<< Chapter < Page
  Lewensvaardighede graad 2     Page 2 / 2
Chapter >> Page >

Vind uit wat jou eie godsdiens sê oor hoe ‘n mens na jou liggaam behoort te kyk. Wat dink jy?

Wat is jou eie mening oor hoe jy na jou liggaam moet kyk?

Onthou dat oefening ook belangrik is!

Skryf jou mening op ‘n foliobladsy. Het jy al drie dele van die vraag beantwoord? Hoe goed dink jy was jou antwoorde? Merk die blokkie wat wys hoe jy oor jou antwoorde voel.

Opdrag: Volg ek ‘n goeie dieet?

Skryf in julle groep drie vrae neer wat julle vir julle ouers kan vra om te bepaal of julle gesonde eetgewoontes het. Dink aan die gedeeltes wat ons oor voedsel gelees het en wat jy reeds oor gesonde kos weet.

Skryf jou vrae neer.

Skryf Mamma of Pappa se antwoorde neer.

Jy het nou al die inligting versamel. Vergelyk jou antwoorde met dié van jou maats.

  • Voel jy nog steeds dat jy gesonde eetgewoontes het?
  • Wat kan jy doen om jou eetgewoontes te verbeter?

Vra vyf van jou maats hoeveel keer hulle in ‘n maand kitskos eet.

  • Voltooi die diagram.

Wie van jou maats eet die gesondste?

Leeruitkomstes(lus)lewensoriënteringlu 1bevordering van gesondheiddie leerder kan ingeligte besluit neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.assesseringstandaarde(ase)dit is duidelik wanneer die leerder:1.1beskryf bronne van suiwer en onsuiwer water en eenvoudige metodes om water te suiwer;lu 2sosiale ontwikkelingdie leerder kan begrip toon van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede en toon sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.dit is duidelik wanneer die leerder:2.4waardes en morele oortuigings uit ‘n verskeidenheid suid-afrikaanse kulture kan identifiseer.lu 4fisiese ontwikkeling en bewegingdie leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.dit is duidelik wanneer die leerder:aan aktiwiteite deelneem om kontrole, koördinasie en balans in basiese lokomotoriese, oplig- en draaivaardighede te ontwikkel – met apparaat.kuns en kultuurlu 2reflekteringdie leer kan krities en kreatief reflekteer op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style in die verlede en die huidige kontekste.dit is duidelik wanneer die leerder:2.2(musiek) – luister na en reageer deur te beweeg op die maat van note wat stap, hardloop en hop voorstel in liedjies uit die onmiddellike omgewing.natuurwetenskaplu 1wetenskaplike ondersoekedie leerder kan met vertroue reageer oor natuurverskynsels en kan verhoudinge ondersoek en probleme oplos in die wetenskaplike tegnologiese en omgewingskontekste.dit is duidelik wanneer die leerder:1.1beplan: ‘n ondersoek as lid van ‘n groep beplan;1.2doen: onafhanklik of as deel van ‘n groep aan ‘n beplande aktiwiteit deelneem;1.3hersien: wys en verduidelik wat die bedoeling was en hoe dit gedoen is.assessering

Memorandum

  • Dit is belangrik dat die leerders sien dat die dieetgebruike in baie godsdienste ‘n poging is om hulle gode te vereer. Soms het dit as gevolg van eenvoudige higiëne ontstaan. Op hierdie vlak kan dit egter beskou word as ‘n manier om hulle liggame skoon en gesond te hou, sodat God daardeur gedank word vir die gawe van Lewe.
  • Gedurende die voltooiing van bogenoemde take moet ateïste of leerders wat nie kerk toe gaan nie, verseker word dat hulle eenvoudig hulle eie mening kan gee. Leerders wat self navorsing kan of wil doen, kan die dieetgewoontes van ander gelowe naslaan en dit met die klas kom deel.
  • Die blokkies kan gebruik word om die taak duidelik te definieer vir die leerders of opvoeder om hul werk te assesseer. Verduidelik aan die leerders wat van hulle verwag word om ‘n vrolike gesiggie te verdien, of ‘n 5 as dit geassesseer word. Hulle moes al drie dele van die vraag voltooi het, en bv. ‘n rede gee wanneer hulle praat oor oefening wat belangrik is vir ‘n gesonde liggaam. Waarom dink hulle dat oefening belangrik is?
  • In die volgende taak keer ons terug na Robinson. Hy is in staat om na sy basiese behoeftes om te sien terwyl hy in goeie gesondheid verkeer. Lei die gesprek na wat Robinson sou doen as hy siek word. ‘n Gewone verkoue sou vir hom ‘n terugslag wees as hy nie sy normale take kon uitvoer nie. Hoe kan dit verhoed word? Help die leerders om die belangrikste verskil tussen griep en ‘n verkoue te verstaan. Terwyl die leerders ‘n lysie maak van simptome, word die volgende feite toegelaat om deur te skemer.
  • Herinner die leerders aan die belangrikheid van oefening om ‘n gesonde liggaam op te bou. Spiere moet rek en beweeg, dus moet ‘n mens nie die hele dag in een posisie sit nie. Sluit ‘n paar lesse in beweging in: stap, draf, springstap (skip) en hardloop. Ook dans laat die spiere beweeg. Laat tyd toe vir vrye “dans” aan die einde van die les.
  • Sluit by elke sessie ‘n paar oefeninge in om soepelheid te verseker, soos tone raak (laat veral aan die begin die knieë toe om te buig), kruisbeen sit, en die liggaam strek in verskillende vorms. Beklemtoon altyd rugsorg en die feit dat mens net moet doen wat jou liggaam kan. Moenie kyk wat iemand anders doen nie – luister net na jou eie liggaam. As iets seerkry, STOP! Eindig met ‘n speletjie (of “danstyd”) en afkoeltyd.
  • Leerders kan die laaste paar minute met toe oë lê of sit in ‘n volkome ontspanne posisie. Kies ‘n wenner of laat hulle een vir een opstaan en ‘n ry vorm of teruggaan klas toe. Dit dra ook by om weer dissipline te bewerkstellig na ‘n opwindende les!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask