<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontdekkingsreise in afrika

Module 9

Waarom stel mense hul lewens in gevaar om na die vreemde te reis?

Aktiwiteit 1:

Om tussen ontdekkers van verskillende tydperke te onderskei

[lu 2.3]

Ons lees in baie boeke van beroemde ontdekkers wat plekke en lande ontdek het, maar in werklikheid was hulle nie die eerste persone wat die land of plek gesien het nie. Die plaaslike inwoners was eerste daar en het reeds baie van die lande of plekke baie goed geken. Hierdie beroemde persone is dus nie die ware ontdekkers nie, maar slegs die mense wat die gebiede aan die wêreld bekendgestel het. Daar is wel mense wat gebiede of lande ontdek wat nog nooit voorheen deur enige persoon gesien of van gehoor is nie. Ontdekking is dus ‘n manier waarop mense inligting van plekke of iets versamel en dit dan aan die wêreld bekendstel.

Afrika is ‘n goeie voorbeeld van ‘n kontinent waar daar reeds mense was, maar hulle het nie oor die nodige tegnologie beskik om sekere inligting aan die wêreld bekend te maak nie. Hiervoor kan ons baie dankbaar wees teenoor ontdekkers wat wel die kontinent besoek het.

a) Beskryf nou in jou eie woorde wat jy dink ‘n ontdekker was en vandag is .

b) Kan die oermense as die eerste ontdekkers beskou word? Hoekom?

c) Jul is deel van ‘n span oer-ontdekkers wat ‘n nuwe gebied moet gaan verken. Wat sal jul met jul terugkoms saambring om die mense te oortuig dat jul (soos ware ontdekkers) iets nuut ontdek het.

Dit is eers heelwat later dat ontdekkers kaarte begin teken, dagboeke gehou of boeke oor hul ervarings geskryf het.

d) Bestudeer onderstaande uittreksel uit ‘n dagboek en kyk of jy weet watter siekte hy beskryf het?

  • Is dit ‘n goeie beskrywing?
  • Hoe word dié siekte in ons tyd behandel?

e) Waarom het die volgende dinge mense van verskillende tye aangespoor om vreemde gebiede te verken? Geld dit vandag nog?

roepwerk!

f) Kom ons kyk of julle groep kan sê hoekom die volgende mense na Afrika gekom het. Die kolom regs verskaf al die moontlikhede. (Sekere inligting is in leereenheid twee versteek!)

Persoon Rede vir koms Redes
V.O.C. (2)
Mungo Park
René Caillié
Burton en Speke
Livingstone (2)
Stanley

g) Hoekom het vroeë reisigers verkies om die landroete in plaas van seeroete te gebruik? (Wenk: Skommel die letters in die korrekte volgorde.)

sneseertom romsts weesenid ?
S...................... e S...........................s S.......................e .............................

Die onbekende en onopgeloste raaisels van Afrika het al hoe meer avonturiers gelok!

So het ‘n Griekse seeman, Diogenus, geskryf van twee wit berge in die binneland van Afrika. Hy het geglo dat dit die oorsprong van die Nyl was. (Was dit?)

Assessering

LU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kronologie en tyd:
  • gebeurtenisse, mense en veranderings op ‘n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C., n.C insluit;
2.2 oorsaak en gevolg:
  • redes verskaf vir, en die gevolge van sleutelgebeurtenisse en veranderings in meer as een konteks verduidelik;
2.3 ooreenkomste en verskille:
  • sommige aspekte van die samelewing wat verander het,en sommige wat met verloop van tyd in meer as een konteks dieselfde gebly het, identifiseer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) Ontdekkers: Mense wat onbekende / nuwe produkte of plekke aan die wêreld bekendstel.

(b) Ja. Stel o.a. vuur bekend.

(d) Malaria word deur die anofeles-muskiet aan mense oorgedra. Simptome is o.a.: koors, lusteloosheid, lomerigheid, vomering, los stoelgang, hoofpyn, stuiptrekkings. Die enigste manier om vas te stel of iemand wel malaria het, is om ‘n bloedmonster te ontleed. Tablette, afweermiddels in smeer- en spuitvorm en muskietnette help om malaria te voorkom. Behandeling moet deeglik geskied.

(f)

VOC Verversingspos, roete na die Ooste
ParkBurton / Speke Oorsprong van (Niger)-rivierOorsprong van (Nyl)-rivier CailliéStanley GeldStop slawehandel
Livingstone Sendingwerk, stop slawehandel

(g) seestrome, storms, seewinde, bygelowe

Get the best College algebra course in your pocket!





Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask