<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Dorp toe

Module 26

Die bloemiste

Akiwiteit 1

Om van verkleinwoorde te leer [lu 6.2.6]

In die module 25 praat die seuntjie van 'n haantjie.

'n groot haan; maar 'n klein haan tjie .

Ons voeg gewoonlik –tjie by om verkleinwoorde te vorm.

Pas die volgende reëls toe om verkleinwoorde te vorm :

  • Indien 'n woord op 'n -d of 'n -t eindig, voeg ons -jie by.

loodsoldaat ...............................................................................

boot ...............................................................................

brood ...............................................................................

  • Indien 'n woord 'n kort klinker het, verdubbel ons die medeklinker en voeg ons -ie by.

vlag ...............................................................................

pop ...............................................................................

rok ...............................................................................

  • Indien 'n woord 'n lang klinker het, val een van die klinkers weg en voeg ons -ie by.

doos ...............................................................................

stoof ...............................................................................

graaf ...............................................................................

  • Nog kort klinkers, maar nou voeg ons -etjie by nadat die medeklinker verdubbel het.

motorkar ...............................................................................

tol ...............................................................................

teestel ...............................................................................

Leer hierdie reëls in verband met verkleinwoorde en leer die spelling van die woorde.

Aktiwiteit 2

Om eenvoudige vrae te vra en kennis te maak met die vraende voornaamwoord [lu 2.1.1, 6.2.8]

BY DIE BLOEMISTE

(Mondelinge vraagstelling)

Pappa het vanoggend 'n bos geel blomme vir Mamma bydie bloemiste gekoop.

Werk in pare en neem beurte om vrae aan jou maat oor die sin te vra.

Begin elke keer met een van die volgende woorde :

Wie . . . ?

Vir wie . . . ?

Wat . . . ?

Waar . . . ?

Wanneer . . . ?

Maak nou julle eie sin soos hieronder aangedui en gee dit vir 'n maat om vrae daaroor op te stel.

Vul net die woorde in:

......................................................... het ................................................ 'n

................................................. .....vir ............................................. by die

.......................................................

Aktiwiteit 3

Om kennis te maak met die hulpwerkwoord [lu 6.2.12]

VERKEERD GEKOOP

('n Mondelinge aktiwiteit met die gebruik van kan, wil, sal en mag)

Dit gebeur so baie dat jy iets koop wat jy nooit gebruik nie.

Byvoorbeeld :

Ek het 'n nuwe boek gekoop, maar ek kan dit nie lees nie.

Ek het lekkers gekoop, maar ek mag dit nie eet nie.

Ek het 'n nuwe skêr gekoop, maar dit wil nie knip nie.

Ek het 'n present gekoop, maar ek sal dit nie oopmaak nie.

Kyk na die betekenisse van die volgende woorde.

kan - can kan nie - cannot
mag - may mag nie - may not
wil - want to wil nie - don’t want to
sal - will sal nie - will not

Dieselfde het met die volgende artikels gebeur. Werk in pare en neem beurte om die sinne mondelings te voltooi.

1. Ek het ‘n rok gekoop, maar ... (dra)
2. paar skoene (aankry)
3. seël (plak)
4. koek (eet)
5. potlood (skryf)
6. bottel medisyne (drink)
7. bal (bons)
8. potplant (groei)
9. voëltjie (sing)
10. radio (speel)

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

211 eenvoudige vrae vra (soos vrae om duidelikheid te verkry).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: rok/rokke; appel/appels; boekie; skoentjie; man/vrou; seun/meisie);

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde;

6.2.12 hulpwerkwoorde om moontlikheid, waarskynlikheid en noodwendigheid uit te druk (soos: Ek wil/kan/sal dit doen).

Memorandum

Aktiwiteit 1

Indien ‘n woord op ‘n –d of ‘n –t eindig, voeg ons –jie by.

loodsoldaatjie

bootjie

broodjie

Indien ‘n woord ‘n kort klinker het, verdubbel ons die medeklinker en voeg ons –ie by.

vlaggie

poppie

rokkie

Indien ‘n woord ‘n lang klinker het, val een van die klinkers weg en voeg ons

–ie by.

dosie

stofie

grafie

Nog kort klinkers, maar nou voeg ons –etjie by nadat die medeklinker verdubbel het.

motorkarretjie

tolletjie

teestelletjie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask