<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Alle mense het die reg tot ontspanning.

Balans handhaaf tussen werk en speel.

Elke mense het die reg om sy mening uit te spreek – vryheid van spraak.

Reg op orde en reëls om ‘n vreedsame veilige leefwyse te verseker.

  • MENSEREGTE EN INKLUSIWITEIT

Reëls geld vir alle mense.

Regverdigheid word aangemoedig.

Reg op behuising.

Reg op skoon water.

Reg op gesondheid, word aangespreek.

1. Voorblad:

  • Gesels oor ‘n besoek aan ‘n vermaaklikheidspark.
  • Gesels oor die spieëlbeelde op die voorblad.
  • Plak ‘n foto van jouself in die laaste blokkie.
  • Deel die leerders in groepe van 4 .

Gesels oor hoe hulle sal voel as hulle werklik soos die persone in die eerste drie blokkies gelyk het.

  • Gesels in die onderrigtaal oor hoe ‘n mens optree teenoor mense wat anders as jy lyk: Morele en sosiale implikasies.
  • Moedig leerders aan om selfs in die addisionele taal hul optrede te bespreek.

Onthou jy nog?

  • Vergroot die sinne. Laat leerders dit gereeld lees.
  • Sny die sinne op in woorde . Laat die leerders die woorde lees totdat dit deel vorm van hulle sigwoordeskat.
  • Flits woorde gereeld totdat leerders dit onmiddellik herken.

Sigwoorde

  • Leerders oefen sigwoorde deur gereeld te lees.
  • Vergroot die bladsy. Knip woorde uit en laat leerders “snap” speel.

Leerders afdeling

Inhoud

  • ‘n Fabel om na te luister, oor te praat en te lees:

Esopus vertel van ‘n hond:

Hond loop eendag, met ‘n haas in sy bek, oor ‘n brug. Terwyl hy trots oor die brug loop, sien hy ‘n ander hond onder die brug, wat nes hy oor die brug loop.

Die haas in daardie hond se bek is net baie groter!

Hond laat val sy haas en duik karplaks! in die water.

Hy sal die groter haas by die ander hond afneem.

  • Teken en versier die raam rondom die prent.
  • Luister.
  • Gesels daaroor.
  • Skryf die antwoord.
  • Hoekom moet hond oor die brug loop?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Wanneer is ‘n mens trots?

  • Wat sien hond onder die brug?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Sal hy die groter haas kan kry?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

  • Bespreek in groepe:
  • Wat leer die fabel ons?
LU 3.2.3 LU 3.2.5 LU 3.2.6 LU 4.6

Luister

  • Luister na die woorde.
  • Watter klank hoor jy in die middel?
  • Trek ‘n kring om die klank in die middel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask