<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vlokkie se ander streek is dat hy gek is na een van Tyger Burger se verslaggewers. As hy haar sien, roep hy altyd: “Hello, Bokkie!” wat “Bokkie” natuurlik terstond op die vlug laat slaan.

Reaksie

’n Mens se reaksie op bedelary hang in groot mate mate af van hoe jy die dag voel. Soms gee jy; ander kere baklei jy met die bedelaars en soms jak jy hulle af.

Daar is kere dat ’n mens eenvoudig voel jy moet maar gee. Een bedelaar in die omgewing van “die oog” op Bellville se kerkplein het die uwe eendag getakel met ’n unieke versoek. Pleks van die gewone onsin, het hy op die man af gevra: “Mevrou, ek sal nou nie lieg nie. Ek soek vyf rand vir wyn.”

Reg of verkeerd, teen eerlikheid het “mevrou” geen verweer nie. Wanneer iemand ook seep, tandepasta of ’n tandeborsel versoek, kan ’n mens dit moeilik weier. As jy egter Lux aanbied en die bedelaar verkies Palmolive, wonder jy wat van die Engelse spreekwoord “beggars can’t be choosers” geword het.

  • Beantwoord die onderstaande vrae in volsinne, tensy anders gevra.

1. Verduidelik wie “die uwe “is.

2. Waar word die meeste bedelaars aangetref?

3. Wanneer voel ‘n mens nie so sleg om vir bedelaars geld te gee nie?

4. Wat bepaal of ‘n mens iets gaan gee, of nie?

5. Hoe voel die skrywer van hierdie rubriek oor die feit dat baie buitelanders deesdae eiendom in Suid-Afrika koop?

6. Watter twee dinge in verband met die Amerikaner het die skrywer se kollega laat lont ruik?

7. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Verskaf ‘n rede, dit mag ook ‘n aanhaling wees.

7.1 As die bedelaar reguit en eerlik sê wat hy met die geld wil maak, gee die skrywer niks vir hom nie.

7.2. Die sogenaamde Amerikaner se pa wil alleen ‘n wingerdplaas koop.

8. Verklaar in jou eie woorde wat die volgende uitdrukkings beteken:

8.1 bekkige bedelaars (opskrif)

8.2 ore aansit

8.3 om die wind uit iemand se seile te haal.

9. Vind ‘n woord in die teks wat dieselfde beteken as:

9.1 aarsel

9.2 dadelik

9.3 kroeg

LU 3.3

AKTIWITEIT 2:

Taal en begripstoets

  • Onthou jy nog alles wat ons reeds bespreek en gedoen het? Lees die volgende artikel en dan kyk ons hoe vaar jy met die hersieningsoefening.KRIMP-KAR

1. Elkeen wat al laat was vir ‘n afspraak en nie parkeerplek kon kry nie, het al gewonder: deksels, sal ek nie tog in die ruimte tussen daardie twee karre inpas nie? Dit lyk dalk te klein, maar wie weet.

2. Helaas, wanneer jy met groot gesukkel daar probeer in, is dit asof jou motor langer geword het.

3. Maar ‘n Switserse motorontwerper het nou met iets vorendag gekom wat stedelinge en stadsbeplanners se parkeerhoofbrekens dalk ietwat kan verlig: ‘n motor wat kan krimp!

4. Jy druk bloot ‘n knoppie en siedaar, die Presto krimp ‘n driekwartmeter. Van ‘n viersitplek- tot ‘n tweesitplek-motor. Maak net seker jy vra eers die passasiers agterin om uit te klim.

5. Die transformasie word moontlik gemaak deur ‘n elektriese motor, spesiale ratwerk en ‘n verstelbare onderstel.

6. Om die risiko van padwoede te veminder, is die rooster tussen die Presto se kopligte soos ‘n glimlag gevorm. Die woorde STOP en TURN verskyn boonop op die rem- en flikkerligte.

7. En dan is die motor nog omgewingsvriendelik ook: die turboenjin van 1,7 liter gebruik ‘n spesiale mengsel van natuurlike gas en diesel.

8. Maar hoe lyk dit dan of die ontwerpers die deure vergeet het?

9. Nee, ‘n ongelooflike krimpende kar kan natuurlik nie deure hê nie.

10. Vir die kinders is daar darem trappe wat in die motor se kante invou.

11. Die Presto is onlangs by die Geneefse Motorskou bekend gestel. Planne vir massaproduksie is daar nog nie.

Uit: Huisgenoot, Maart 2002

  • Verskaf die meervoudsvorm van:

1. afspraak

2. risiko

  • Wat is die intensiewe vorm van:

klein

  • Vind ‘n ander woord in die teks vir:

1. area (par. 1)

2. verandering (par. 5)

3. probleme (par. 3)

4. miskien (par. 1)

  • Verskaf ‘n woord met die teenoorgestelde betekenis van:

plaasjapie (par. 3)

  • Maak ‘n sin met die homoniem van die onderstreepte woord:

1. ‘n Natuurlike gas word gebruik.

2. Die kant van die motor.

  • Verskaf die lydende vorm van:

1. Jy druk bloot ‘n knoppie.

2. Ons kan nie parkeerplek kry nie.

3. ‘n Switserse man het die Presto ontwerp.

  • Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:

1. Die motor is baie klein. Jy kan maklik parkeer. (dus)

2. Vir die kinders is daar trappe. Die Presto het nie deure nie. (aangesien)

LU 6.1

Assessering

LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.3 die doel, teikengroep en konteks van tekste kan bespreek en verduidelik;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Begripstoets Bekkige bedelaars

1. Dit is die skrywer van die rubriek.

2. op parkeerterreine

3. as hulle doodeerlik is

4. hoe jy die dag voel

5. Dis goed as hulle in ons land geld belê.

6. Sy aksent was oordrewe en sy broek was vuil.

7.1 Onwaar: “teen eerlikheid het mevrou geen verweer nie”

7.2 Onwaar: “as deel van ‘n konsortium”

8.1 bedelaars wat net weet wat om te sê

8.2 laat die persoon sprakeloos

8.3

9.1 huiwer

9.2 terstond

9.3 oog

AKTIWITEIT 2

Taal en begripstoets Krimp-kar

  • Meervoudsvorm:

1. afsprake

2. risiko’s

  • Intensiewe vorm:

1. piepklein

  • Ander woord vir:

1. ruimte

2. transformasie

3. hoofbrekens

4. dalk

  • Teenoorgestelde betekenis:

1. stedeling / stadsjapie

  • Homoniem:

1. My ma nooi drie gaste.

2. Die kant op die rok kom uit België.

  • Lydende vorm:

1. ‘n Knoppie word bloot deur jou gedruk.

2. Parkeerplek kan nie deur ons gekry word nie.

3. Die Presto is deur ‘n Switserse man ontwerp.

  • Voegwoorde:

1. Die motor is baie klein; dus kan jy maklik parkeer.

2. Vir die kinders is daar trappe aangesien die Presto nie deure het nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask