<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verder is ’n eenheid vir bewaringsbeplanning van Kaapse Natuurbewaring gestig, wat inlig­ting oor sensitiewe gebiede en bedreig­de spesies aan ontwikkelaars, grondeienaars en beplanners verskaf. Dié Stellenbosse een­heid het verlede week sowat R330 000 van die internasionale bewaringsorganisasie Critical Ecosystem Partnership Fund ontvang vir die volgende twee jaar, sê Baard.

“Ons is nie teen ontwikkeling nie, maar dit moet op die regte plekke en vir die regte mens beplan en gedoen word.

Uit: BuiteBurger, 24 September 2002

1. Wat is hierdie skilpaaie vroeër genoem en hoekom is hulle so genoem? (3)

2. Wat word hulle vandag genoem en hoekom word hulle so genoem? (3)

3. Wat, dink jy, is die internasionale Rooidataboek? (3)

4. Wat het hierdie Rooidataboek van ons suurpootjie gesê? (3)

5. Wat is die grootste bedreiging vir die suurpootjie se habitat? (3)

6. Noem nog ’n verdere bedreiging. (3)

7. Hoekom word hulle as belangrike saadverspreiders gesien? (3)

8. Verduidelik hoe jy ’n suurpootjie sal kan uitken. (3)

  • Is die volgende stellings waar of onwaar? Verskaf ’n rede vir jou antwoord; dit mag ook ’n aanhaling wees.

8.1 Die suurpootjie se habitat in die laagland is nog onaangetas. (2)

8.2 Op tweejarige ouderdom begin die wyfie eiers lê. (2)

  • Soek ’n sinoniem in die teks vir:

9.1 volgens .................................................. (1)

9.2 indringer plantegroei .................................................. (1)

LU 3.1 LU 3.4

Assessering

LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei;
3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingsryke tekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings;
4.4 die skryfproses onafhanklik en met gemak gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte;
5.3 inligting verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

Lydende vorm:

1. Merke word deur die hond gelos waar hy teen die mure spring.

2. Sy ontlasting is nooit deur haar opgetel nie.

3. ‘n Stank is daar gelaat.

Meervoud:

1. howe

2. balju’s

3. ure

4. bevele

Homfone:

1. My moed begewe my.

2. Maak die deur wyer oop.

3. Die miere val die suiker aan.

Homonieme:

1. Die klok lui.

2. Maak die las heel.

Voegwoorde:

  • Daar bestaan ‘n gesondheidsgevaar, want die hond se ontlasting word nie opgetel nie.
  • Sy doen niks omtrent die hond nie, alhoewel die bure al baie gekla het.
  • Alhoewel die bure al baie gekla het, doen sy niks omtrent die hond nie.

AKTIWITEIT 3

Die groot vyf

1. hou, word (komma tussen gesegdes)veewagters (samestellings een woord)

2. platgetrekis, maak (komma tussen twee gesegdes)aan te sit

3. Oos-Afrika (Verbindings met ‘n windrigting)

4. droëverspreide

5. lid (lit is by ‘n boom)okapi’s (sien reël in mod. 1)

6. watskiet, isivoortande

AKTIWITEIT 4

Die kat-kisante

Navorsingsopdrag

  • In die eerste module was daar reeds ‘n navorsingstaak. Daar is heel moontlik van 400 woorde gepraat, maar intussen is dit verander na 300 as dit ‘n lang stuk is en 150 as dit ‘n kort stuk is.
  • U hoef nie al die navorsingstake te doen nie, maar dit kan u leerders net bevoordeel, want dan kan hulle die beste poging kies om in hul finale portefeulje te plaas.
  • Miskien besluit u om hierdie taak 150 woorde te maak!

AKTIWITEIT 5

1. Nee, hulle loop nêrens agter die monnike aan nie.

2. Nee, geen lewende wesens word deur Boeddhiste respekteer nie.

3. Nee, niemand kom kyk na hierdie vreemde katgedrag nie.

4. Nee, hulle luister nooit so getrou soos ‘n hond nie.

5. Nee, ek was nog nooit in ‘n Boeddhistiese tempel nie.

Meervoude:

1. skadu’s

2. monnike

3. geskrifte

Inwoners:

1. Fransman

2. Duitser

3. Italianer

4. Japannees

Tale:

1. Frans

2. Duits

3. Italiaans

4. Japannees

AKTIWITEIT 6

Suurpootjie se habitat bedreig

1. seerpootjies, omdat hulle op die punte van hulle tone skuifel

2. suurpootjies, omdat hulle so skaam is en in die suurveld woon.

3. Al die bedreigde spesies word daarin aangeteken.

4. Hulle is die enigste Suid-Afrikaanse skilpad wat bedreig word.

5. boere wat die veld omploeg vir boerdery

6. uitheemse plantegroei, soos port jacksons

7. As gevolg van ‘n swak spysverteringstelsel werp hulle die sade net so weer uit.

8.1 Onwaar: “maar minder as 3% van die dwergskilpaaie se habitat… bestaan nog”.

8.2 Onwaar: “seksuele rypheid op agt jaar bereik het”.

9.1 luidens

9.2 uitheemse plantegroei

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask