Oorsprong: |
Hindoeïsme het omstreeks 1750 n.C. in Indië ontstaan. Vandag het dit deur die grootste deel van Suidoos-Asië versprei. |
Wat glo hulle? |
DIE MEESTE HINDOES glo in baie gode maar in een onderliggende Werklikheid, en dat wanneer iemand sterf, die siel weer in ‘n ander liggaam gebore word. Hul simbool is ‘n heilige klank, OM. |
Naam van Stigter/Leier: |
STIGTERSDaar is geen enkele stigter van Hindoeïsme nie. Die vroeë gode is deur die Ariërs, wat Indië binnegeval het, met hulle saamgebring, o.a. Sjiwa. |
Waarhede: |
Hier volg van die belangrikste gode:
-
Brahman: Goddelike, absolute werklikheid
-
Wisjnoe: Lewegewer
-
Sjiwa: God van goed en kwaad
-
Sarasvati
: Godin van waarheid
-
Indra
: God van oorlog
-
Laksjmi
: Godin van skoonheid
-
Kali
: Godin van die dood
-
Krisjna: Held en minnaar
|
Sleutelpunte: |
Mense wat ‘n goeie lewe lei, word opnuut in ‘n hoër lewe gebore; slegte lewens lei tot ‘n laer lewe.
- Hindoes strewe om uit die siklus van wedergeboorte bevry te word en een met Brahman te word.
|
Heilige Geskrif: |
VEDAS Die vroegste Hindoe-opvattings is 1400 n.C. as die
Vedas (gesange en dreunsange) neergeskryf. Die
Rig Veda is die belangrikste boek van die
Vedas . |
Heilige Gebruik: |
HEILIGE KOEI Hindoes het agting vir alle diere, veral koeie, as heilige wesens. Die meeste Hindoes is vegetariërs. ‘n Koei is ‘n simbool van die aarde, en om ‘n koei te voer, word as ‘n daad van aanbidding beskou. |
|
Heilige Dae: |
Naam |
Gebeurtenis |
Dwali |
Nuwejaarsfees van die ligte |
Holi |
Lentefees |
Janmasjtami |
Geboortedag van Krisjna |
Sjiva Ratri |
Belangrikste fees van Sjiwa |
|
|
|
Heilige Woorde: |
Atman
: Individuele siel.
Awater
: Verskyning van Wisjnoe op aarde.
Ghoeroe
: Godsdiensleraar.
Jogi: Heilige man.
Karma: Morele wet.
Mantra: Heilige dreunsang, gesang of gedig.
Moksja: Vrystelling van die lewensiklus.
Nirwana: Volkome vrede.
Poeja: Aanbidding. |
|
Heilige Plekke: |
HEILIGE STAD Varanasi of Benares in Indië is een van die oudste stede ter wêreld en die belangrikste plek vir ‘n Hindoe-pelgrimstog. Elke jaar kom bad miljoene in die heilige rivier, die Ganges. Hulle glo die water was sondes af. Mense se as word dikwels op die rivier gestrooi. |
|