<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Bronne van energie en energiesisteme

Opvoeders afdeling

Memorandum

Diagram:

1. Steenkoolmeulens maal steenkool fyn sodat dit makliker brand.

2. Steenkoolpoeier word na die smeltoonde gebring waar dit aan die brand gesteek word.

3. Water word in die stoomketel gekook om stoom te produseer.

4. Stoom laat die turbines draai.

5. Die beweging van die turbines veroorsaak dat die opwekker (generator) elektrisiteit opwek.

6. Kragmaste vervoer die elektrisiteit na die huise, fabrieke, skole, ens.

Lugbesoedeling: 2 en 5 (lg. as die drade nie goed geїnsuleer is nie).

Opdrag 6:

Suurreën: Die koolsuurgas van steenkoolverbranding meng met water en vorm suur wat neerreën.

Kweekhuis: Die gasse van verbranding vorm ‘n laag wat maak dat hitte opbou en die atmosfeer warmer word.

Watervlak: Die ys smelt by die pole vanweë die kweekhuis-effek, die water word meer vanweë die hoër temperatuur (sit uit), die watervlak styg en laerliggende gebiede word bedek.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer [lu 1.3, lu 2.1, lu 2.3]

  1. Die volgende twee eenvoudige sketse dui aan hoe elektrisiteit in steenkoolkragstasies opgewek word.

Skets 1

Skets 2

1. Die steenkool word as brandstof verbrand en juis hierin lê die groot besoedelingsprobleem met hierdie tipe elektrisiteitsvoorsiening.

2. Die hitte van die vuur laat die water in die ketel kook.

3. Die stoom laat die waaier draai.

4. Koperdraad wat binne-in ‘n magneet draai, wek elektrisiteit op. Sien, hier het ons weer te doen met ‘n dinamo.

5. Hierdie elektriese stroom vloei deur die drade en laat die gloeilampie brand.

  • Die volgende skets stel die proses om elektrisiteit uit steenkool op te wek voor.

Water is in hierdie geval ‘n hernieubare bron omdat die stoom afkoel en kondenseer tot water. Die water word verder verkoel in die koeltorings. Daarna keer die water terug na die stoomketels en die proses word herhaal.

Orden nou die stappe sodat hulle in die korrekte volgorde is en voltooi die vloeidiagram.

  • Stoom laat die turbines draai.
  • Steenkoolmeulens maal die steenkool fyn sodat dit makliker brand.
  • Kragmaste vervoer die elektrisiteit na huise, fabrieke, skole, ens.
  • Water word in die stoomketel gekook om stoom te produseer.
  • Die beweging van die turbines veroorsaak dat die opwekker (generator) elektrisiteit opwek.
  • Steenkoolpoeier word na die smeltoonde gebring waar dit aan die brand gesteek word.

Merk nou duidelik met ‘n rooi ster (*) in watter stadiums van die proses die kanse vir lugbesoedeling die grootste is (bv. no. 3 en no. 5)

PORTUURASSESSERING: KRITERIA 1 2 3 4
  1. Volgorde korrek
____ ____ ____ ____
Besoedelingsgevaar aangedui ____ ____ ____ ____

Opdrag 6

Suurreën:_____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask