<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het bekendheid .........................

5. Verduidelik waarom die woorde Suid-Afrika se gestremde langafstandman­ in aanhalingstekens voorkom.

6. Waar is hier waarna hierdie woord verwys?

7. Vul die korrekte voorsetsel in: hy het ......................... ’n staptog (iets gedoen).

8. Gee die korrekte spelling wat hier pas: kanker lyertjie /kanker leiertjie . Weet jy wanneer om watter een van die twee woorde te gebruik?

9. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het geld .........................

Paragraaf 2

10. Gee een woord wat hier pas en dieselfde beteken as: die laaste vyf jaar.

11. Gee die meervoud van wêreldstaptog .

12. Verskaf een woord vir die hele omskrywing: (waarmee hy pas klaargemaak het) .

Paragraaf 3

13. Vul die ontbrekende voorsetsel (een woord!) in: hy het ....................... veerboot (gereis).

14. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het die kanaal ......................... (van die een kant na die ander kant gereis/gevaar).

15. Gee een woord vir in die hande gekry wat hier gaan pas.

16. Wat beteken dié soos dit hier gebruik word?

17. Skryf die ontbrekende voorsetsel neer: hy hoop om môre ................ Londen aan te kom.

18. Vul die ontbrekende woord in: hy het die staptog ................. 225 dae afgelê.

Paragraaf 4

19. Vul ’n woord hier in wat dieselfde beteken as: sowat/omtrent: ......................................

20. Gee die korrekte vorm van Suid-Afrika wat hier gaan pas: .........................................

21. Verduidelik waarom daar so baie kommas in hierdie paragraaf is.

22. Skryf die verkleinwoord van pasiënt neer.: ..................................................

Paragraaf 5

23. Wat is die doel/nut/funksie van die aandagstrepe in die eerste sin?

24. Skryf een woord neer waarmee ons drie jaar hier kan vervang:

25. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van diagnose :

26. Verskaf een woord waarmee ons die omskrywing só dat dit nie meer sy doel dien nie hier kan vervang.

27. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van produk om hierdie sin te voltooi.

28. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as die gevolg is dat .

29. Watter woord moet in die plek van die koppelteken by bloedplaatjie- staan?

Paragraaf 6

30. Skryf een woord neer wat ons in die plek van ’n tydjie gelede kan gebruik.

31. Voltooi die tweede sin deur die korrekte (idiomatiese) werkwoord in te skryf: haar operasies het al by die R500 000 _____ .

32. Skryf ’n ander woord neer wat ons hier ken gebruik wat dieselfde as raam beteken.

33. Verduidelik waarom daar ’n dubbelpunt ná is: gebruik word.

34. Watter verskil is daar tussen Dit kan gedoen word en Dit kán gedoen word?

Paragraaf 7

35. Skryf die korrekte vorm van deel neer wat hier sal pas:

Paragraaf 8

36. Skryf een woord neer wat hier gaan pas en wat beteken: min of meer .

Paragraaf 9

37. Skryf die korrekte vorm van gestrem , wat na die toestand verwys, neer.

38. Gee die korrekte vorm van gees wat hier sal pas.

39. Watter van die volgende vier voorbeelde is korrek gespel enigeiets / enige iets / enigiets / enig iets ? Omkring die korrekte(s).

40. Vul die ontbrekende vaste (idiomatiese) werkwoord neer wat hier gebruik word en wat beteken: om te oorwin .

AKTIWITEIT 2

Om homonieme te gebruik

LU 6.1.9
  • Onthou julle nog wat HOMONIEME is? Dis mos woorde wat eenders lyk , maar verskillende betekenisse het (die ander lyk beteken byvoorbeeld “dooie mens”).
  • In die bostaande leesstuk is daar heelwat sulke woorde.
  • Gaan soek die volgende woorde en gebruik dan hulle homonieme in sinne. Kyk maar mooi en dink verder; van die woorde het selfs meer as een ander betekenis:

oor :

as :

pas :

geld :

van :

hoop :

tog :

stel :

om :

jong :

vorm :

gevolg :

lae :

kan :

net :

Assessering

LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.2 gebruik basiese spelreëls en ’n verskeidenheid spelstrategieë om onbekende woorde te spel;
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken);
6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afleidings);
6.1.7 woordfamilies en woorde oor dieselfde on­derwerp gebruik om woordeskat in konteks te ontwikkel;
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme, homonie­me, homofone, paronieme, een woord vir ’n omskrywing verstaan en gebruik;
6.2 werk met sinne:
6.2.1 met sinne werk en woordsoorte in konteks identifiseer en gebruik;
6.2.7 die aktief en passief gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede verander en omgekeerd;
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraag­teken, uitroepteken, aandagstreep, hakies, aanhalingstekens, skuinsstreep);
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Hierdie eerste twee aktiwiteite is ’n lywige taaloefening, waarin hersiening gedoen word, maar ook enkele nuwe dinge geleer word – een woord i.p.v. omskrywing, korrekte voorsetsels ens.

1. v é r (Die woord kan natuurlik doodgewoon ook met ’n kappie gespel word, maar dit het dan nog steeds nie die betekenis van “baie ver” nie.)

2. nie sy regte/doopnaam nie, maar ’n bynaam

3. wêreldwyd

4. verwerf

5. word so genoem/ waarskynlik verwys koerante reeds lankal na hom op hierdie manier

6. Londen

7. op/tydens

8. lyer – ly het met seerkry/swaarkry te doen; ander lei beteken voorloop

9. ingesamel

10. afgelope

11. wêreldstaptogte

12. jongste

13. per

14. oorgesteek

15. opgespoor

16. hierdie

17. in

18. binne/in

19. ongeveer

20. Suid-Afrikaanse

21. lys dinge word gegee

22. pasiëntjie

23. lig inligting uit/belangrike inligting staan tussen

24. driejarige

25. gediagnoseer

26. ondoeltreffend

27. produseer

28. gevolglik

29. telling

30. onlangs

31. gekos

32. skat/bereken

33. direkte rede /inligting volg

34. eerste een: gewone stelling; tweede beklemtoon (selfs bo verwagting)

35. gedeeltelik

36. naastenby

37. gestremdheid

38. geestelike

39. enigiets

40. baasraak/regkry

AKTIWITEIT 2

Laat u lei deur die leerders se antwoorde, maak seker dat hulle verstaan en help met ander moontlikhede as die gewoon voor-die-hand-liggendes.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask