<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Wat merk jy op aangaande die grootte van huise in die verskillende woonbuurte?

2. Watter woonbuurt sou jy sê is die digste bevolk?

Na 1994 is daar stappe geneem om sommige van die mense wat hul huise moes verlaat, te vergoed. Dit het die huidige stedelike patrone se vorm verander. ‘n Spesiale kommissie is saamgestel om grondeise te hanteer. Die doel is om waar moontlik mense wat deur die politieke beleid benadeel is, se grondbesit te herstel. Indien die oorspronklike perseel nie beskikbaar is nie, mag die familie finansiële vergoeding ontvang. Tans kan elke persoon kies waar hy of sy wil woon. Geen politikus kan besluit wie waar eiendom mag koop of besit nie.

Aktiwiteit 5:

Om ‘n persoonlike onderhoud te voer en afleidings uit die gesprek te maak

[lu 2.3]

Op jou eie: Voer ‘n onderhoud met ‘n persoon in jou omgewing wat weens die gedwonge politieke verskuiwing in die 1970’s moes verhuis. Vind meer uit oor die invloed wat dit op hulle en die lewens van hulle gesinne gehad het. Skryf dan ‘n transkripsie van die gesprek neer. (Wenk: Neem ‘n bandopnamemasjien saam en neem die gesprek op vir latere transkripsie. Onthou om toestemming te vra om die gesprek op band op te neem.)

Assessering

LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 2.1 verskeie soorte nedersettingspatrone identifiseer en vergelyk [mense en plekke];
  • 2.2 faktore wat die vorming van nedersettingspatrone beïnvloed (natuurlike, ekonomiese, sosiale/politieke faktore) [mense en hulpbronne];
  • 2.3 kritieke faktore identifiseer wat tot die verandering in nedersettingspatrone in Suid-Afrika, Afrika en elders gelei het [mense en omgewing].

Memmorandum

AKTIWITEIT 1

  1. Dit is ‘n gebied waar oorwegend groot industrieë (swaar nywerhede) aangetref word. Aangrensend is ‘n lae-inkomste behuisingsgebied (plakkerskamp of informele behuisingsgebied) geleë.
  2. JA!

Die gebied is oorspronklik as nywerheidsgebied beplan en aangewend. Die vraag na arbeid het mense egter laat besluit om ‘n informele nedersetting langs die nywerheidsgebied te vestig. Dit skakel die koste verbonde aan openbare vervoer uit omdat mense gerieflik naby hul werkplek woon.

  1. Ontbossing vind plaas om ruimte te skep vir die plakkershutte. Bome word verder afgekap om as brandhout en boumateriaal te dien. Besoedeling vind plaas. Grond en waterbronne word besoedel.
  2. BESLIS NIE!

Dit is onbeplan en ongekontroleerd.

Dit is ongesonde gebiede waar mense onder haglike toestande woon en waar weinig of selfs geen basiese dienste bestaan nie. Dit is die teelaarde vir siektes en ander probleme en is ‘n groot brandgevaar.

AKTIWITEIT 2

  1. Yl bevolk.

Dit beeld die Sentrale Sakekern (SSK) uit. Dit is ‘n gebied waar die kommersiële funksie oorheers en waar daar nie digte bewoning plaasvind nie. ‘n Groot getal mense pendel daagliks na die SSK met private- of openbare vervoer.

  1. Stedelik.
  2. Sentrale Sakekern.
  3. DUUR.

Mees toeganklike gebied in die stedelike nedersetting. Weens funksionele magnetisme is alle groot handels- en diensteondernemings in ‘n kompetisie gewikkel om hul ondernemings in die SSK te vestig. Dit lei tot die probleem dat die vraag na grond en kantoorspasie die aanbod oorskry. Grondpryse is dus gevolglik duur en multi-vlak geboue en wolkekrabbers word aangetref.

AKTIWITEIT 3

  1. Eie antwoord: Wissel van gebied tot gebied.
  2. Eie antwoord: Wissel van gebied tot gebied.
  3. Altyd in die buitewyke in die beste moontlike deel wat vir behuising opsy gesit (gesoneer) is. Hierdie gebiede het gewoonlik ‘n goeie of mooi uitsig of is teenaan ‘n groengordel of in ‘n gholfbaan-ontwikkeling of landgoed (deesdae gewild in SA) geleë.

AKTIWITEIT 4

  1. Daar is ‘n definitiewe verskil in huisgrootte tussen die verskillende woonbuurte. Dit verskil van informele behuising op gemeenskaplike grond tot luukse behuising op privaat losstaande erwe.
  2. Die informele (plakkers–) buurt.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask