Aktiwiteit 3:

Om kronologie en tyd te verstaan

[lu 2.1]

e) Opdrag

(i) Jy het al agterkom dat veranderinge skielik of geleidelik plaasvind. Bestudeer die volgende bronne en skryf vyf ernstige probleme neer wat in die destydse hospitaalsaal/gang voorgekom het. Gebruik ‘n aparte foliovel.

BRON 1

Lister het besluit dat alle instrumente en die snydokters se hande ontsmet (kiemvry) moes word. Hy het 'n ontsmettingsmiddel ('n oplossing van karbolsuur) ontwikkel wat die kieme in wonde vernietig het. Hierdie middel het veroorsaak dat 'n roof oor die wond vorm en sodoende verhoed dat kieme die wond binnedring.

Lister het sy nuwe metodes oor en oor bewys. Hy het dadelik begin om die dokters en verpleegsters op te lei om hul klere, hande en instrumente te ontsmet. Hy het 'n groot bydrae gelewer om operasies veiliger te maak en mense se lewens te red.

BRON 2

Hospitaal

  1. Lees die uittreksel uit Lister se brief aan Pasteur en skryf drie pragtige eienskappe van Lister neer.

"Laat my toe om u te bedank omdat u skitterende navorsingswerk my die waarheid getoon het van u teorie aangaande kieme as die oorsaak van verrotting. U het my die beginsel geleer wat my metode van antiseptiese behandeling so 'n sukses gemaak het. As u ooit in Edinburg kom, sal u beloon word deur in ons hospitaal te sien in watter groot mate die mensdom by u werk gebaat het ..."

(iii) Hou ‘n groepbespreking en vertel vir mekaar van ‘n operasie wat jy al ondergaan het. Het Lister se ontdekking ‘n invloed op jou siekte gehad?

(iv) Maak ‘n lys van al die voorsorgmaatreëls wat vandag in hospitale getref word om infeksie in operasiewonde te voorkom.

VOORSORGMAATREëLS WAT LANK GELEDE GETREF IS VOORSORGMAATREëLS WAT VANDAG GETREF WORD

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEK Die leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.
LU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kronologie en tyd:
  • gebeurtenisse, mense en veranderings op ‘n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C., n.C insluit;
2.2 oorsaak en gevolg:
  • redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks verduidelik;
2.3 ooreenkomste en verskille:
  • sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Pasteurisasie (hittebehandeling) is die proses waartydens melk gesteriliseer word, m.a.w. kiemvry gemaak word. As melk tot net onder kookpunt verhit word, word skadelike kieme (bakterieë) wat dalk daarin mag wees, doodgemaak. So word melk veiliger om te drink, die voedingswaarde word behou en dit bly langer vars. Dit het later die weg gebaan vir die inlê van voedsel en drank. Kos word in die blikke gekook om sodoende lug, wat skadelike kieme mag bevat, uit te dryf. Terwyl die blikke nog warm is, word dit verseël. Die inhoud bly dan baie lank goed.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask