<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU/AS 1.7

Bou nou jul brug. Volg jul geskrewe instruksies en bring veranderinge aan, indien nodig.

LU/AS 1.8

Toets en evalueer die struktuur.

OPDRAG 4:

Stel as groep ten minste vyf vrae op oor die vereistes waaraan die brug moes voldoen.

LU/AS 1.10

Voorbeelde:

a) Is die brug ±50 cm lank?

b) Kan die brug ‘n gewig van 200 g ondersteun?

c) Is die brug ±10 cm breed?

d) Bestaan die vakwerke uit ewe groot driehoeke?

e) Is die papierstrooitjies stewig aan mekaar geheg?

OPDRAG 5:

Ruil nou jul vrae uit met ‘n ander groep s’n en laat daardie groep jul brug eerlik evalueer deur al die vrae te beantwoord. Moenie slegs Ja of Nee antwoord nie, maar motiveer jul antwoorde.

LU/AS 1.10

OPDRAG 6:

As julle as groep die brug weer moes ontwerp en bou, watter aanbevelings sou jy as individu hê. Skryf ten minste vyf aanbevelings van jou eie neer.

LU/AS 1.10

OPDRAG 7:

Beskryf kortliks jou aandeel in die ontwerp en bouproses deur ‘n kruisie in die toepaslike kolom te maak en met goeie redes te motiveer. ‘n aandeel.

LU/AS 1.11
Klein Gemiddeld Groot

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
Ontwerp:
1.4 skryf of kommunikeer ‘n ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en stel die tegnologiese doel van die oplossing duidelik;
1.5 stel minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voor wat duidelik met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, veiligheid, omgewingsimpak, voorkoms) skakel, en teken dit aan;
Maak:
1.7 ontwikkel planne met besonderhede oor die stappe om dinge te maak, insluitend tekeninge of sketse wat help om die planne duidelik te stel;
1.8 kies en gebruik gepaste gereedskap en materiaal om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 werk doeltreffend en veilig;
Evalueer:
1.10 evalueer die produk volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, omgewingsimpak, veiligheid, voorkoms), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
1.11 evalueer die aksieplan wat gevolg is en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 1

  • brug (vakwerkbrug) 50 cm 200 g
  • strooitjies driehoeke gom

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask