<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • probeer ma's soos hul dogters lyk
  • probeer dogters soos hul ma's lyk
  • maak die bikini swembroek die eerste keer sy verskyning
  • Watter een pas nie? Vanaf 1970 tot in die 1990's
  • was klere individualisties
  • was daar nie slegs een modegier nie
  • was kleredrag hoofsaaklik "uniseks"
  • was die neiging om eksklusiewe klere te dra
  • Die eerste "uniseks" kledingstuk was waarskynlik
  • die Norfolk-baadjie
  • die Chiton
  • jeans
  • Jeans is hoofsaaklik eers gedra deur
  • dames
  • "cowboys"
  • kunstenaars
  • Waar of Onwaar. Sê hoekom jy so sê.
  • Levi Strauss het 'n materiaal gesoek wat baie duursaam was.
  • Levi Strauss was 'n bekende ontwerper.
  • Jeans is klasgebonde.

Aktiwiteit 5:

Om sinne saam te stel

[lu 4.4.2]

Kleure en geure

Gebruik die beskrywende woorde in die kolomme hieronder en gaan as volg te werk: Kies 'n soortnaam uit kolom A, asook 'n "kleurwoord" uit kolom B. Soek nou 'n aksie uit kolom C wat hierby pas en kleur die aksie in met 'n woord uit kolom D.

Voorbeeld : Die rooi maan loer skamerig.

Probeer 'n sekere atmosfeer of stemming oordra. Skryf vyf beskrywende sinne neer. Jy mag nog woorde by die kolomme voeg.

A B C D
sonsondergang grys gloei aanhoudend
maan rooi waai skamerig
son helder skitter helder
wolke blink gly moeisaam
wind brons loer eensklaps
bloeisel vaal blink langsaam
blare donker skyn gedurig
gras glinster sak opwindend
skoenlapper wasig wink dowwerig
berg dowwe styg skielik

Aktiwiteit 6:

Om vir speelse doeleindes te skryf

[lu 4.1.1]

Die haikoe is 'n Japannese digvorm en bestaan uit drie reëls van sewentien lettergrepe. Die eerste reël het vyf lettergrepe ; die tweede sewe en die derde weer vyf . 'n Haikoe is soos 'n beskrywende "foto" wat 'n gevoel vasvang. Jy kan selfs die lettergrepe in die reëls wissel solank daar net sewentien lettergrepe is. Gebruik nou die sinne wat jy by 7 (a) gemaak het en maak 'n haikoe-gedig daarvan. Visualiseer die “foto” wat jy wil beskryf.

Voorbeeld : Die rooie maantjieloer skamerig tesamemet wolkies daar ver

Aktiwitwit 7:

Om minder algemene woorde korrekte spel

[lu 6.1.3]

Kom ons spel

Woordeskat : Kies 'n gepaste woord uit die onderstaande kolom en voltooi die sinne wat volg. Maak baie seker van die spelling van die nuwe woorde wat jy in die module geleer het.

weerlose, werkgewer, petalje, spesialiseer, geïnspekteer, dubbelkajuit,

individualisties, werknemer, nutsman, gesondheidsinspekteur

  1. Vandag is dit mode om klere te dra wat _________________ is.
  2. Die ________________ dier is genadeloos deur die man geskop.
  3. Na die ______________________ by die motorhawe het die __________

van die motorhawe die ____________________ afgedank.

  1. Hy _______________ in die verkoop van eenjaar-oue motors.
  2. Die _____________ kan alles in en om die huis herstel.
  3. Die ______________ het die gehawende huisie _____________ .
  4. Die ______________ voertuig is 'n ideale ontspanningsvoertuig.

Aktiwiteit 8:

Om woordeskat deur woordvorming te ontwikkel

[lu 1.8]

Die hardlopende kinders het hulle uit die brandende huis gehaas terwyl gillende ouers hulle met blydskap ontvang het. Die skitterende optrede van die brandweer was 'n opvallende kenmerk van die dag.

  • Onderstreep al die woorde in bostaande paragraaf wat op -ende eindig . Maak toe jou oë en probeer om hulle met jou vinger in die lug te skryf.
  • Maak sinne met die volgende woorde wat op - ende eindig:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask