<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie en stowwe

Eienskappe en gebruike van materie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 12:

1. In watter glas los die suiker die vinnigste op?

  • In die glas met die warm water.

2. Verduidelik waarom dit gebeur het.

  • Oplosbaarheid van ‘n stof hang ook af van die temperatuur.

Opdrag 13:

  • (Groepwerk)

1. Hoeveel teelepels suiker kon jy in die glas water oplos?

  • Die hoeveelheid hang af van individuele eksperimente.

2. Gesels in groepe wat jy sou kon doen om nog suiker in dieselfde water op te los.

  • Die water (oplossing) kan warm gemaak word.
  • Wanneer die suikerkristalle (opgeloste stof) nog fyner gemaak word.

Opdrag 14:

Waarneming: Die water het verdamp en klein kristalle het gevorm: kopersulfaatkristalle. Onder die mikroskoop vertoon die kristalle as klein kubusse of blokkies.

Gevolgtrekking : Wanneer ‘n oplossing staan, vind die teenoorgestelde van die oplosproses plaas: die opgeloste stof word weer ‘n vaste stof in die vorm van kristalle.

Opdrag 15:

1. Is die hoeveelheid en die soort oplosmiddel in al drie gevalle dieselfde?

  • Ja.

2. Watter stof het na die eerste teelepel die minste opgelos?

  • Mieliemeel.

3. Is mieliemeel onoplosbaar?

  • Ja.

4. Watter stof het die meeste opgelos?

  • Sout.

Gevolgtrekking: Alle stowwe is nie ewe oplosbaar nie.

Opdrag 16:

1. Wat sien jy?

  • Olie los nie op nie. ‘n Mens bly die oliedruppels in die water sien.

2. Waar is die olie?

  • Terwyl jy roer, lyk dit of dit met die water gemeng is, maar sodra ‘n mens nie meer roer nie, dryf dit weer bo-op die water.

3. Kan olie in water oplos?

  • Nee.

4. Wat is die rede vir bogenoemde antwoord?

  • Oliedeeltjies word baie sterk na mekaar aangetrek. Waterdeeltjies kan nie tussen hulle inbeweeg nie.
  • DUS: onoplosbaar in water.

Opdrag 17:

1. Wat gebeur?

  • Die naftaleen vlokkies los nie op in water nie, maar wel in die brandspiritus.

2. Kan jy verduidelik waarom dit gebeur het?

  • Naftaleen vlokkies is onoplosbaar in water.

3. Voltooi:

Naftaleen los maklik in brandspiritus op, maar is onoplosbaar in water .

LEERDER AFDELING

Inhoud

Aktiwiteit: om die faktore wat die oplosbaarheid van materiale beïnvloed te bepaal [lu 1.1, lu 1.2, lu 1.3]

Die oplosbaarheid van ‘n stof hang af van die:

  • temperatuur;
  • soort stof; en
  • soort oplosmiddel.

OPDRAG 12

Om vas te stel hoe temperatuur oplosbaarheid beïnvloed.

Benodigdhede: suiker

‘n glas met koue water

‘n glas met warm water

‘n teelepel

  • Gooi ‘n teelepel suiker in die glas koue water en ‘n teelepel suiker in die glas warm water.
  • Moenie die water roer nie.
  • Hou goed dop wat gebeur.

Wat neem jy waar?

1. In watter glas los die suiker die vinnigste op?

_____________________________________________________________________

2. Verduidelik waarom dit gebeur het.

_____________________________________________________________________

KOM ONS ONTHOU DIE VOLGENDE BEGRIPPE IN VERBAND MET OPLOSBAARHEID

Suiker is OPLOSBAAR in water.

Die suiker is die OPGELOSTE STOF.

Die water is die OPLOSMIDDEL.

Die suikerwater is die OPLOSSING.

WARMTE bespoedig die oplossingsproses.

  • ‘n Versadige oplossing:

Water kan net ‘n sekere hoeveelheid van ‘n opgeloste stof soos suiker bevat. Wanneer daar niks meer van ‘n opgeloste stof in ‘n oplosmiddel kan oplos nie, sê ons dit is ‘ n versadigde oplossing .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask