<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1.1 wen/herwin

1.2 toeneem

1.3 werk

1.4 moed

1.5 mag

1.6 kultuur

1.7 inisiatief

1.8 vaardig

2. Kan jy nog ander woorde (jou eie) van bogenoemde stamme aflei?Skryf hulle by bogenoemde, maar in ’n ander kleur.

LU 6.6

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer;
1.5 die impak van spesifieke woorde, frases en sinne verduidelik;
1.6 taalvariëteite herken en aanvaar.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ‘n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks;
6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel:
6.6 met woorde werk (afleidings).

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Leerder se eie volsinne.

  1. Afvalmateriaal word benut. / Werk word geskep deurdat hulle as potensiële entrepreneurs bemagtig word.
  2. Hulle leer nuwe vaardighede aan.
  3. Elke stoel is uniek en kunstig versier (Afrikaans).
  4. Hulle moet hul verworwe vaardighede in hul gemeenskap aanwend en werk skep.
  5. Selfs studente in grafiese ontwerp volg die kursus – dit het dus ‘n nuwe dimensie geskep.

AKTIWITEIT 2

1. objektiewe / subjektiewe taal

  1. groepwerk – bespreking – onderwyser moet leiding gee met paar eie voorbeelde.
  2. ... bo verwagting goed gepresteer ... / ... hierdie besonderse projek ... (opinie) Enige ander aanvaarbare voorbeelde, bv. Selfs so ver as Montagu

Talle voorbeelde – moet feitlik wees.

2. Tipies Kaapse, Bolandse of bv. Swartlandse aksent asook eiesoortige woordeskat – beklemtoon die variasie wat bestaan t.o.v. Afrikaans. Register: waar pas ‘n spesifieke soort taal. Die onderwyser kan verskynsels soos sleng, jargon en Standaard-Afrikaans bespreek en voorbeelde van leerders kry.

3. Voorbeelde van sleng met Standaardafrikaanse” verduidelikings.

4. Dit sou nie eg wees nie, want hierdie sprekers het waarskynlik nie ‘n sterk akademiese agtergrond nie, en hulle is in ‘n informele situasie.

AKTIWITEIT 3

1. Eie voorbeelde, bv. “span herwonne papier in” ... talle voorbeelde.

2. Eie sinne.

AKTIWITEIT 4

1. Afleidings

  1. herwonne
  2. toenemende
  3. werkloos(heidsprobleem)
  4. moedeloos
  5. bemagtiging
  6. (inter)kulturele
  7. (ge)inisieer
  8. vaardighede

2. Eie woorde in ander kleur.

AKTIWITEIT 5

1. Bedrywende vorm

  1. Hulle verpulp, vorm en verf enige soort papier.
  2. Hulle gaan dit moontlik aanstaande jaar op ‘n veiling verkoop om ‘n prys te bepaal.
  3. Die publiek kan die werke by die Kollege besigtig.
  4. Hulle het in Julie verlede jaar studente betrek.

2. ‘n Mens gebruik dit as jy die klem wil verskuif van die persoon na die aksie, m.a.w. as jy dit minder persoonlik wil maak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask