<< Chapter < Page Chapter >> Page >

China : 1,2 biljoen

Afrika : 568 miljoen

Indonesië : 191 miljoen

Die Russiese Republieke : 293 miljoen

Indië : 840 miljoen

Ander nasies : 326 miljoen

Nie-verbruikers : 1,9 biljoen

Julle moet nou hierdie sirkeldiagram van byskrifte voorsien na aanleiding van bogenoemde inligting. Elke sektor moet ook ingekleur word. Onthou om elke sektor ‘n ander kleur te maak.

LU 5.3.2

6. SKRIFTELIKE WERK

Hier volg nou sleutelwoode en frases wat betrekking het op die bestanddele en die resep van Coke. Julle moet nou hierdie sleutelwoorde en frases gebruik om in volsinne te beskryf hoe Coke gemaak word.

  • Voorsien die skriftelike werk van ‘n opskrif.
  • Onthou om ook in paragrawe te skryf. Jy behoort drie paragrawe te skryf. Maak gebruik van voegwoorde!
LU 4.1.2

7. MONDELING

Jy moet ‘n nuwe slagspreuk of klingel vir Coke skryf en dit vir jou klasmaats kom sê, sing of speel! Die enigste hulpmiddel is ’n leë blikkie of ‘n leë bottel Coke.

LU 4.5.1

Assessering

LU 3
LEES EN ONDERSOEK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak);
3.4.2 lees eenvoudige diagramme, grafieke en tabelle;
3.5 ontleed advertensies en pamflette;
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.1 pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe (soos: soeklees ‘n telefoongids; stiplees instruksies; vluglees ‘n koerant se opskrifte);
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;
4.3 skryf vir persoonlike besinning;
4.4 skryf skeppend;
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos ”handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?);
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.2 doen eenvoudige navorsing en skryf ‘n verslag wat instrumente soos grafieke, tabelle, diagramme en statistiek insluit;
5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n grafiek of tabel te skep of byskrifte by ‘n diagram te skryf).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.1 woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: vriende, wêreld,vyftien, wanneer);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.10 die ontkennende vorm (soos: Ek hou nie van brood nie; Niemand sal dit doen nie);
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

  1. (1)

(a) 1886

(b) Amerikaner

(c) apteek, medisyne

2.

(a) tonikum

(b) driebeenpot

(c) hoofpyn

(d) water

3.

(a) Saterdag

(b) sodapomp

4.

(a) Pemberton het sodawater by sy medisyne gevoeg.

(b) Almal het gedink hierdie drankie was heerlik.

5.

(a) Pemberton het voor sy dood die resep aan ‘n

besigheidsman verkoop.

(b) Chandler het die Coca-Cola maatskappy tot ‘n reuse maatskappy opgebou.

6. eie keuse

10. AF

1. Microsoft

2. Kentucky

3. Ford

  1. Disney

3. DWARS

1. Ibm

2. Boeing

3. McDonalds

4. Pepsi

  1. A.

(1) Coke is die bekendste koeldrank en dit is ‘n Amerikaanse

produk.

(2) Coke adverteer hulle produk baie, daarom ken mense dit.

(3) Baie mense verkies Coke omdat dit verfrissend is.

(4) Ek drink graag Coke, maar ek hou ook van Fanta.

(5) Coke bevat suiker, dus gee dit energie.

(6) Dis ‘n feit dat Coke baie gewild is.

(7) Ek hou van Coke, want dit les my dors.

(8) Coke is die bekendste, terwyl Sprite en Fanta ook al hoe meer gedrink word.

4. B.

  • omdat
  • Dus
  • maar
  • en
  • Nadat

6. Die resep vir Coke

Die resep vir klassieke Coke bestaan uit ‘n mengsel van suiker en water, waarby karamel, kleur(sel), fosforsuur vir die suur smaak en kafeïne – almal natuurlike geursels – gevoeg word. Die hoeveelhede van die bestanddele is ‘n goedbewaarde geheim en voldoen aan gesondheidswette.

Die presiese kombinasie staan bekend as “Sewe X”. Slegs drie mense het die resep al gesien. Die formule word in ‘n bankkluis in Atlanta bewaar.

Coke word in baie lande gemaak en verkoop.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask