<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

Statistiek

Bespreking

  • Die leerdermodule is baie volledig en vanselfsprekend. Die meeste van die werk fokus op vaardighede om gegewens te organiseer en te ontleed.
  • Opvoeders wat met meer as een graad nege groep werk, het ‘n goeie geleentheid om vergelykende statistiek bykomend tot dié in die module te doen. Die leerders vind dit altyd baie interessant, en dis natuurlik van groot belang as ‘n toepassing van algemene statistiek.

Statistiek voorsien antwoorde

Waar moontlik kan leerders die oop vrae in hierdie deel navors. Dalk het hulle toegang tot inligtingsbronne, en hulle kan dan inligting deel met die res.

Data–insameling

Eksperimente moet noukeurig beplan word sodat dit glad verloop. Die eksperiment met die koeldrank kan baie interessant wees, want baie mense sê dat kola-tipe koeldranke maar almal eenders smaak. Dalk is daar uiteenlopende menings in die klas.

Nog ‘n maklike eksperiment:

  • Een-vir-een word leerders ingebring. Hulle word geblinddoek en ‘n knippie word oor die neus geplaas sodat hulle nie kan ruik wat hulle eet nie. Dan kry hulle ‘n klein stukkie óf appel óf rou aartappel om te kou (beide kan ingesluk word – die aartappel sal geen skade doen nie). Daarna, voor die neus oopgemaak word, moet hulle op één van hierdie vrae antwoord: “Was dit ‘n stukkie appel?” of “Was dit ‘n stukkie rou aartappel?”. Omtrent eweveel moet die één vraag as die ánder gevra word. Indien moontlik moet die persone wat die kos aanbied, en die een wat die vrae vra, nie weet wat geëet word nie.
  • Inderwaarheid smaak rou aartappel en appel baie dieselfde as jy dit nie kan ruik nie. Dis ‘n goeie illustrasie van die groot rol wat ons neuse speel in die plesier wat ons uit die smaak van kos put.
  • Ons kom weer terug na die dinkeksperiment oor die vra van vrae i.v.m. die TV-nuus. Wat hulle hier bespreek oor die prosedure sal latere werk meer relevant maak.

Die drie middelwaardes

Berei goed voor vir die eksperiment met die lengtes van leerders. Dit neem nie lank as alles reg is nie, en dan is daar nie veel ontwrigting nie.

Maatstawwe van verspreiding

As daar tyd oor is kan die leerlinge staafdiagramme trek van die frekwensies van die afwykings van die twee groepe.

Vergelyking van toetspunte van twee groepe

Self met die drie middelwaardes, die variasiebreedte en die gemiddelde variasie is dit moeilik om ‘n onderskeid te maak tussen die prestasies van leerders in die twee groepe. Ons kom later weer terug om verder te werk met hierdie twee stelle data.

Grafieke

Daar is nie veel wat moeilik is in die grafieke nie – alles word in die leerdermodule bespreek. Onthou net dat dit ‘n versoeking is om gestipte punte te verbind. Dink mooi oor wat die waardes verteenwoordig, en of die koördinate van die punte op die getrekte lyn hoegenaamd iets beteken.

Inligting uit grafieke

Die grafiek van die motorkoop-onkostes is ‘n voorbeeld van ‘n geval waar dit verkeerd sou wees om die punte te stip en dan met lyne te verbind.

‘n Direkte verband kom voor in sinne met: ‘hoe meer . . . hoe meer . . .” soos “Hoe meer ek studeer, hoe beter is my punte”. ‘n Omgekeerde verband is “hoe meer . . . hoe minder . . .” soos “Hoe versigtiger die regering met sy geld werk, hoe minder belasting moet ons betaal”.

Uiteindelik sien ons die verskil tussen die twee klasse by die tak-en-blaar diagram.

Vra ‘n aardrykskunde-opvoeder of sy ‘n demografiese piramiede kan opspoor. As dit moontlik is om ‘n paar van vorige jare te kry om die groot verandering in die ouderdomme in die bevolking aan te toon, sal die leerders wel waardering begin kry vir die krag van die statistiek.

In die volgende toets moet leerlinge ‘n sektordiagram teken, waarvoor hulle ‘n passer en gradeboog sal benodig. Waarsku hulle vroegtydig.

TOETS

1. 45 kliënte van ‘n videowinkel het ‘n vraelys ingevul. Hier volg die gewens oor die aantal video’s in elke kategorie uitgeneem in ‘n maand. Hierdie syfers is die totale vir al 45 kliënte.

Aksie: 153

Dokumentêr: 19

Drama: 33

Kinderflieke: 210

Komedie: 106

Kung-fu: 88

Liefdesverhale:74

Moord: 52

Nie-Engels: 5

Oorlog: 20

Spanning: 94

Tekenprent: 46

1.1 Hoeveel video’s is altesaam in die maand uitgeneem?

1.2 Wat is die (rekenkundige) gemiddelde aantal video’s deur kliënte uitgeneem?

1.3 Teken ‘n staafdiagram van die video’s uitgeneem per kategorie op die blokkiespapier. Onthou om dit te benoem.

2. ‘n Sekere klas se leerders wat honde besit het hul honde geweeg. Hier is die frekwensietabel van die gewigte.

HOND A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y
Kilo’s 19 9 7 7 23 19 5 17 9 15 7 5 9 7 19 3 17 11 13 7 7 21 21 13 3

2.1 Hoeveel honde besit leerders in die klas altesame?

2.2 Bereken die rekenkundige gemiddelde, mediaan en modus van die gewigte.

2.3 Wat is die variasiebreedte van die gewigte?

3. Leerders is uitgevra oor hul gunsteling aandete, en hier volg die top-vyf keuses van 120 leerders. Teken ‘n behoorlik benoemde sektordiagram van die gegewens.

Gebraaide hoender en skyfies 30

Pizza en slaai 48

Bredie en groente 12

Groente-lasagne en rys 12

Maalvleis op brood 18

Toets - memorandum

1.1 900 video’s

1.2 20 video’s

1.3 (benoeming nie voltooi)

2.1 25 honde

2.2 Mediaan: 9 kg

Modus: 7 kg

R. gemiddeld:

293  25 = 11,72 kg

2.3 23 – 3 = 20 kg

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask