<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verdeel in julle groepe en gesels oor Melvyn se voornemens.

  • Dink julle dis almal goeie voornemens?
  • Met watter stem julle saam?
  • Watter voornemens is nie goed nie? Hoekom nie?
  • Watter voornemens sal jy kies?
  • Watter voornemens sal jy byvoeg?

[LU 2.1.3]

Verbeel jou dit is nou Oujaarsaand. Maak nou ‘n lys van jou eie voornemens vir die nuwe jaar. Skryf 8 tot 10 voornemens neer. (Gebruik volsinne.)

Verander julle voornemens indien daar foute is en lees hulle hardop voor vir mekaar.

(Julle opvoeder kan kommentaar lewer nadat elke maat gelees het.)

[LU 4.5.1; 4.5.2; 4.5.3; 4.5.4]

Ontkenning

Kyk weer na Melvyn se voornemens by 3(a) en 3(b). Skryf die twee sinne neer en onderstreep die woordjie nie . Skryf neer hoeveel keer die woordjie nie in elke sin voor kom.

Waar staan nie in elke sin?

Ons gebruik in Afrikaans ‘n dubbele ontkenning (negative) wanneer ons wil sê dat iets nie so is nie .

bv.

Melvyn hou nie daarvan om groente te eet nie .

Melvyn hou nie daarvan om te lees nie .

Wanneer iemand ‘n vraag vra en jou antwoord is ontkennend, sal jy jou antwoord so begin: Nee, ek . . .

Beantwoord die volgende vrae ontkennend .

Begin elke antwoord met: Nee , . . .

  1. Is Nuwejaarsdag in Desember?
  2. Gaan slaap jy vroeg op Oujaarsaand?
  3. Het jy baie Nuwejaarsvoornemens?
  4. Marsjeer die Kaapse Klopse in Durban?
  5. Dra hulle donker klere?

[LU 6.3.5]

Daar kom die alabama

Een van die liedjies wat die Kaapse Klopse gewoonlik sing, is “Daar kom die Alabama.”

Die Alabama was ‘n Amerikaanse skip wat Kaapstad in 1863 besoek het. Hierdie liedjie is toe geskryf.

Julle kan die liedjie gerus aanleer en sing!

Assessering

LU 1

LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees);

1.1.1 beantwoord letterlike vrae.

LU 2

PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.1 stel en beantwoord vrae;

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.2.2 toon toenemende bewustheid van sosiale en kulturele verskille (soos verstaan die verskillend maniere waarop hoflikheid in die huis- en addisionele taal uitgedruk word);

2.2.3 skakel van een taal na ‘n ander oor, waar gepas (soos om iemand wat nie jou taal praat nie, by ‘n groep in te sluit);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing

4.5 hanteer skryf as ‘n proses:

4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);

4.5.2 lees dit krities deur;

4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;

4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

4.6.2 spel bekende woorde korrek.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);

6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);

6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:

6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);

6.3.5 gebruik eie woordeboek.

Memorandum

1.

(a) Oujaarsaand

(b) Vuurwerke

(c) Kaapse Klopse

(d) 2 Januarie

(e) troepe

(f) ghoema

(g) Die Klopse se kostuums word deur kleremakers gemaak.

(h) Elke jaar dra hulle nuwe kostuums.

(i) Hul kostuums bestaan uit ‘n langbroek en ‘n baadjie.

(j) Hulle dra elkeen ‘n hoed en ‘n sambreel.

2.

(a) poskantoor

(b) apteek

(c) kruidenierswinkel

(d) slaghuis

(e) bakkery

(f) kwekery

(g) biblioteek

(h) stasie

4. twee keer

Aan die einde van die sin.

(a) Nuwejaarsdag is nie in Desember nie.

(b) Ek gaan slaap nie vroeg op Oujaarsaand nie.

(c) Ek het nie baie Nuwejaarsvoornemens nie.

(d) Die Kaapse Klopse marsjeer nie in Durban nie.

(e) Hulle dra nie donker klere nie.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask