<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(slaan).

  • Baie rugbybeserings ________________ vroeg in die seisoen

voor wanneer spelers nog nie fiks genoeg ______________ nie.

  • Gholf ___________ ‘n baie tegniese sport wat baie oefening vereis.
  • Skryf die volgende kort sinnetjie in die verlede- en toekomende tyd:

Sy is ‘n goeie naelloper.

  • Die Bafana Bafana _________ weer na die wêreldbekersokker-

toernooi verenig .

Volwassenes skryf gereeld briewe aan die pers oor sake uit ons leefwêreld. Om ons voor te berei sodat ons ook eendag ons demokratiese reg tot vryheid van spraak kan beoefen, gaan ons nou leer om ‘n briefie aan die redaksie van ons skoolkoerant te skryf.

Aktiwiteit 3:

Om ‘n brief met ‘n ondersoekende strekking te skryf

[lu 4.1.1]

Pla iets betreffende sport in jou skool jou? Miskien word sekere sportsoorte voorgetrek. Dalk kry net die A-spanne goeie afrigting. Miskien gaan net sekere sportsoorte op sporttoere. Dalk is die fasiliteite nie voldoende nie. Spreek die saak wat jou na aan die hart lê, aan.

Onthou die volgende : Koerantruimte is beperk! Hou dus by die punt wat jy wil maak en hou jou brief saaklik en bondig. Laat jou argument weldeurdag wees. Skryf op ‘n hoflike en beskaafde toon, al is jy besig om uiting aan jou gevoelens te gee. Moenie kwetsende aanmerkings maak nie. Jy mag ‘n skuilnaam gebruik, maar moet ook jou volle naam en adres verskaf. Jou onderwyser/es sal jou hiermee help. Let op na die formaat op die volgende bladsy aangetoon.

7 Julie 2005

Die Redakteur

Die Noordwester

Posbus 371

Thabazimbi

0380

Geagte Heer

HOKKIEVELD ‘N SKANDE

Daar is ‘n saak __________________________

______________________________________

Die uwe

Teleurgesteld (6A3)

J.C. de Wit

Weyerslaan

Thabazimbi

0380

Almal van julle neem seker sover moontlik aan jul jaarlikse massa-atletiekbyeenkoms deel. Nie almal van ons is atlete nie, maar as ‘n mens jou beste gedoen het, kan jy tevrede voel. Almal van ons het seker al aan ‘n naelloop deelgeneem of ver- of hooggespring. Laat ‘n atleet in jul klas presies vir julle verduidelik hoe ‘n mens moet wegspring. Hy/sy moet presies die metode verduidelik, bv. watter been moet voor wees, hoe ver van die wegspringstreep, ens. ‘n Ander atleet kan weer aan julle verduidelik hoe ‘n mens moet hoogspring of verspring . Die atlete moet ook die metodes demonstreer .

Aktiwiteit 4:

Om te beskryf wat gevisualiseer is

[lu 5.4.1]

Wat moet jy nou doen?

Jy moet nou die metodes (kies een of twee) beskrywe . Jy mag ook gebruik maak van sketse, diagramme (met byskrifte), ens. om die metodiek te verduidelik.

Aktiwiteit 5:

Om woorde bymekaar te pas

[lu 4.4.1]

Sê watter sportterme in kolom B by watter sportsoort in kolom A pas. Skryf slegs die sportterme teenoor die regte nommer uit kolom A neer. Nadat jy dit gedoen het (individueel), moet julle in groepe verdeel en kyk of julle nog sportterme by dié wat jy neergeskryf het, kan voeg. ‘n Boek soos Sport (Ooggetuie-reeks) deur Southern Boekuitgewers sal jul help as jul vashaak.

KOLOM A KOLOM B
  1. sokker
vlughou
  1. krieket
losskakel
  1. yshokkie
aanvalsirkel
  1. Amerikaanse voetbal
beuelperd
  1. bofbal
rooi kaart
  1. rugby
skyfstoppers
  1. tennis
glipveldwerker
  1. gimnastiek
skouerskutte
  1. hokkie
mandjie
  1. basketbal
tuisbofobstruksietegnieke

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask