<< Chapter < Page Chapter >> Page >

6.1 Hoeveel Britse pond (£) sal iemand uit Brittanje betaal vir dieselfde maaltyd as die Rand-Pond-wisselkoers 14,85 is?

einde van KLASWERK

HUISWERKOPDRAG

1. Vind uit wat die omset van ’n besigheid is. Beskryf dit en gee ’n voorbeeld.

2. Stel ’n beter begroting op vir die Jacobs gesin, en besluit hoe die res van die inkomste bestee moet word. Dink veral aan moontlike uitgawes wat nie op die gegewe lys is nie.

3. Iemand leen R12 000 teen 11% per jaar. Na die eerste maand betaal sy elke maand R900 terug. Hoeveel maande, na jou mening, sal dit neem tot die volle bedrag afbetaal is? Wys al jou berekeninge netjies.

4. As jy 3 miljoen rand in die Lotto wen en dit belê teen 10,5% per jaar, hoeveel rente kan jy verwag as dit jaarliks uitbetaal word? En maandeliks? En weekliks? En daagliks? En hoeveel het jy dan nog in die bank? Benader jou antwoorde tot die naaste rand.

5. As jy nie ’n lening wil aangaan om die motortjie te koop nie, maar jy kan R1 500 per maand spaar (teen ’n 13,5% jaarlikse rentekoers) totdat jy genoeg het om R66 000 vir die motor te betaal, hoe lank sal dit jou neem?

6. Jy toer in Amerika en wil graag na Disney World toe gaan. Jy kan by ’n groep aansluit wat ’n sesdagtoer aanbied vir $1 740, wat alle onkoste dek. Die huidige wisselkoers is R9,55 per dollar. Werk uit hoeveel rand jy sal moet betaal vir hierdie pakket.

einde van HUISWERKOPDRAG

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Bewerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
1.1 die historiese ontwikkeling van getallestelsels in ’n verskeidenheid historiese en kulturele kontekste (insluitend plaaslik) kan beskryf en illustreer;
1.2 rasionale getalle (insluitend baie klein getalle in wetenskaplike notasie) herken, gebruik en kan voorstel en gemaklik tussen ekwivalente vorms in geskikte kontekste kan beweeg;
1.3 probleme in konteks kan oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om bewustheid by leerders te onwikkel van ander leerareas sowel as van menseregte, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies soos:
1.3.1 finansiële kontekste (insluitend wins en verlies, begrotings, rekeninge, lenings, enkelvoudige en saamgestelde rente, huurkoop, wisselkoers, kommissie, verhuring en die bankwese);
1.3.2 metings in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
1.4 probleme oor verhouding, koers en eweredigheid (direkte en omgekeerde) oplos.

Memorandum

TOETS

1. ‘n Speelgoedwinkel:

Bereken die netto inkomste uit die volgende gegewens, en sê of dit ‘n wins of verlies is.

Uitgawes: Huur van perseel: R1 450

Water– en ligterekening: R380

Telefoonrekening: R675

Lone van personeel: R7 530

Aankope van speelgoed van groothandelaar: R67 550

Verpakkingsmateriaal: R1 040

Inkomste uit verkope: R92 406

2. Joey leen vir ses maande R780 by sy pa om sy fiets op te knap. Sy pa vra 8% rente per jaar. Hoeveel moet Joey na ses maande terug betaal?

3. Jy kry ‘n R12 000 erflating van ‘n tante se boedel. Jy mag dit egter eers oor vyf jaar kry wanneer jy 19 is. Intussen word dit belê teen 13,5% per jaar saamgestelde rente. Hoeveel word aan jou uitbetaal na vyf jaar?

4. Die rand-eurowisselkoers is 8,75. Hoeveel rand moet jy omruil as jy 11 500 euro gaan benodig vir ‘n vakansie in Europa?

Memorandum

1. Netto Inkomste = Totale Inkomstes – Totale Uitgawes = R92 406 – R78 625 = R13 781

En dit is ‘n wins.

2. Vir ‘n jaar beloop die rente R62,40. Vir ses maande skuld hy sy pa R811,20 in totaal.

3. Na een jaar is daar R13 620 in die bank.

Na twee jaar: R15 458,70

Na drie jaar: R17 545, 62…

Na vier jaar: R19 914,28…

Na vyf jaar: R22 602,71 benaderd tot die naaste sent

4. Rand = 8,75 × 11 500 = R100 625

Memoranda

  • Die opvoeder moet probeer om hierdie leereenheid uit te brei met die lewenservaring en agtergrond van die leerders as grondslag. Hierdie paar voorbeelde en oefeninge val dalk buite die ervaringsveld van u leerdergroep.

KLASWERK

1.1.1 Netto inkomste = (36 000 + 1 250 + 9 500 ) – 49 000 = –2 250 ( R2 250 verlies )

1.1.2 (85 000 + 95 000 + 63 550) – (120 560 + 15 030 + 55 250) = 52 710 rand wins

1.1.3 Verlies = R1 100

2.1 Daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord nie – dit gaan slegs om die proses.

3.1 R3 972,50

4. Die laaste voorbeeld (Kevin) is eintlik meer as net saamgestelde rente – dis hoe ‘n annuïteit werk. Dit is ‘n gewilde spaarmeganisme – bied dit gerus as verryking aan.

Later maak die leerders kennis met gemene faktore, dan sal hulle die patroon van die saamgestelde renteberekening kan waardeer.

4.1 1 375 + 3 100 + 910,42 = R5 385,42

5.1 Ongeveer R105 100

5.2 Ongeveer R85 000

6.1 £2,36

HUISWERKOPDRAG

1. Omset is die totale bedrag wat uit verkope gemaak word, voor aftrekkings.

2. Beoordeel hier die proses en nie die antwoord nie.

3. 15 maande (die bedrag in die 15de maand is minder).

4. Jaarliks: R315 000; maandeliks: R26 250; weekliks: R6 058; daagliks: R865

5. Effens minder as twee jaar (in twee jaar kan sy amper R70 000 spaar).

  1. R16 617

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask