<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ’n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  • Bewegingrigtings: na links, regs of opwaarts.
  • ’n Krag: die vermoë om werk te verrig; deur te stoot of te trek; wrywing is ook ’n voorbeeld van ’n krag.
  • Voorbeelde van wrywing: leerders kan baie voorbeelde noem, bv. die rubber van motorbande op teer, enjindele in die afwesigheid van ’n smeermiddel, ’n stoel op die vloer, skoensole op vloer, ens.
  • Tabel: aanvaar die leerders se tye.

Vrae (eerste stel):

1. Om ’n gemiddeld te kry wat ’n meer akkurate aanduiding gee, aangesien die omstandighede nie altyd presies dieselfde is nie.

2. Die wrywing verminder: baksteen alleen is meeste, karton/perspeks minder (vanweë gladde oppervlak), skaatsplank minste.

3. Smering, voorwerpe soos korrels wat tussen die twee vlakke lê, verklein die wrywingsoppervlak, ens.

4. Koeëllaers, suiers in silinders, tandratte, kettings, deurskarniere, stuurmeganisme, vering, spoedmeterkabel, domkrag, ens.

Vrae (tweede stel):

1. Kraguitwerkings:

  • Vorm: rugby-/sokkerbal, stresbal, toffie, lemoen wat uitgesuig word, bokser se gesig, ens.
  • Versnelling: fiets, kar, klip wat gegooi of met kettie geskiet word, iemand wat begin hardloop, ens.
  • Kragte sonder aanraking: magneet, aarde, maan (bv. getye by die see).
  • Afstotingskragte: magneet, lug van straalvliegtuigenjin wat vliegtuig vorentoe stoot, ens.

2. Illustrasies:

  • Vormverandering, versnelling
  • Afstotingskrag
  • Vormverandering

Aktiwiteit 2:

  • Help die leerders met ’n raamwerk in terme waarvan die verslag geassesseer gaan word:
  • Beplanning (probleemstelling, bronidentifisering)
  • Uitvoering (data-insameling)
  • Data-evaluering en -kommunikering)
  • Waardering van wetenskap as ’n menslike bemoeienis

Aktiwiteit 3:

Massa: gemeet in gram of kilogram

Vrae:

1. 10N

2. Gewig word bepaal deur die aantrekkingskrag van die aarde, wat nie oral dieselfde is nie. Massa bly onveranderd.

3. Leerder se antwoord

4. Leerder se massa in kg X 10N

5. Massa X 0,6N

6. Gewig dui op die krag waarmee die aarde die liggaam aantrek. Dus moet dit in dieselfde eenheid gemeet word.

7. -

8. Die trekskaal meet die aantrekkingskrag van die aarde direk. ’n Weegskaal meet deur die voorwerp met ’n bekende massa te vergelyk (‘gewigte’) of deur ’n gekalibreerde weerstand (bv. ’n veer) te gebruik.

Aktiwiteit 4:

Vrae:

1. ’n Veer

2. Wrywing kom by trekaksie by

3. In erkende meeteenhede afgemerk, bv. die metrieke eenhede

4. 2,5 Kg X 10N = 25 Kg

5. Herinstelling is moontlik

6. Gravitasie en wrywing

7. Gewig: aantrekkingskrag van aarde op massa

Massa: die hoeveelheid materie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask