<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 7

Bevolkingsgroei en verandering

Module 6

Die faktore wat groei en verandering beïnvloed

Aktiwiteit 1:

Om vrae oor die verspreiding van die wêreldbevolking te beantwoord

[lu 1.5]

  • Die wêreldbevolking is nie eweredig versprei nie. Hoekom nie ? Bestudeer die wêreldkaart [fig. 2, bevolkingsverspreiding] en kaarte in jou atlas, en beantwoord die daaropvolgende vrae:

2. Die verspreiding van mense oor die wêreld

a) Om watter rede is daar ’n yl bevolking by a , b en c ?

b) Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl?

c) Het die Amasonerivier in Brasilië iets met die bevolkingsverspreiding in dié land te doen? (Verduidelik)

d) Verduidelik die oorsaak vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika.

e) Sou julle sê dat Australië in die geheel gesien verstedelik is?

3. Bevolkingstrukture

Die jong bevolking soos uitgebeeld met behulp van die bevolkingspiramide in figuur 1 was dié van Engeland en Wallis in 1881. Vyftig jaar later het die prentjie heelwat anders gelyk, en nog vyftig jaar later het dit verdere verandering ondergaan. Die verandering word demografiese oorgang genoem.

Belangrike kenmerke van ‘n bevolking wat met ‘n tipiese piramide (met ‘n breë basis) aangetoon word, is (a) hoë geboortesyfer, (b) hoë sterftesyfer, (c) kort lewensverwagting.

Die toename in bevolking van enige groep (‘n land of gemeenskap) word met die volgende formule bereken:

Bt = g – s (+ of – netto migrasie)

Bt is die B evolkings t oename

G is die G eboortesyfer

S is die S terftesyfer

immigrante word bygetel , en

emigrante word afgetrek

As die Bt ‘n relatief hoë syfer is, sal die bevolkingstruktuur as ‘n piramide met ‘n opvallend breë basis aangetoon word.

Migrasie geld nie net vir lande nie, maar ook vir bepaalde gemeenskappe binne lande.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n afleiding wat betrekking het op bevolkingstoename te maak

[lu 3.2]

Is dit moontlik dat die Bt nie ‘n toename nie, maar ‘n afname kan beteken? Motiveer jou antwoord.

Aktiwiteit 3:

Om die verskille in bepaalde bevolkings in piramides voor te stel

[lu 3.2]

  • Wanneer geboortes en sterftes normaalweg voorkom in gemeenskappe, en mits daar nie groot getalle mense deur migrasie bykom of vertrek nie, sal die bevolkingstruktuur met ‘n taamlik “normale” piramide voorgestel kan word, soos Figuur 1. Julle weet dit al, maar stel julle net ‘n smaller basis voor.

Binne dié normale gemeenskappe met hul “normale” piramides kan kulturele, sosiale en ekonomiese faktore tot gevolg hê dat die samestelling ten opsigte van ouderdomsgroepe en die verteenwoordiging van die geslagte verander. Die vorm van die piramide waarmee die bepaalde gemeenskap dan voorgestel word, sal van die “normale” een begin afwyk. As daar jaarliks ‘n paar duisend jong Turkse mans uit ‘n deel van Turkye weggaan om in Duitsland, byvoorbeeld in die stad München, te gaan werk, sal die strukture van die Turkse streek sowel as dié van München mettertyd verander.

  1. Die piramide vir gemeenskappe met ‘n hoë geboortesyfer , hoë sterftesyfer en ‘n kort lewensverwagting , sal steeds ‘n “normale” piramidevorm hê, maar met ‘n laer bopunt en opvallende inkepings aan die kant.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask