<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Mynbou in Suid-Afrika

Aktiwiteit 2:

Om die verskillende mynbou-aktiwiteite op ‘n kaart te identifiseer en neer te skryf

[lu 1.2]

  • Raadpleeg die kaart en skryf die verskillende mynbou-aktiwiteite wat in elke stad of dorp aangetref word, neer.

OMGEWINGSOPVOEDING

  • Eerstens moet mense verstaan hoe politieke prosesse werk, sodat almal aktief en doeltreffend kan deelneem aan besluitneming oor omgewingskwessies op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.
  • Tweedens moet aan alle mense die geleentheid gebied word om daardie kennis en insig te verwerf wat hulle in staat sal stel om ingeligte keuses te maak en besluite oor omgewingskwessies te neem. - Baie mense verstaan nie die verband tussen hul persoonlike lewenstyl, die verligting van armoede, die verbruik van hulpbronne, omgewingsverval, en, uiteindelik, die oorlewing van die mensdom nie. - Hulle besef eenvoudig nie hoe hulle deur die verandering van hul daaglikse gewoontes andere kan help en ‘n positiewe invloed op die natuurlike omgewing kan hê nie. - Daar moet eers aan hulle uitgewys word hoe ‘n aanvaarbare lewensgehalte vir almal afhang van die oordeelkundige, volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne.

Verstedeliking

  • Stede skep welvaart en is die belangrikste sentra vir opvoeding, werk, groter ekonomiese geleenthede, gesondheidsorg en kulturele geleenthede. Stede is egter gewoonlik ook groot verbruikers van natuurlike hulpbronne, met ‘n bykans onversadigbare behoefte aan water, krag, voedsel en grondstowwe. Baie van hierdie bronne word op onvolhoubare wyse benut.
  • Sonder behoorlike beplanning verswelg groeiende stede uitgestrekte gebiede en groot oppervlaktes vrugbare grond gaan in die proses verlore.
  • Stede genereer massiewe hoeveelhede afvalstowwe wat die lug, grond en water ver buite die stadsgrense besoedel, terwyl dit ook die lewensgehalte van stedelinge aantas en selfs in gevaar stel.
  • ‘n Gebrek aan doeltreffende volhoubare ekonomiese ontwikkeling op die platteland dwing talle jong en ekonomies aktiewe mense om hierdie gebiede te verlaat en versteur so die maatskaplike balans.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer en kies (gebruik veldwerk en ander ondersoekmetodes) [vind bronne];
  • 1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

KAAPSTAD: Olieraffinadery

Ingenieurswerke

Voertuie

Tekstiel en klerasie

Chemikalieë en kunsmis

Kos, drank en tabak

SALDANHA: Yster en staal

MOSSELBAAI: Olieraffinadery

Ingenieurswerke

Kos, drank en tabak

PORT ELIZABETH: Motors

Chemikalieë en kunsmis

Tekstiel en klerasie

Kos, drank en tabak

OOS LONDEN: Motors

Chemikalieë en kunsmis

Kos, drank en tabak

DURBAN: Olieraffinadery

Ingenieurswerke

Voertuie

Chemikalieë en kunsmis

Tekstiel en klerasie

Kos, drank en tabak

RICHARDSBAAI: Alluminiumprosessering

Chemikalieë en kunsmis

Kos, drank en tabak

KIMBERLEY : Ingenieurswerke

Papier

Kos, drank en tabak

BLOEMFONTEIN: Tekstiel en klerasie

Ingenieurswerke

Kos, drank en tabak

SASOLBURG: Olie uit steenkool

Chemikalieë en kunsmis

VEREENIGING: Yster en staal

WITBANK: Ingenieurswerke

JOHANNESBURG: Papier

Chemikalieë en kunsmis

Ingenieurswerke

Olieraffinadery

Yster en staal

Kos, drank en tabak

Leerwerke

PRETORIA/ TSWANE: Kos, drank en tabak

Ingenieurswerke

Yster en staal

AKTIWITEIT 2

ALEXANDERBAAI: Olieraffinadery

PORT NOLLOTH: Ingenieurswerke

KIMBERLEY: Voertuie

WELKOM: Tekstiel en klerasie

JOHANNESBURG: Chemikalieë en kunsmis

Kos, drank en tabak

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask