<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wanneer iemand leer om skaatsplank te ry, moet hy of sy eerstens besluit watter houding die gemaklikste is. Die natuurlikste houding is om die linkervoet voor die regtervoet te sit. Sommige mense verkies om die regtervoet voor te sit. Dit maak nie saak nie, solank die voorste voet net agter die voorste as is en die agterste voet teen die skopstert heel agter.

  1. Wanneer is die heel eerste skaatsplank ontwerp? (1)
  2. Van watter land was Eli Whitney afkomstig? (1)
  3. Hoe lank het dit geduur voordat skaatsplankry gewild geword het? (1)
  4. Skryf die volgende sinne oor en voeg die ontbrekende woorde in.

Skaatsplankry kan baie _ wees en daarom moet skaatsplankryers die regte klere dra om hulle te _ . ‘n _ is noodsaaklik om die kop te beskerm. (3)

  1. Kies die regte antwoord en skryf die sin volledig oor.

Die beste skoene vir skaatsplankry is (tennisskoene, rugbystewels, basketbalstewels). (1)

  1. Hoekom is hierdie skoene die beste? (2)
  2. Is die volgende stelling waar of onwaar?

Die agterste voet moet net agter die voorste as wees. __ (1)

  1. Voorsien die leesstuk van ‘n opskrif. (1)

TOTAAL: 10

[LU 3.6.1]

Kom ons voer ‘n onderhoud!

Rolspeel ‘n onderhoud met ‘n bekende sportpersoonlikheid op televisie.

Sit in pare. Besluit wie die onderhoud voer en wie die sportman/-vrou is.

Kies die sportpersoonlikheid. (Dit kan ook iemand wees wat al ouer is en nie meer die sport beoefen nie).

Besluit watter vrae gevra kan word sodat julle navorsing kan doen oor die sportpersoonlikheid se geskiedenis, persoonlike lewe en oor die sport self.

Skryf jou vrae neer as jy die onderhoudvoerder is

OF

Skryf jou antwoorde neer as jy die sportpersoonlikheid is.

[LU 2.2.1]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)

3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:

3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);

3.3 lees vir inligtng:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

2.

  • glase
  • bakke
  • eiers
  • snye
  • appels
  • borde
  • bordjies
  • broodrolletjies
  • wiggies
  • biefstukke
  • aartappels, koppies
  • porsies
  • nageregte:

3.

(a) 1770

(b) Amerika (OF die VSA)

(c) 200 jaar

(d) gevaarlik, beskerm, valhelm

(e) basketbalstewels

(f) Hulle beskerm die enkels en tone.

(g) Onwaar

(h) Eie opskrif, bv. skaatsplankry

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10970/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask