<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrkaans huistaal

Graad 7

Module 7

Antjie somers

Die verhaal van andries somers

Andries Somers was ‘n visserman duisend. Hy kon alles beter doen as die ander vissermanne. Hy was ‘n dapper man en uitstekende swemmer wat dikwels mense uit die see gered het wat besig was om te verdrink terwyl sy makkers staan en toekyk.

Dit was dus nie vreemd dat die ander vissermanne jaloers op hom was nie. Eendag op die strand pak ‘n klomp vissers hom, maar gou moes hulle laat spaander voor Andries Somers se vuiste. Maar een het stil bly lê op die sand. Hy het met sy kop teen ‘n klip geval.

Andries het besef dat hy moes vlug uit vrees dat die mense hom sou ophang omdat hy iemand doodgemaak het. Om homself te vermom, het hy by sy suster ‘n lang rok met breë strepe geleen, ‘n rooi kopdoek om sy kop gebind, en met ‘n mandjie oor sy arm die binneland in gevlug.

Dae lank het hy geloop totdat hy op ‘n plaas as arbeider werk gekry het. Weer het hy homself bewys as ‘n werker sonder gelyke. Van die oggend tot die aand het hy sonder ophou gewerk. Kort voor lank het hy die voorman van die ander werkers geword.

Soos ‘n mens kon verwag, was die ander mense afgunstig op Andries Somers se opgang. Dit was nie lank nie of hulle het kliphard onder mekaar geskinder. “Vertel ons van die rok wat jy in jou huis wegsteek, Andries”, het een van die mans gesê. “En die rooi kopdoek, Andries Somers? Of is jou naam eintlik Antjie? “Antjie Somers. Antjie Somers!” het hulle gekoggel.

Dae lank het dit aangehou, maar Andries het gemaak of hy niks hoor nie. Hy was bang dat dit weer op ‘n bakleiery sou uitloop as hy iets sou sê. Maar na ‘n week kon hy die geterg nie langer verduur nie. Daardie nag toe almal reeds slaap, het hy sy goed gepak en gemaak dat hy daar wegkom.

Andries Somers het soos ‘n groot speld verdwyn. Niemand het ooit weer van hom gehoor nie.

Maar die kinders wat teen skemertyd in die klowe gaan hout soek het, het al meer vertel van ‘n ou vrou wat hulle verwilder. Volgens die kinders het sy ‘n lang rok met strepe en ‘n rooi kopdoek gedra. Sy het ‘n lang mes, ‘n mandjie en ‘n groot sak by haar gehad.

“Sy wil ons vang en in die sak gooi!” het hulle huilend gesê.

Die grootmense het onderlangs na mekaar gekyk en gesê: “Dit is sekerlik Antjie Somers”.

Met die tyd het die mense vergeet van Andries Somers, die visserman en arbeider wat so fluks en hardwerkend was. Maar die storie wat niemand na al die jare vergeet het nie, was: “Antjie Somers! Antjie Somers! Antjie Somers gaan jou vang!”

Opdrag 1:

Om sinonieme en antonieme te verstaan en te gebruik

[lu 6.1.9]

Sinonieme en Antonieme

  1. Sinonieme is woorde wat dieselfde betekenis het. Skryf die volgende woorde by die korrekte sinoniem neer.

aanhoudend, fluks, weghardloop, afgunstig, arbeider

Werker

Sonder ophou

Hardwerkend

Laat spaander

Jaloers

  1. Antonieme is woorde wat die teenoorgestelde betekenis het. Skryf die volgende woorde by die korrekte antoniem neer.

lui, onthou, kinders, laggende, dapper.

  1. Lafhartig
  2. Hardwerkend
  3. Vergeet
  4. Grootmense
  5. Huilend

Opdrag 2:

Om bangmaakstories te versamel en aan die klas oor te vertel

[lu 1.2.1, 2.1]

Bangmaakstories

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask