<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Mike se naam is Omar wanneer hy 'n nar is. Hy en nog 'n nar, Coco, laat die mense dadelik skaterlag wanneer hulle aan die beurt kom. Omar is altyd die nar wat die meeste val, sopnat word en die domste is. Dis egter hoe hy wil hê dit moet wees. "Om mense te laat lag, is waaroor dit gaan as jy 'n nar is," sê hy.

Dis ook Omar se taak om programme te verkoop. Hy loop rond tussen die mense wanneer hy dit doen. Dis baie belangrik vir ‘n sirkusnar om so na as moontlik aan die gehoor te kom. Hy maak dan grappies met die kinders, skud hand met hulle en deel sy handtekening uit.

Selfs wanneer sirkusnarre nie besig is met 'n roetine nie, moet hulle altyd gereed wees om te gaan optree. Wanneer daar 'n ongeluk is of van die ander artieste nog nie gereed is nie, moet die narre altyd die gehoor gaan vermaak.

Na die vertoning verwyder Omar sy grimering, trek sy kostuum uit en bad of stort. Dan is hy weer … Mike.

  • Om goed te verstaan wat jy lees, moet jy taamlik vlot en noukeurig lees.

Vlot - maklik, vinnig

Noukeurig - presies en deeglik

  • Wanneer jy op 'n woord afkom wat jy nie verstaan nie, kan jy dit in 'n woordeboek naslaan.
  • Om te verstaan wat jy lees, moet jy die hoof gedagtes kan uitken. Waaroor gaan elke paragraaf?
  • Onderstreep of omkring die sleutelwoorde in elke paragraaf. Gebruik hierdie sleutelwoorde om die hoofgedagte van die paragraaf in een sin oor te skryf.
  • Soms bevat die eerste sin van ‘n paragraaf die hoofgedagte en kan jy dit net so oorskryf.

(a) Hierdie leesstuk kan dus heelwat korter wees, maar steeds al die hoofgedagtes bevat. Volg nou al die stappe en skryf in 8 tot 10 sinne oor 'n dag in die lewe van 'n sirkusnar.

LU 5.3.1

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...);
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?);
2.4.6 wissel tale af, indien nodig.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.4 identifiseer kerngedagtes;
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.3 begin om leesspoed te verbeter en te evalueer;
3.7 lees vir genot:
3.7.1 lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die gepaste lees- en taalvlak;
3.8 toon begrip van die gebruik van naslaanwerke;
3.8.2 gebruik ‘n woordebowk en verstaan ‘n woordeboekinskrywing (spelling, klem, uitspraak, woordsoort, betekenis);
3.9 demonstreer ‘n leeswoordeskat van 4 000 tot 5 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 5 500 woorde te mik.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.2 defineer en klassifiseer;
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.1 kies relevante inligting en skryf aantekeninge (identifiseer kernwoorde en –sinne, stel ‘n lys belangrike punte saam);
5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n grafiek of tabel te skep of byskrifte by ‘n diagram te skryf);
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.1 woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: vriende, wêreld, vyftien, wanneer);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.1 alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;
6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die) en telwoorde (soos: veertien, laaste);
6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens);

Memorandum

1.

(a) China; lag

(b) Italië

akrobatiese toertjies

diamantvormig

(c) pierrot; Frankryk

wit

(d) Die sirkusnar vermaak alle mense.

(e) Die nar moet mense laat lag.

pierrot; hofnar; sirkusnar; harlekyn

hanswors

3.

  • 31; een-en-dertig
  • 5; vyf
  • 4; vier
  • 18; agtien
  • 9; nege
  • Hulle rus.

(b) 3 Maart

8 Maart

27 Maart

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask