<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sommige wetenskaplikes huldig die mening dat die seevlak twee meter kan styg teen die middel van hierdie eeu. Kusgebiede sal verdwyn onder die stygende water, en so ook laagliggende lande soos Holland. Groot stede soos New York en Londen sal doodeenvoudig oorstroom word. Waardevolle landbougrond sal vernietig word deur die sout in die seewater. Gevolglik sal voedseltekorte ontstaan.

Dan weer bied die aarde ook eie oplossings vir sy probleme. Seewater absorbeer koolstofdioksied. Plankton, die klein organismes wat in seewater aangetref word, absorbeer meer koolstofdioksied hoe kouer die water is. Indien die water verhit, sal die plankton minder koolstofdioksied absorbeer.

Plante op land, veral in die reënwoude, absorbeer ook koolstofdioksied. Die reënwoude word egter vernietig deurdat die mens stelselmatig besig is met die uitkap en afbrand van die woude in ‘n poging om grond vir landboudoeleindes te herwin. Oorverhitting van die atmosfeer word bevorder deur die enorme hoeveelheid koolstofdioksied wat as gevolg van die verbrandingsproses vrygestel word.

Dit is ons, die aardbewoners, se verantwoordelikheid om te verseker dat ‘n nuwe, regverdige, gelyke en omgewingsgesonde samelewing geskep word. Ons moet sorg dat die aarde gesond bly.

Aktiwiteit 3:

Om die hoofgedagte in voorgelese teks te identifiseer

[lu 1.5]

  1. Noudat jy na die teks oor die kweekhuiseffek geluister het, merk met ‘n  die onderstaande stelling wat jy as die hoofgedagte van die artikel beskou.
Metaangas word deur verrottende plante vrygestel
Die atmosfeer van die aarde is besig om te verander;
Teen die middel van die eeu gaan die seevlak met twee meter styg.
  1. Paragraaf vir paragraaf gaan nou aan jou voorgelees word en daarna twee of drie gedagtes wat in daardie paragraaf voorkom waaruit jy moet kies. Onthou, ons soek die hoofgedagte in elke paragraaf . Merk met ‘n  in die ooreenstemmende blokkie.

Paragraaf 1

Die atmosfeer vervul dieselfde funksie as die glaspanele van ‘n
kweekhuis – dit laat sonlig binne en hou die hitte binne.
Dit is baie warm binne-in ‘n kweekhuis.
Besoedeling is ‘n groot probleem in die wêreld.

Paragraaf 2

Koolstofdioksied is ‘n groot sondebok wat vrygestel word as mense
asemhaal.
Die atmosfeer ondergaan ‘n verandering a.g.v. besoedeling deur
chemikalieë in die vorm van gasse.

Paragraaf 3

Ys rondom die Noord- en Suidpool sal begin smelt.
Die aarde word oorverhit omdat gasse in die atmosfeer opbou en
verhoed dat die son se hitte ontsnap.

Aktiwiteit 4:

Om die hoofgedagte in teks op te som

[lu 3.8.1]

Soek nou saam met jou maats die hoofgedagtes van paragrawe 4 tot 7. Jou onderwyser sal die gedeeltes vir jou uitdeel en jy moet dit aandagtig individueel deurlees. Besluit nou in groepe wat die hoofgedagtes is. Skryf dit neer.

Aktiwiteit 5:

Om oor skryfwerk te besin en foute te korrigeer

[lu 4.1.5]

Die leerders het aan ‘n opstelkompetisie deelgeneem waar voorstelle gemaak is om die stad (of jou tuisdorp) skoon te hou. Die Hou die Kaap in die Haak Vereniging het die volgende brief aan die skool gestuur. Let wel, onderstaande wemel van die foute.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask