<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Soos jy sal agterkom, word dieselfde insident verskillend deur twee verskillende persone beskryf. Hoekom? Verskaf redes vir jou antwoord.

Aktiwiteit 8:

Om meer van selfstandige naamwoorde te leer

[lu 6.2.10]

Die voorafgaande gedeelte is reeds aan jou voorgelees en jy het die verskil in siening van mev. Haussmann en Spiky vir ons aangetoon. Lees nou weer die gedeelte aandagtig deur.

Wat het al die vetgedrukte woorde in gemeen?

Ja, dis korrek. Al die vetgedrukte woorde is die name van mense , diere of dinge . Hulle word selfstandige naamwoorde genoem.

  • Skryf die vetgedrukte woorde wat met hoofletters gespel is langs mekaar neer.
  • Die woorde wat jy neergeskryf het, kan ons ook " noemname " noem. Dit is plekke, dae, maande, diere en mense se "eie name". Kortom, alle woorde wat ons met 'n hoofletter skryf en "noemname" is, word eiename genoem. Eiename is dus 'n soort selfstandige naamwoord. Skryf nou nog enige drie eiename neer, bv. jou gunsteling dag van die week, die maand van die jaar waarin jy verjaar, jou vriend/vriendin se naam, jou held/heldin se naam, ens.

(b) Bull het 'n stofwolk gemaak soos 'n trop skape wat deur die Karoo storm. Versamelname beskryf groepe dinge. Voltooi nou die onderstaande beskrywing deur dit van die korrekte versamelname te voorsien:

Spiky en sy meisie is deur 'n ______________ rowers oorval.

Liz is van haar _______________ pêrels beroof wat Spiky vir haar

met haar verjaarsdag gegee het. Spiky en Liz was saam met 'n

_______________toneelspelers op pad na die teater.

Aktiwiteit 9:

Om meer van die byvoeglike naamwoord te leer

[lu 6.2.12]

Jy sal oplet dat al die byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige naamwoorde in die laaste paragraaf staan.

Volgens mev. Haussmann loop al die onskuldige kinders onder Spiky deur. Ons kan ook bostaande soos volg sê: Al die kinders wat onskuldig is, loop onder Spiky deur. Die woord onskuldig staan nou na die selfstandige naamwoord kinders . Die byvoeglike naamwoord onskuldige het nou na onskuldig verander.

Verskaf nou die byvoeglike naamwoorde tussen hakies in die onderstaande gedeelte na hulle regte vorm . Soms sal dit nie nodig wees om die byvoeglike naamwoord te verbuig nie. Let op hoe die byvoeglike naamwoorde help om atmosfeer te skep. Skryf slegs die korrekte byvoeglike naamwoord en die meegaande selfstandige naamwoord neer.

Stadig stap ek in die (kronkel) voetpaadjie af. Dis met mos begroei. Die deurknop is (koud) toe ek dit met my (sweet) hand oopdraai en die (kraak) voordeur oopstoot. Dis stil. Die (klam) lug en (muf) reuk van 'n huis wat lank toegestaan het, spoel teen my voorkop. Die plankvloer is (glad) onder my (beef) voete. Ek skakel die lig aan. Die kat...

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.3 identifiseer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register en woordkeuses:
1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag en mag, houding teenoor karakters);
1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede.
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor:
2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning openbaar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies);
2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:
2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid van verskillende teikengroepe;
2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en met iemand te identifiseer.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes:
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.)
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto’s ):
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap
3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende soorte tekste:
3.6.1 identifiseer en evalueer die soort en gepastheid van ‘n teks se taal en register vir die bedoelde teikengroep.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.4 gebruik taal om skeppend te dink:
5.4.1 beskryf wat hy/sy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is;
5.4.2 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat hy/sy sou verkies.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 werk met woorde:
6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;
6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na,
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei,
6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;
6.2 werk met sinne:
6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Ontbrekende voorwerpe Beskrywende woorde
duikpak nousluitende, veelkleurige, ens.
duikbril duursame, ingevoerde, ens.
sonbril donkerkleurige, ens.
verkyker sterk, duur, ens.
sandale of plakkies plastiek, gemaklike, ens.

Aktiwiteit 2 Rolspel

Aktiwiteit 3

  1. Werknemers wat goeie verkope handhaaf. Werknemers wat motors maklik kan verkoop. Werknemers met inisiatief. (Enige een.)
  2. Hy het slegs eenjaaroue motors verkoop.
  3. Desmond en sy vrou se kleredrag het verraai dat hulle met vakansie is.
  4. Die dubbelkajuit bied beskerming teen reën, kan plekke bereik (vierwielaangedrewe) wat die duinebesie nie kan nie en bied plek vir kinders (passasiers). (Enige twee.)
  5. André het sy kliënte fyner waargeneem en kan hul behoeftes beter bepaal. André het beter verkooptegnieke gehad. André het meer inisiatief getoon. (Enige een.)

Aktiwiteit 4

  1. Werknemers wat goeie verkope handhaaf. Werknemers wat motors maklik kan verkoop. Werknemers met inisiatief. (Enige een.)

Aktiwiteit 5 Rolspel

Aktiwiteit 6 Eie slot (dialoog)

skaars volop

werknemers werkgewers

warm koud

ontspan inspan

hoog laag

aanvallig onaantreklik, lelik

reguit skeef, krom

rustige woelige, besige

beste swakste

teleurgestelde opgewonde

Aktiwiteit 7

Beide Spiky en mev. Haussmann is nie objektief nie. Bull is mev. Haussmann se hond en sy sien die insident subjektief. Sy sien net die goeie in Bull raak. Spiky hou heel waarskynlik nie van honde nie en sien net die negatiewe in Bull raak. Hy noem Bull se slagtande en sy kwylende bek.

Aktiwiteit 8

(a) Bull, Levis, Spiky, Liz, Karoo

(b) Bende, string of snoer, geselskap

Aktiwiteit 9

kronkelende voetpaadjie

deurknop is koud

swetende hand

krakende

klam lug

muwwe reuk

plankvloer is glad

bewende voete

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask