<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3.3 lees vir inligting:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.6.4 los woordraaisels op;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek;

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing

4.5 hanteer skryf as ‘n proses:

4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);

4.5.2 lees dit krities deur;

4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;

4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

4.6.2 spel bekende woorde korrek.

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (soos ‘n beskrywing van ‘n eenvoudige proses in Tegnologie);

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.3 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos die stappe in ‘n proses);

5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:

5.3.2 ontwerp, teken en skryf byskrifte by kaarte, tabelle, grafieke en diagramme;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);

6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);

6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:

6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);

6.3.5 gebruik eie woordeboek.

Memorandum

2.

(a) waar

(b) onwaar

(c) waar

(d) onwaar

(e) waar

(f) waar

(g) waar

(h) waar

(i) onwaar

(j) onvoldoende besonderhede

3. Op hierdie dag vier ons die manier waarop al die verskillende mense in ons land mekaar aanvaar, verstaan en saamleef.

5.

(a) Walvisse is baie groot en dolfyne is kleiner.

(b) Walvisse is baie groot, maar dolfyne is kleiner.

(c) Walvisse lê nie eiers nie, want hulle is soogdiere.

(d) Walvisse lê nie eiers nie, omdat hulle soogdiere is.

(e) Die blouwalvis is die grootste en die moordwalvis is die kleinste.

(f) Die blouwalvis is die grootste, maar die moordwalvis is die kleinste.

(g) Walvisse is gejag, want mense kon geld maak.

(h) Walvisse is gejag, omdat mense geld kon maak.

6.

(a) vuur

(b) geld

(c) slang

(d) brief

(e) kat

(f) brood

(g) hond

(h) groen, maroen

(i) sap

(j) voet

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask