<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Die groot trek verskuif grense

Module 6

Die aanvang van die groot trek

Die eerste groot groep Voortrekkers het die Oosgrens teen die einde van 1835 verlaat onder leiding van Louis Tregardt en Lang Hans van Rensburg, twee olifantjagters. Hulle het na die Trans-Oranje, getrek, op pad na die Soutpansberg en die Limpoporiviervallei. Die Oranjerivier is oorgesteek hoofsaaklik op vlotte wat van boomstompe gemaak is. In die noorde was uitstekende jagvelde, maar ongelukkig was dit ook die broeiplek van die tsetsevlieg en die malariamuskiet.

Van Rensburg het na die Limpopriviervallei getrek ten einde ‘n roete na Delagoabaai te open vir ivoorhandel. Hy het egter gebots met die plaaslike Tsonga-bevolking en sy hele groep is uitgemoor.

Die Tregardtgroep kon nie die Van Rensburgtrek opspoor nie en is verder na Delagoabaai. Slegs ‘n paar Trekkers het dié reis oorleef as gevolg van malaria. Vandaar het hulle per skip na Port Natal vertrek. Tregardt het volledig dagboek gehou van sy trek.

Vroeg in 1836 het Andries Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers se geselskappe in Thaba Nchu in die Trans-Oranje aangekom. Potgieter het onderhandel vir grondgebied met die Taung onder leierskap van Makwana. Potgieter het grond ontvang in ruil vir beeste en beskerming teen die Ndebele. Hulle het ook kennis gemaak met Maroka, opperhoof van die Rolong. Daarbenewens het hulle ook vriendskaplike bande met die naburige Tlokao onder Sekonyela en met Piet David se Griekwas aangeknoop. Die Voortrekkers het ook vriende gemaak met die Basotho. Laasgenoemde het handel gedryf met diere, ammunisie en gewere.

Aktiwiteit 1:

Om die voortrekkers se verblyf in die trans-oranje te rekonstrueer

[lu 2.3]

  1. Lees die onderstaande gesprek wat moontlik tussen Potgieter en Makwana kon plaasgevind het. Beantwoord daarna die vrae wat volg.

  • Hoekom het die Voortrekkers die Oosgrens verlaat?
  • Wat dink julle het die Voortrekkers en die Taung van mekaar gedink?
  • Wat wou die Voortrekkers met die grondgebied maak?

Intussen het Potgieter na Tregardt by die Soutpansberg gegaan om te onderhandel vir ‘n hawe in die noorde. Hul geselskap het naby Thaba Nchu agtergebly. Klein groepies Voortrekkers van hulle groepe het gedurig die Vaalrivier oorgesteek om te jag.

Mzilikazi was bekommerd oor die groot groepe mense wat sy Ndebele-ryk kon bedreig. Die Rolong, Tlokoa en die Griekwas het dikwels strooptogte uitgevoer, en die Zoeloes het hulle dikwels aangeval.

Mzilikazi se hoofindoena, Kalipi, het toe die Voortrekkers aangeval en van hul vee gevat. Die Liebenberg-geselskap is byna heeltemal uitgewis, maar van die ander groepe het gehelp om die aanval af te weer.

Potgieter het hiervan gehoor met sy terugkeer in Augustus 1836. In Oktober het die Ndebele die vierkantige Voortrekkerlaer by Vegkop aangeval. Die vernaamste slag het nie langer as 30 minute geduur nie en ongeveer 40 Voortrekkers het die 6 000 Ndebele gestuit. Ongeveer 430 Ndebele en twee Voortrekkers is gedood. Die Ndebele het ook 100 perde, 400 stuks vee, 5 600 skape en die trekosse buitgemaak. Voedsel was baie skaars omdat dit nie veilig was om te jag nie. Maroka het egter kos en trekosse aan die Voortrekkers verskaf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask