<< Chapter < Page Chapter >> Page >

"Ek neem hom, Meneer. Soos u sê: wil ek speel of wil ek visvang?" Desmond haal sy tjekboek uit. André staan nader. "Die bakkie het nog nie 'n kappie nie, Meneer. Sien, u wil dalk..."

Beantwoord die vrae na aanleiding van die voorgelese gedeelte.

  • Na watter tipe werknemers het mnr. Hendricks gesoek?
  • Hoe het mnr. Hendricks se motorhawe verskil van die gewone motorhawe wat in tweedehandse voertuie spesialiseer?
  • Hoe het André geweet Desmond en sy vroutjie is met vakansie?
  • Watter voordele het die dubbelkajuit bo die duinebesie gehad? Noem enige twee.
  • Wat was die groot verskil tussen André en Gert?

Aktiwiteit 4:

Om te bespreek hoe die sprekers (in die teks) van mekaar verskil

[lu 1.3.3]

Hoe het die twee verkoopsmanne verskil? Identifiseer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register en woordkeuse in groepsverband.

Aktiwiteit 5:

Om taal aan te wend om te manipuleer

[lu 2.4.2]

Rolspeel die toneel tussen André, Desmond en sy vroutjie. Verkoop 'n boot en ski's aan Desmond en sy vrou. Oortuig die dame sy kan ski en komplimenteer haar met haar atletiese voorkoms. Onthou, jy moet Desmond en sy vrou oorreed. Gebruik dus beskrywende woorde om dit te doen.

Aktiwiteit 6:

Om self ‘n slot te skryf

[lu 5.4.2]

Die leesstuk Hendricks Motors : Motors met 'n groot verskil eindig met: "Sien, u wil dalk..." Voltooi nou die dialoog skriftelik tussen André en Desmond. Stel jouself in André se plek en oortuig Desmond om 'n kappie vir die dubbelkajuit vierwielaangedrewe voertuig te koop. Jy kan hom selfs oortuig om die kappie te laat spuitverf. Onthou, jy moet in dialoogvorm skryf .

Aktiwiteit 7:

Om die gepastheid van taal te evalueer

[lu 3.6.1]

Luister aandagtig na die volgende gedeelte wat aan jou voorgelees word.

Spiky , die plaaslike boelie , stap die straat af. Hy is op pad na sy meisie, Liz. Met lang, afgemete treë stap hy. Met kammende vingers deur sy regop hare stap hy. Hy dra 'n T-hemp waarop staan: "Don't kill the world." Sy nuwe, pampoengeel bostrappers druk so 'n bietjie. Die ekstra paar sokkies moet nog hul werk doen. Uittrap sal hy hulle. Dalk was dit sy effe hoë trappery wat die rustige Bull ontstig het. Bull storm...

Hier volg Spiky se weergawe van die petalje aan sy meisie, Liz:

“Sien, ek loop nog so doodonskuldig, besig met my eie gedagtes, toe ek hom sien, dis nou Bull. Die brandsiek brak storm op my af. Hy kom eintlik so dwars aangeskuif. Die stof staan so 'n wolk, so asof 'n trop skaap deur die Karoo storm. Sy slagtande steek by sy kwylende bek uit. Ek gaan staan stil, doodstil. Dis alles pure verniet. Ek probeer hom paai, maar hy byt dwarsdeur my nuwe Levis . Dis toe dat ek myself moes verdedig. Ek laat loop met my nuwe bostrappers. Die yster-insetsel tref hom teen die kaak. Tjankend blaas hy die aftog, haat in sy oë.”

Hier volg mev. Haussmann se weergawe van die petalje aan haar vriendin:

“Dis alles daardie boelie, Spiky, se skuld. Almal loop deur: onskuldige kinders, weerlose diere en selfs ou vredeliewende Bull. Bull was besig om voor op die gras aan 'n sappige beentjie te kou, toe Spiky kortpad oor die erf steek. Skoppend stap die niksnuts van 'n Spiky en trap met sy smerige pote skoon bo-op die onskuldige Bull. Bull knor so effe net om te wys dis sy been, toe trek daardie skorriemorrie los. Skop skoon my getroue, vredeliewende huisdier se kaak af. Ek gaan 'n eis instel, jy sal sien.”

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask