<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

Aktiwiteit 1

3. Behandel die volgende aspekte baie kortliks voor die leerders die vrae by hierdie oefening beantwoord. Dis ter wille van vaslegging tog sinvol om die opsies te herhaal wanneer u die leerders se werk nagaan.

LEESTEKENS

riglyne by gebruik van komma

  • tussen gesegdes (werkwoorde wat nie saam een aksie/handeling uitdruk nie)
  • by lyste wat opgenoem word
  • voor sekere voegwoorde (maar, want, ens.)
  • by ingevoegde/parentetiese sinne (toets hiervoor: die inligting verander nie as ek dié deel weglaat nie)
  • voor/ná tussenwerpsel

riglyne by gebruik van aanhalingstekens

  • direkte rede
  • titels van publikasies
  • woord wat in ander verband gebruik word/betekenis nie die normale
  • iemand se direkte woord(e) in stuk aanhaal

enkel-aanhalingstekens

  • enkel-aanhalinsgsteken word gebruik binne ’n aanhaling

riglyne by gebruik van uitroepteken

  • aan einde van sin waar sekere emosie uitgedruk word – woede, opgewondenheid, harde woorde

riglyne by gebruik van vraagteken

  • slegs ná direkte vraag
  • by retoriese vraag (waar antwoord in vraag opgesluit lê: Dink jy ek is onnosel?)

riglyne by gebruik van aandagstreep

  • volle sin of sinsnede binne sin
  • maak leser dikwels attent op inhoud van deel

riglyne by gebruik van dubbelpunt

  • voor lys wat gegee word
  • aanduiding dat verduideliking/opsomming volg
  • voor direkte rede

1. dui aan dat uitbreiding/verduideliking volg

2. lys woorde/herhaling van die woord

3. tussen twee gesegdes (werkwoorde wat nie na dieselfde handeling verwys nie)

4. weerskante van ingevoegde sinsnede

5. voor maar , asook ná tussenwerpsel

6. tussen gesegdes

7. voor maar

8. Moenie? kry; dis nie ’n direkte vraag nie

9. Soos 1.3.9 – dis mos nie sy direkte woorde nie - nie aangehaal

10. Korrek; direkte vraag

11. Net toe ek by die deur instap , vra Oupa : Kan ek asseblief die Huisgenoot kry , want ek moet nog die blokkiesraaisel invul. En môre moet ek dit pos ,” voeg hy by toe hy wegstap.

SPELLING

Dis sekerlik nie nodig dat u alle spelreëls met die leerders behandel nie; die onderstaande klompie is na my mening voldoende op graad 8-vlak. Lê asseblief klem daarop dat die reëls nooit in die eksamen gevra gaan word nie, maar dat kennis van die reëls beteken dat ’n leerder ook in ander gevalle die reël (waarskynlik) sal kan toepas.

  • Spelreëls by kappie
  • slegs op enkele vokale: o u, i – om ’n bepaalde klankkarakter uit te druk: bv: môre, brûe, wîe
  • by e wanneer dit ’n lang klank uitdruk – (bv.: miljoenêr, skêr, vêr/ver) NB kom nie voor wanneer die klank in ’n lettergreep gevolg word deur meer as een konsonant nie: perd, werd, ens.Spelreëls by koppelteken
  • [oorhoofse rede: vergemaklik lees (en dus verstaan)]
  • tussen vokale SLEGS wanneer daar klankverwarring kan wees
  • by baie lang woorde
  • ná langer voorvoegsel (“ kwasi -ernstige”)
  • tussen syfer, letter, simbool, letterafkorting in samestelling (gr. 8-klas, A-kandidate) Afkorting/simbool behou hoofletter wanneer dit aan einde staan: TV-lisensie, aspirant-PUK
  • herhalingsvorme: byna-byna, dum-dum-koeël
  • by-hulle: Piet-hulle
  • ruimtekoppelteken / weglatingsteken om aan te dui dat daar ’n woord(deel) moet wees: kinder- en mans drag , Spelreëls by afkappingsteken
  • aanduiding dat letter(s) weggelaat is: ’n, hy’s,
  • meervoude en verkleiningsvorme van WOORDE wat op -i, -o, -u eindig wat só uitgespreek word, en ook op -a wat lank uitgespreek word: balju, okapi, kambro, karba
  • meervoude en verkleiningsvorme van woorde op -e wat nie uitgespreek word nie: garage
  • meervoude en verkleiningsvorme van VANNE en EIENAME wat op -e -rs en -e eindig wat nie uitgespreek word nie [NB ‘t, -z, en alle ander moontlikhede geld nie]Spelreëls by deelteken
  • skakel klankverwarring uit wanneer letters TWEELETTERGREPIG gelees kan word: diëte , maar NIE dieet nie; finansiële , maar nie finansieel nie
  • dikwels a.g.v. tradisie: spieël

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask