<< Chapter < Page Chapter >> Page >

‘n Briljante jong dokter, professor Christiaan Neethling Barnard, was ‘n hartchirurg by die Groote Schuur Hospitaal. Hy is op 8 November 1922 op Beaufort – Wes gebore. Sy pa was ‘n sendelingpredikant op hierdie dorp. Professor Barnard het al ‘n geruime tyd navorsing gedoen oor die moontlikheid van hartoorplantings op mense. Louis Washkansky was die ideale kandidaat. Professor Barnard en sy span medici wat hom sou bystaan, het al weke lank gewag vir ‘n geskikte hart. Denise Darvall se hart het aan al die vereistes voldoen.

Op Sondag 3 Desember 1967 het die heel eerste hartoorplanting net ná middernag begin. Om twee minute voor ses daardie oggend is die nuwe hart in Louis Washkansky se borskas met ‘n elektriese skok aan die gang gesit.

Dit was ‘n baie geskiedkundige gebeurtenis. Professor Barnard het die waagmoed gehad om die heel eerste hart op ‘n mens oor te plant - ‘n “eerste” in die wêreld! Vandag is ‘n hartoorplanting wêreldwyd ‘n algemene operasie.

Op 2 September 2001 het Suid-Afrika se “koning van harte” gesterf. Hy is een van die bekendste Suid-Afrikaners en ons is trots op hom.

Beantwoord die onderstaande vrae aan die hand van die leesstuk.

(a) Onderstreep die korrekte antwoorde:

(i) 2 Desember 1967 was ‘n (Vrydag, Saterdag, Sondag).

(ii) Die jong dame is in die (Groote Schuur Hospitaal, Tygerberg Hospitaal, Vincent Palotti Hospitaal) opgeneem.

(b) Vul die ontbrekende woorde in om die sinne te voltooi:

(i) Die jong dame se naam en van was _________

(ii) ___________se hart was onherstelbaar beskadig.

(iii) Die briljante hartchirurg se naam en van was ____________

(c) Beantwoord die volgende vrae. Skryf slegs die antwoorde neer:

(i) Op watter dorp is professor Barnard gebore?

(ii) Wat was sy pa se beroep?

(iii) Op watter dag, maand en jaar is die heel eerste hartoorplanting gedoen?

(d) Skryf die volgende sinne oor sodat hulle waar sal wees:

(i) Professor Chris Barnard was ‘n Amerikaner.

(ii) Hy het die heel eerste menslike nieroorplanting uitgevoer.

LU 3.6.1
Assessering deur opvoeder : Totaal uit 10

10. Sommige woorde klink dieselfde, maar word verskillend gespel en verskil in betekenis. Werk saam met ‘n maat en slaan die korrekte spelling en betekenis in ‘n woordeboek na. Onderstreep die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.

(a) Professor Barnard moes die hartspan (lei / ly) tydens die operasie.

(b) Die pasiënt (lei / ly) aan ‘n siekte.

(c) (Mei / My) pa is ‘n dokter.

(d) (Mei / My) is die vyfde maand van die jaar.

(e) Professor Barnard moes ná die oorplanting baie (reis / rys) om lesings aan te bied.

(f) Ek eet baie graag (reis / rys).

(g) Dokters (wy / wei) baie aandag aan hulle pasiënte.

(h) Die skape (wy / wei) in die veld en eet gras en bossies.

(i) Ons sê ‘n opdraande of bult is baie (steil / styl).

(j) Die vrou se hare is volgens die nuutste (steil / styl) gesny.

Nadat jou woorde nagegaan is, leer die spelling en betekenis van hierdie ei / y -woorde.

LU 6.3.3

Moontlike uitstappie:

Hartoorplantingsmuseum by die Groote Schuur Hospitaal.

Navrae en besprekings: (021) 4040 2187

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle;
4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?)
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.1 algemeen gebruikte woorde (soos: vyftien, moeilik, wêreld, veertien);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.1 sommige vraagvorme.

Memorandum

3.

(a) Waar

(b) Waar

(c) Waar

(d) Onwaar

(e) Onwaar

(f) Onvoldoende besonderhede

(g) Onwaar

(h) Waar

(i) Onwaar

(j) Waar

4.

(a) in

(b) op; met

(c) na

(d) in of by; vir

(e) aan; vir

  1. uit
  2. onder; langs

7. (a) dok/ter

(b) hos/pi/taal

(c) pa/si/ën/te

(d) me/di/sy/ne

(e) o/pe/ra/sie

(f) nar/ko/se

(g) or/ga/ne

(h) hart/oor/plan/ting

(i) ver/pleeg/ster

  1. in/spui/ting

(i) dokter

(ii) medisyne

(iii) operasie; hospitaal

(iv) pasiënte

(v) verpleegster

(vi) organe

(vii) narkose

(viii) hartoorplanting

(ix) inspuiting

(a) (i) Saterdag

(ii) Groote Schuur Hospitaal

(b) (i) Denise Darvall

(ii) Louis Washkansky

(iii) Christiaan Neethling Barnard

(c) (i) Beaufort-Wes

(ii) Sendelingpredikant

(iii) Sondag 3 Desember 1967

(d) (i) Professor Chris Barnard was 'n Suid-Afrikaner.

(ii) Hy het die heel eerste menslike hartoorplanting uitgevoer.

(a) lei

(b) ly

(c) My

(d) Mei

(e) reis

(f) rys

(g) wy

(h) wei

(i) steil

(j) styl

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask