<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Plak dit op die folio wat jou opvoeder aan jou sal gee.
  • Dui die simmetrie-as met ‘n kleurkryt aan. (Gebruik jou liniaal!)

2. Voer die volgende opdragte uit:

  • Trek nou die vorms wat jy vir die tabel in aktiwiteit 1.7 gebruik het, netjies oor op papier (vra jou opvoeder). Jy kan dit so groot trek as wat jy wil.
  • Dui die simmetrie-asse netjies aan.

Aktiwiteit 6:

Om 3d-voorwerpe te ondersoek en te vergelyk [lu 3.3.1]

Om 3d-voorwerpe te herken [lu 3.3.1]

Ons het nou baie met 2-dimensionele vorms gewerk. Nou gaan ons 3-dimensionele figure van naderby bekyk.

1. Hou ‘n klasbespreking oor wat die verskil is tussen 2-dimensionele vorms en 3-dimensionele voorwerpe.

2. Hoe sal jy daarvan hou om ‘n argitek en bouer te wees? Jy en ‘n maat het nou die geleentheid om die skool van jul drome te bou! Julle benodig

  • ‘n groot stuk karton
  • gom en skêr
  • vuurhoutjiedosies, ens. (Gebruik jul eie, oulike idees!)

Hierdie skool moet klaskamers hê en daar moet ’n ronde swembad wees. Natuurlik wil julle ’n rekenaarsentrum en ’n saal ook hê. Die kleedkamers en die rugbyveld moet sommer naby aan mekaar geleë wees.

Hier volg bruikbare inligting. Bestudeer dit eers voordat julle begin werk.

’n Struktuur soos ’n vuurhoutjiedosie word ’n REGHOEKIGE PRISMA genoem, want al die platvlakke is reghoeke.

’n KUBUS is ’n spesiale soort prisma, omdat die sye van ’n kubus ewe lank is en die syvlakke ewe groot is.

3. Wanneer julle model klaar is, moet julle die onderstaande tabel voltooi. Kyk na die figure wat julle gemaak het. As die saal bv. ’n reghoekige prisma is, kom dit in daardie kolom.

Reghoekige prismas Kubusse Ander 3D-vorm 2D-vorm
bv. Saal ............................... ............................... ...............................
...................................... ............................... ............................... ...............................

Aktiwiteit 7:

Om patrone van geometriese vorms te maak en te beskryf in terme van tessellasies [lu 3.5.1]

Tesselasies

Dink ’n bietjie hoe teëls teen ’n muur of op die vloer van ’n badkamer gelê word. Die teëls pas presies teen mekaar. Die spasies wat jy sien, is net daar vir die sement of gom sodat die teëls stewig vasgeheg kan word en nie los kan kom nie.

Die teëls lyk gewoonlik só as dit gelê word:

Ons sê die teëls TESSELEER omdat hulle PRESIES, sonder tussenruimtes, inmekaar pas.

Aktiwiteit 9:

Om patrone van geometriese vorms te maak en te beskryf in terme van tessellasies [lu 3.5.1]

1. Gaan kyk vanmiddag by die huis na die teëls in jul badkamer, kombuis of enige ander vertrek in die huis. Jy kan ook na die teëls op die vloer of teen die mure van enige winkel in jou omgewing gaan kyk. Maak ‘n skets daarvan in die blok hieronder

2. Kyk nou weer na die skets van die teëls hierbo. Sien jy dat die binneste teëls reghoeke is en dat die buitenste teëls driehoeke is.

Maak nou jou eie patrone met ’n kombinasie van

  • driehoeke
  • vierhoeke
  • vyfhoeke
  • enige kreatiewe vorm

Gebruik die kolletjiespapier

Assessering

LU 3
Ruimte en Vorm (Meetkunde)Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen 2D-vorms en 3D-voorwerpe in ’n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 2D-vorms en 3D-voorwerpe herken, visualiseer en benoem in natuurlike en kulturele vorms en ‘n meetkundige agtergrond, insluitend dié wat vroeër behandel is, met die klem op:3.1.1 ooreenkomste en verskille tussen kubusse en reghoekige prismas;
  • ooreenkomste en verskille tussen vierkante en reghoeke;
3.2 2D-vorms en 3D-voorwerpe beskryf, sorteer en vergelyk uit die omgewing en uit tekeninge of prente volgens eienskappe, insluitend:
  • getal en / of vorm van vlakke;
  • getal en / of lengte van sye;
3.3 2D-vorms en 3D-voorwerpe wat in hierdie graad bestudeer word, ondersoek en vergelyk (alleen en/of as ‘n lid van ’n groep of span) volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen:
  • maak modelle van meetkundige voorwerpe met veelhoeke wat uitgeknip is;
  • teken vorms op grafiekpapier;
3.5 2D-vorms en 3D-voorwerpe en patrone van meetkundige vorms maak en dit beskryf na aanleiding van:
  • tessellasies;
3.6 natuurlike en kulturele 2D-vorms, 3D-voor-werpe en patrone in terme van geometriese eienskappe herken en beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 3

1. 6

2. 5

3. 6

4. 4

AKTIWITEIT 4

6 ; 7

3 ; 6 ; 10 ; 98 ; 218

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask