<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kruis die kanale met gewone gondels. Neem ‘n rit per watertaxi op die “Grand Canale” en kyk op na die verskillende boustyle van eertydse adel se woonplekke met stylvolle kandelare. Ry af tot by die waterkant en haal vroegoggend ‘n boot na Burano, ‘n eiland bekend vir sy kantbedryf. Kleurryke visserhuise, karaktervolle seekosrestaurante, ‘n skewe kloktoring (soos Pisa), maak die vervalle eiland ‘n heerlike besoekpunt. Met sy vuil kanale, grootoog-katte, singende gondeliers, afgeskilferde, skewe geboue, kleurryke stalletjies, geurige pizzas en ryk cappuccino-geure, bly hierdie een van die mees fassinerende stede ter wêreld.

Maretha van der Merwe ( Die Burger , 30 Oktober 2001)

  1. Noudat jy na die artikel oor Venesië geluister het, merk met ‘n  by die onderstaande wat jy beskou as die hoofgedagte van die artikel.
Venesië – die vervelige stad
Venesië – ‘n stad van kontras
Venesië – die vuil stad
  1. Paragraaf vir paragraaf gaan nou aan jou voorgelees word, en daarna twee of drie hoofgedagtes wat in daardie paragraaf voorkom waaruit jy moet kies. Jy moet weer eens ‘n regmerkie maak by die gedagte wat jy verkies.

Paragraaf 1

Venesië is ‘n stad met baie draaiboekskrywers, silwerdoeksterre en koninklikes.
Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan.

Paragraaf 2

  1. Skryf die hoofgedagte in jou eie woorde neer.

Paragraaf 3

Daar is baie McDonald’s-eetplekke en pizza-toonbankies in die stad.
Dis ‘n stad van teenstellings. Daar is baie fris vrugteverkopers in Venesië.

Paragraaf 4

Cappuccino word deur strikdaskelners en met vioolmusiek aangebied.
Die St. Markus-plein is jou baken.

Paragraaf 5

Daar is ‘n groot skaarste aan toilette in Venesië.
Die duiwe in hulle honderde is deel van die St. Markus-plein.

Paragraaf 6

In Venesië beland ‘n mens orals in klein pleintjies.
Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug ‘n moet.

Paragraaf 7

In Venesië moet ‘n mens vroegoggend ‘n boot na Burano haal.
Venesië bly een van die mees fassinerende stede ter wêreld.
In Venesië is daar baie grootoog-katte.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.)

Memorandum

Aktiwiteit 1 (a)

(i) Bekende ontwerpers

(ii) Rolls Royce

  1. Brittanje

(b)

(i) Coca-Cola

  • Pick ‘n Pay en Checkers
  • Die kenteken (die naam)
  • Hitteskild, deurslaggewend, rangorde
  • Ons rangorde fokus hoofsaaklik op kos.
  • Die naam leef in mense se koppe voort, want ‘n Bugatti was ‘n beroemde sportmotor.
  • Marknavorsers

Aktiwiteit 2

(a) Venesië – ‘n Stad van kontras

(b)

Paragraaf 1 – Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan.

Paragraaf 2 – Die stad is vuil, maar dit word deur die res van die stad verswelg.

Paragraaf 3 – Dis ‘n stad van teenstellings

Paragraaf 4 – Die St. Markus-plein is jou baken

Paragraaf 5 – Die duiwe in hulle honderde is deel van die St. Markus-plein.

Paragraaf 6 – Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug ‘n moet.

Paragraaf 7 – Venesië bly een van die mees fassinerende stede ter wêreld.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask