<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 5:

Om navorsing oor verwoestyning te doen en ‘n verslag daaroor te skryf

[lu 1.4, 2.3]

  • Die mens veroorsaak dat woestyngebiede al hoe groter word. Dit word verwoestyning (of woestynvorming) genoem. Gaan doen navorsing hieroor. Skryf dan ‘n verslag van ongeveer een bladsy daaroor. Maak ook voorstelle oor hoe die probleem aangespreek kan word.

TOENDRABIOOM EN YSVELDE

  • Die Toendrabioom kom noord van 65 o N voor, in ‘n breë sone rondom die Noordelike Yssee in Alaska, Kanada, Groenland en Ysland, tot aan die Beringsee in die ooste van Asië. In die Suidelike Halfrond is dit net ‘n klein kolletjie op Vuurland aan die suidpunt van Suid-Amerika wat dit verteenwoordig.
  • Die Toendra verduur uiters koue klimaatstoestande. Gedurende die lang, donker wintermaande daal die temperatuur tot ver onder vriespunt. Sneeustorms en yskoue winde waai aaneen. Dan groei niks nie. Die plante het ‘n lang rusperiode, want die grond is gevries.
  • Gedurende die somer kan die temperatuur tot ± 10 o C styg, maar die somer is maar net 3 – 4 maande lank. Net die boonste grondlagie ontdooi en die gesmelte water kan nie wegsyfer nie. Baie areas word oorstroom en ‘n moerasagtige oppervlakte is die gevolg. Die reënval in die streke is maar ongeveer 250 mm per jaar en die verdampingsyfer is baie laag. Water kry dus nie kans om behoorlik af te loop nie.
  • Die toendraplantegroei moet dus aangepas wees by baie lae temperature en ‘n oormaat water. Plante groei baie vinnig. Hulle word skielik in die somer wakker en groei dan oornag. Mosse, kosmosse, varings, klein bossies, gras en selfs blomme verskyn. Die dierelewe is goed aangepas by die natuur. Rendiere, wolwe en bere is die bekendste voorbeelde.
  • Die area is baie yl bevolk. Die Eskimo’s van Groenland is ‘n voorbeeld van die nomadiese groepe wat hier woon.
  • Die Yswoestyne is die onherbergsame gebiede wat Antarktika (sesde kontinent), groot dele van Groenland, die Noordelike Ysseegebiede en bergtoppe wat altyd met sneeu bedek is, insluit. Hierdie yswoestyne is nie deel van die Toendrabioom nie.
  • Hierdie gebiede is so koud dat byna geen plantegroei voorkom nie. Landdiere is ook byna afwesig, maar seediere soos ysbere, walvisse, robbe en see-olifante is volop. Verskillende voëlsoorte het hul broeikolonies in dié areas.

Aktiwiteit 6:

Om navorsing oor antarktika te doen en dan die klimaat-toestande van yswoestyne te beskryf

[lu 1.5]

Beskryf die klimaattoestande van die yswoestyne nadat jy navorsing oor Antarktika gedoen het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
  • relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
  • breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
  • inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • kan verduidelik waarom meer mense op sommige plekke woon as ander;
  • kan identifiseer hoe toegang tot verskillende soorte hulpbronne ontwikkeling op verskillende plekke beïnvloed;
  • sommige maniere waarop die samelewing die omgewing verander het, beskryf.

Memorandum

Sirkelgrafiek:

  • Woude
  • Gras

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask